English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 530
Total Replies: 252 795
Total Views: 83 248 937
topics: 11 576
replies: 139 218
views: 39 342 798
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Padtoetse

replies: 3
views: 2600
15 Jul 2004
Anonymous
Ek wil gou weer 'n stomp op die vuur gooi, hoop nie dit maak te veel rook nie.
Onder Forums het ons huidiglik "Camptalk/Advice" ens. Kan ons nie nog 'n afdeling kry waarin ons ons brandstof verbruik en ondervinding van ons sleepvoertuie met mekaar kan deel nie.
Die rede hiervoor is dat ek het nou die dag Nelspruit toe gesleep het en my gemiddelde brandstof verbruik was 6.5lt p 100kilo's BMW528/SWING Ek weet nou nie of dit goed of sleg is nie. Dit was wel winderig, en die karavaan was gepak vir 'n week se weg gaan.
Ek dink net dit sal lekker wees om te sien wat se brandstof verbruik kry ander 528 eienaars
Mark Lowe wat dink jy?

Groete
Chris van Niekerk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2004
Mark
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 13 Aug 2002
Chris,
Eerstens, kan ek nie glo dat jy 6,5l per 100km gekry het terwyl jy sleep, dit is a ongelooflike 15,38km/litre ???. Ek is seker jy het bedoel 6,5km per litre?
Nietemin, ek dink dit sal 'n goeie idee wees om 'n aparte databasis te he vir sulke inligting, maar wil ek nie sien dat die forums so opgebreek word dat ons nie meer die geselligheid en persoonlikheid daarvan veloor.

Groete
Mark Lowe
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2004
Anonymous
Sorry ek het die kat aan die stert beet. Die BMW 528 het my 11.5lt/p/100 km gegee met die karavaan, en solo gee sy my 8.5lt/p/100 km
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2004
Jannie
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 15 Jul 2004
Wat is die motor se verbruik 'solo'?

Is daar dalk 'n moonlikheid dat ons kan bepaal wat dit meer kos (% gewys) om 'n karavaan te sleep.

Ons het nou in die vakansie sowat 5,000km 'solo' gery. (Hartenbos - Kaapstad - Velddrif) en ooral tussenin met 'n Isuzu KB260 DC 4X2. Ek gaan Desember weer Hartenbos toe met die karavaan. Ek gaan my strokies hou en sien wat die verskil is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za