English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 555
Total Views: 82 435 093
topics: 10 888
replies: 126 365
views: 38 909 884
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Pensioen en mediese fonds oorbetalings.

replies: 11
views: 331
14 Jul 2019 @ 18:02:10 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

n Kennis werk by n groot distriks munisipaliteit. Soos die meerderheid plaaslikke owerhede is hulle munispaliteit ook onder finansieele druk. Sy se vir my dat die oorbetalings van die munisipaliteit aan die onderskeie mediese fondse en pensioenfondse maande agterstallig is. Dit ten spyte van die feit dat die bedrae van hulle salarisse afgetrek is. Daar is bewerings dat selfs behuisingsgelde wat van werknemers se salarisse verhaal is in sommige gevalle nie aan die banke oorbetaal is nie. Werknemers is onder druk want mediese fondse begin nou weier om dokters rekeninge te betaal omdat die lid nou onwetend agterstallig is. Wat as n lid wil aftree en sy pensioen is nie betaal nie.(wat wel van die lid se salaris verhaal is). Wat as die banke begin verbande oproep of lede weens wanbetaling op die swartlys plaas. Sjoe.

Ek sien in die week dat dieselfde lot nou Denel getref het. Ek weet nie of hulle probleem nou opgelos is of nie.

Weet iemand hoe lank hierdie praktyk aan die gang is en hoe raak dit die arme amptenare.

Is dit  nie bedrog en strafbaar nie? 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 18:13:44 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Skokkend! In wie se sakke het die mense se bydraes beland? Beslis bedrog.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 18:26:01 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1335
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Klink vir my soos diefstal/bedrog....stel voor mense wat hierdeur geraak word die nodige klagtes by SAPS en hulle unie aanhangig maak?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 18:47:17 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 121
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Ek is sprakeloos, wat nog?  Sal liewer nie meer kommentar lewer nie maar die personeel sit met 'n groot probleem

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 19:06:47 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14512
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

In ons opset het die verkeerde handelinge op baie hoe vlak plaasgevind en sit ons nou met die gebakte pere van 'n tekort aan lopende fondse.

Ek sal meer hoor tov die pensioen bydraes of dit reg gestel is as ek terug is in SA.

Al wat ek kan doen is my werk en hoop van die beste.  Elke bietjie wat elke ou doen kan help met die omdraai van die stand van sake.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 19:10:56 pm
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Kry bewyse van aftrekkings, bewyse dat geld nie oorbetaal is nie, en gaan maak saak van bedrog oop. As daar 4 of meer mense dieselfde bedrogsaak teen die munisipaliteit oopmaak moet die polisie daarop reageer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 08:54:48 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Skokkend, 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 09:09:20 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Wat maak n mens as dit die geval is? Jy kan jou huis veloor. Jy kan in die moeilikheid wees as jy  n ambulans nodig en moet hospitaal toe. Dit is skokkend. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 09:39:49 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Hierdie is 'n kritiese nalatigheid aan Munisipaliteite se kant en kom neer op wanadministrasie. dit plaas die lid in 'n baie lewens gevaarlike situasie as jy mediese hulp moet kry en jou lidmaatskap is opgeskort omdat die ledegelde nie ten volle betaal is nie. Munisipalitiete oortree wetgewing en daaropvolgende wetlike ooreenkomste voortspruitende uit die Wet op Basiese Diensvoorwaardes aangegaan tussen werkgewer en werknemer. stel vir jou regsverteenwoordiger aan en neuk hulle op. as jy jou betalingsadviesstrokies het vat dit saamvat met die kennisgewing vanaf die mediesefonds of finansiële instelling en gee dit aan jou regsverteenwoordiger.

dieselfde geld vir inwoners wat hulle water en ligte betaal en Munisipalitiete betaal die gelde nie oor aan Eskom en Randwater nie. wanbetalings is 'n kriminele oortreding as die by regsintentiteite kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 17:30:13 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek lees nou net op news 24 dat munisipale werkers die biblioteek op Ottosdal (splinternuwe moderne gebou) afgebrand het. Een van die griewe was dat alhoewel hulle salaris ontvang het is hulle pensioen aftrekkings nie oorbetaal is aan pensioenfonds nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 18:44:07 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 920
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek lees nou net op news 24 dat munisipale werkers die biblioteek op Ottosdal (splinternuwe moderne gebou) afgebrand het. Een van die griewe was dat alhoewel hulle salaris ontvang het is hulle pensioen aftrekkings nie oorbetaal is aan pensioenfonds nie.

As jy nie daarvan hou nie, steek dit aan die brand, maar hou aan om vir die ANC/EFF te stem...☹️😩

Ek sal sommige mense nooit verstaan nie!

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 13:09:56 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1744
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek dink die weerhouding daarvan om aftrekkings oor te betaal aan die instansie waarvoor dit afgetrek is, is 'n kriminele oortreding in terme van wetgewing. Ek weet nie of dieselfde wetgewing by staatsinstellings geld nie. So word die staat se pensioenfonds nie gereël deur die Pensioenfondswet soos ons hom ken nie. Daar is 'n algemene gebrek om hierdie mense/gebruike aan die kaak te stel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required