English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 300
Total Replies: 230 500
Total Views: 82 400 979
topics: 405
replies: 3 939
views: 1 474 010
Talk about the current road conditions throughout the country

Padtoestand vanaf Belfast na Orpen Hek

replies: 5
views: 272
31 Aug 2017 @ 11:58:51 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1009
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Het iemand onlangs gery vanaf Belfast-Dullstroom-Lydenburg-Ohrigstad en dan Orpen hek, het gehoor die pad is in redelike toestand,maar wil liewer by forum lede eerstehandse inligting ontvang.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 13:32:09 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Sal goed wees om te hoor wat word aanbeveel. Ek self wil so om ry na Skukuza die eiende Oktober

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 18:26:47 pm
Boggom
New Member
74% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 31 Aug 2017
Experience: 7 years
Naand almal, my 1e keer hier.

Belfast na Dullstroom is die pad baie goed. Tussen Dullstroom en Lydenburg: wanneer jy verby die plaaslike natuurreservaat ry op links maak die pad 'n lang slap draai na links en begin daar 'n lekker afdraand. Wanneer die pad dan na regs draai is daar 'n paar lastige gate wat geneig is om voor jou in the spring. Ry verby Walkersons op regs en neem die skerp draai na regs in ag want as jy oor die bruggie ry is daar 'n hobbel wat jou kan rondgooi.

As jy teen die Steenkampsberge af is is die pad oop. PASOP vir die pad in Lydenburg. Aarde tog dis amper soos een lang slaggat tot jy verby die kroommyn is. Nes jy uit Lydenburg uit ry teen die effense opdraand is daar heelwat hobbels in die pad. Ry maar rustig oor die hobbels. Van daar af tot op die nek voor die afdraai Pilgrims toe is die pad verdag en moet jy mooi kyk vir onnodige gate.

Na die Pilgrims-afdraai is die pad mooi tot in die Abel Erasmuspas. Ry stadig deur die pas, daar's hoeka 'n nuwe stopteken so halfpad deur die pas. Wanneer jy die gelykte tref met die gemeenskappie aan beide kante van die pad moet jy maar by die spoedgrens hou. Die Koelte-boom-ridders is erg aktief daar en kan straks jou dag bederf. Die pad na die tonnel is in 'n goeie toestand.

Ry tot by die Kampersrus-afdraai en draai daar regs. (As jy tyd het, maak 'n draai by die reptielpark op links waar jy regs draai Kampersrus toe. Laat jou foto neem terwyl jy die luislang vashou) Daardie pad het so 2 maande gelede opgraderings ondergaan maar is heel skaflik. Na Kampersrus en onderdeur die brug - wees op die uitkyk vir haastige verkeer vanaf die linkerkant-aansluiting. Nes jy om die draai is na regs, wees op die uitkyk vir nog Ridders voor jy links draai Orpen toe.

Die pad van daar na Orpen is goed, oppas net vir beeste en voetgangers. As jy deur die 1e hek is is daar 9 uit 10 keer 'n lastige Ridder met onnodige apparaat om jou dag te versuur so hou definitief by die aangeduide spoedgrens.

Die alternatiewe roete is om reguit tot in Hoedspruit te ry en oor die brug regs te draai rigting Klaserie. Die pad na Klaserie is in 'n baie goeie toestand, maar jy spaar lag-lag 30 minute deur op die pad deur Kampersrus om te ry. Ek sou slegs Hoedspruit toe ry as jy nodig het om nog inkopies te doen.

Geniet die Willetuin.
Ek kan gebroke Ingels praat. Regtig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 19:49:59 pm
Anonymous

Naand Pieter, Boggom, baie welkom op die forum, jy vertel daai pad so deuglik, ek koes hier vir die hobbles en is versigtig vir die koelte ridders en ek sit in Sasolburg.laughing

Mooi man, deuglike inligting gegee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 21:42:34 pm
Boggom
New Member
74% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 31 Aug 2017
Experience: 7 years
Dankie Johann, hoe meer jy verdwaal, hoe meer let jy op na klein goedjies. Hoe lyk dinge daar in die OVS, of moet ek eerder verwys na die VS?

Groetnis
Ek kan gebroke Ingels praat. Regtig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2017 @ 13:43:52 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1009
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Boggom baie dankie vir daai volledige verslag word opreg waardeer sal al daai dinge in ag neem.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required