Naandsê.
Ek wil graag my ou 3 way yskas vervang met ‘n doodgewone 220v yskas. Is daar enige iets snaaks wat ek in gedagte moet hou of is dit bloot ontkoppeling van die ou yskas se drade en gaspyp en dan die nuwe yskas maak pas?
Ek sien die ou yskas het ook, behalwe vir sy gronddraad op die driepunt prop, ook ‘n addisionele gronddraad agter. Ek neem aan met die nuwe 220v yskas is ‘n addisionele gronddraad nie van toepassing, solank sy gronddraad net reg is op die driepunt plug.
Ek hoor graag.
Dankie
Iemand het dit onlangs vir my gedoen.Gaspyp uigetrek en nuwe een ingesit met 220V op plug. Sonder addisionele grond draad... Ek moes so bietjie aan die bokant sny om die Defy in te sit....
Iemand het dit onlangs vir my gedoen.Gaspyp uigetrek en nuwe een ingesit met 220V op plug. Sonder addisionele grond draad... Ek moes so bietjie aan die bokant sny om die Defy in te sit....Moes duer agterste venster werk om in en uit te haal.
Ek sal ook voorstel dat jy 'n nuwe gas pyp van die gasbottel tot by die gas stoof instaleer. Dit is maar net om die moontlikheid van gas lekkasies uit te skakel.
Dan in beide die Pentas wat ek gehad het was daar 'n 220V plug in die kassie onder die yskas. Dus, as jy die yskas vervang plug hom dan net daar in soos normaal. Dis natuurlik as jou Palma n soortgelyke plug het.
Die laaste Penta wat ek gehad het, het nie 'n addisionele grond draad gehad nie. Ek weet spesifiek want ek het ook sy yskas vervang soos wat jy nou wil maak.
Baie dankie vir die terugvoer. Wat ek gedink het ‘n groot gedoente gaan wees is toe redelik maklik. Gister gou die ou yskas uitgehaal. Ek moet net die plug onder op die vloer skuif tot agter dan is ek reg om die nuwe yskas in te sit.
Nou ja toe kyk nou net. Is die nuwe yskas dieselfde grote as die ou een??
Hi Leon. Nee hy is effens smaller en bietjie hoër. Ek hoef gelukkig niks van die houtwerk weg te sny nie. Ek moet net aan ‘n goeie manier dink om hom vas te maak dat hy nie omval nie.
Kan jy dalk aandui watse maak/model yskas jy gekoop het.
Baie dankie.