The Country Park near the Sea invites all Pensioners to spend the winter at Fairhills Caravan Park in Ramsgate.
For only R1,600 per month Stephen, Flip and Tilla will ensure that you enjoy your stay at our Park.
Excursions to nearby attractions will be on offer to all our guests.
Phone Tilla @ 071 2281 814
Dit is nou sowaar 'n bargain vir diegene wat in die winter aan die Natalse kus wil gaan bly. Glo nie jy sal goedkoper kry nie. En met Flip en Tilla daar, kan dit nie verkeerd gaan nie.
Dit klink baie belowend. Flip en Tilla mag jul al die ondersteuning kry deur die hele jaar.
Dankie vir die ondersteuning.
Ons het werklik 'n goeie feesseisoen gehad. Die kamp was stampvol en al die fasiliteite het die pyp gerook. Ons het 'n hele klomp mense wat sommer weer vir volgende Desember bespreek het.
Die besprekings rol ook in vir die Paasfees skoolvakansie.
Pensioenarisse betaal hulle gewone maandelikse fooi oor hierdie tyd, as hulle betyds bespreek.
Fairhills has a very fair pensioners rate
Glo nie daar is 'n ander oord wat julle gaan klop nie, baie dankie vir julle aanbod, gaan dit beslis so gou moontlik gebruik. En die bonus is, dit is 'n baie mooi oord EN by die see.
Flip en Tilla, ek wens julle net sukses toe met die bestuur van die oord.
Baie dankie. Sal lekker wees om ons ou kampvriende en ook ons forumvriende hier te kry. Van al die nuwe gesigte wat bespreek noem ek nie eens nie - baie welkom.
Meeste van ons Desember kampeerders is ook nou op ons vriendelys - was regtig 'n lekker spulletjie om hier by ons te he. Wil ook net noem dat ons nie een enkele voorval van vandalisme of moetswillige skade gehad het nie - virseker 'n rekord en wys net weer dat die meeste kampeerders lekker saamkamp.
Die ketel staan altyd reg, vir die koekies moet ek bietjie smeek!!