English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 250
Total Replies: 229 801
Total Views: 82 365 995
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 472 973
Talk about the current road conditions throughout the country

Padtoestande Namibie

replies: 2
views: 566
20 Jun 2017 @ 09:22:19 am
Tokkie
New Member
88% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 20 Jun 2017
Experience: 9 years
More almal. Ons reis vanaf Ais-Ais Kampterrein op pad na Twee Rivieren. Ek wil die C11 net Noord van Karasburg vat en dan C16 tot by Rietfontein Grenspos want dit is die kortste roete lyk dit vir my. Maar... soos ons almal weet is die korste pad nie noodwendig die beste pad nie. Het iemand dalk die roete onlangs gery?
Ons ry n Fortuner 3.0 D4D en sleep n Bushlapa. Ek het maar onlangs begin sleep (April 2017) hoewel teen die tyd dat ons by Ais-Ais aankom sou ek seker al bykans 4 000 km gesleep het.
?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2017 @ 12:19:25 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2689
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Welcom op die forum Chris.
Met jou kombinasie sal jy geen probleme op die pad kry nie. Die paaie is gewoonlik in goeie kondisie, breed en gamaklik om te ry.
Die C11 draai af na noord, net voor jy Karasburg inkom aan die weste kant van die dorp.
Indien jy 4x4 het, sal ek aanraai dat jy bietjie hoer opgaan op die C11, noord van Aroab vir so 75 km en eerste regs vat op die D502/D503 (parté kaarte gee die pad aan as die D502 en ander as die D503), wat breed begin en dan 'n twee spoor duin pad raak, en baie skouspeelagtig is. Dis omtrend 100 km lank en daar is paar hekke om oop en toe te maak. Daar is twee twee spoor paaie langs mekaar loop, so bly links, anders kan jy 'n aankommende voertuig bo op die duin ontmoed, wat van die ander kant af kom.
Die duin pad kom uit net oos van Twee Rivier (nie Twee Rivieren nie) uit, waar jy regs (oos) draai op die C15 en dan inry by die Mata Mata grenspos net bokant die Mata Mata Kamp, in die Kgalagadi Transfrontier Park in.
Geniet die toer...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2017 @ 07:22:17 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Maak net seker by Sanparks met die reelings as jy deur die park ry na en van Namibia. Jy moet dan ten minste twee aande in die park slaap.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required