Ons kamp op die oomblik by Yellow Sands na so draai by n paar ander kampe. Ek wil graag n versoek tot enige kamper wat Dana Snyman ken om hom te nader sodat hy n rukkie in n kampplek moet bly en n stukkie skryf terwyl hy die opslaan van die tent gade slaan. Miskien kan hy veral die handgebare van Mammie en die gesigsuitdrukkings van die bestuurder probeer beskryf as die woonwa reg parkeer moet word! Maurits
Jip veral daai Kom Kom Kom Kom Doef - nou hoekom stop jy nie of
Links, link - nee man die regte links?
Maurits, ek het eendag ook so gestaan en kyk in Onrus - nou wil 'n man mos nie interveer nie want daai is al gryskoppe wat blyk ou kampers te wees, maar niks, daai wa kom nie op die regte staanplek nie. Woerts daar trek die drywer met wa en al uit hek se kanttoe - los die ou tante net daar en kom toe terug met 'n opslaner. Die man staan agter die en met die eerste probeer staan die wa op sy plek - Drywer klim uit met 'n baie bree glimlag, maar die donderwolk op die tante se gesig het gewys die man het wel die wa geparkeer, maar daai fight gaan hy definitief verloor.
Sit movers op wat met n remote werk dan is almal happy.