English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 347
topics: 10 827
replies: 124 951
views: 38 859 692
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Penta tentpale

replies: 11
views: 211
09 Sep 2019 @ 20:49:24 pm
Aapman
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 09 Sep 2019

Kan iemand asb vir my sê hoeveel pale en lengtes van verskillende pale het  'n Penta karavaan se tent. Penta gekoop maar tentpale ontbreek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 21:10:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Welkom op die forum. Ek weet nie of hierdie van enige nut kan wees nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 21:37:17 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 83
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Watter jaarmodel is jou Penta? Ek het 'n 2014 model en ek kan teen die naweek die pale meet en die inligting vir jou stuur. Die volgende vraag is waar jy pale daarvoor kan kry. In Pretoria is 'n plek wat aluminiumpale verkoop, maar dan moet dit nog aangepas word vir waar die pale inmekaar steek en vasdraai. Boonop moet jy die koppelstukke waar die pale insteek, ook aanskaf. Het die vorige eienaar dan nie meer die pale nie? Dit moet tog iewers wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 22:42:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Maklikste gaan miskien wees om 20mm en 22mm pale te kry met ozzies.....dan hoef jy nie 100% regte lengte paal te sny nie (verstelbaar) en ook nie los pale wat jy moet aanmekaar sit met verdunnings gedeelte nie. 

As jy byvoorbeeld weet jou tent is 2.5 meter wyd, sny 1.5m van 20mm en 1.5m van 22mm en sit die ozzie in.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 06:09:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Deon welkom op die forum. 

Dit gaan so effe van 'n mission wees om die pale vir jou Penta bymekaar te kry.  Die kanse is goed dat daai pale êrens in die motorhuis staan van die vorige eienaar.  Skakel hom en kry dit by hom want hy kan in werklikheid niks daarmee maak tensy hy weer 'n ander karavaan intussen gekoop het nie.

Dit gaan baie werk en moeite spaar. Indien jy dit nie kan kry nie Kan ek dievolgende raad gee volgens die skets wat Geert geplaas het.

Al die pale gemerk BL is verstelbare lengte pale.  Die naaste 3 aan die karavaan bestaan uit 3 stukke. (2 wat net se punte in mekaar druk en een wat met twistlock binne een van daai twee gly en sluit) Die 3x BL van die stoep gedeelte verste van die karavaan bestaan uit 2 gedeeltes waarvan die een binne die ander een gly en met twist lock sluit.

Al die pale gemerk BK is 'n vaste lengte en bestaan uit 2 gedeeltes waarvan die punte net in mekaar indruk.

Die kante se regop pale gemerk Y is vaste lengte pale en bestaan elk uit net een pyp uit met rubber proppie onder.

Die middelste twee pale gemerk Y bestaan uit verskeie konfigurasies waarvan een is.. elk drie lengtes pype wat net in mekaar druk vir 'n vaste lengte of 2 wat se punte in mekaar druk en een wat binne gly met twistlock, hy het ook dan die rubber prop onder vir voetstuk.

Ek hoop Theuns kan jou mooi help met al die lengtes.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 13:36:19 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Deon, welkom op die forum. 

Sterkte 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 06:47:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Deon het jy dalk die vorige eienaar probeer kontak?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 18:26:25 pm
Aapman
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 09 Sep 2019

Leon die pale is nie volledig nie. Die naaste aan die karavaan is nie 'n probleem nie. Selfs nie die bene nie. Dit is tog seker standaard. As ek net weet wat die lengte van die tweede gedeelte die "BK" en die "BL" is

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 20:22:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

BL is uitskuif pale met ozzie....so lengtes is nie groot krises nie, want jy kan dit stel as jy tent opslaan.  Dis hoekom ek voorstel om BK ook sommer met uitskuif pale en ozzies te laat werk. Skuif uit tot jou tent lekker gespan is.

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 09:19:09 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Myne is ook almal uitskuif/verstelbare pale aangesien ek nie 'n standaard tent het nie en die kante langer is. Dit is makliker om die verstelbare pale te bere agv die lengtes.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 10:10:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die stoep se BK pale lengte is presies deiselfde as die hoof tent se BK pale.

Die stoep se BL en middel G pale bestaan elk uit twee stukke van 1m die een is 22mm dik en die ander een pas binne hom van 20mm met 'n twistlock  om op 'n seker lengte vas te twist.  Die stoep se skadu diepte is ongeveer 1,5 m so dit los die pype elk met 'n overlap van 50mm vir stabiliteit.

Neem kennis dat die plastiek hoekke 5W, 4W EN 3W se een puntjie het reeds 'n 22mm pyp aan die binne kant ingedruk.  Dis sodat die dun (20mm) pyp van die verstel lengtes stewig daarin pas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 18:31:38 pm
Aapman
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 09 Sep 2019

Baie dankie vir almal se hulp.

 

Kamp groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required