Graag wil ek verneem oor die padtoestand vir 'n padwoonwa vanaf Potch met die R42 na Suikerbosrand en verder met die R42 oor Nigel en Delmas om met die R50 by die N12 op pad na Mbombela aan te sluit.
Hannes - lyk nie of iemand kommentaar kan lewer oor die roete waaroor jy navraag doen nie. Tensy jy en Elsabé iewers op daardie roete spesifiek wil aandoen, sal ek in elk geval aanbeveel om eerder op die N-roetes te bly. Ons R-paaie, veral in Noordwes en Mpumalanga, raak 'n al groter risiko wanneer jy 'n konvensionele padwa sleep.
Dankie Chris, dit lyk vir my na baie goeie raad. Ons wou 'n kortpad oorweeg, maar op die ou end spaar jy eerder op die N-roetes. Ons het vanaf 30 April tot 12 Mei bespreek vir 4 dae elk in Berg-en-Dal, Skukuza en Satera. Hoop ons kan een of meer name op die kampersforum in lewende lywe daar raakloop.
Nee wat hou verby en ry N12....
Dankie Meyer, jy en Chris het my gehelp om maar liefs die gebaande weë te volg. Ons wou vir twee nagte in Suikerbosrand oorslaap, maar sal die ekstra dag dan liefs by Pretoria gebruik om by my seun ook in te loer. Is daar 'n veilige kampterrein naby Pretoria wat nie te ver van Die Wilgers af is nie?
Hannes, bly weg van R 42 of R 50. Jy sal dit nie met wa kan ry nie. Tussen Nigel en Delmas (R42) is baie diep potholes wat vermy moet word. Kan amper nie eers met bakkie daardeur gaan nie. Jy kan die Heidelberg / Springspad ry en aansluit by die N12. Tussen Delmas en N12 is hulle nou al twee jaar besig om pad te bou en is die tydelik grondpad so sleg dat jou valstande losraak of vulsels gaan verloor as jy die pad ry.
Ek het laasjaar September die R42 gery tussen Vereniging en Heidelberg met my karavaan, was heel okay gewees, geen probleme gehad nie. Dis die pad verby Malonjeni en Sionsberg. Die res het ek nie gery nie, vanaf Heidelberg op die N3 geklim Pretoria toe
Dankie Meyer, jy en Chris het my gehelp om maar liefs die gebaande weë te volg. Ons wou vir twee nagte in Suikerbosrand oorslaap, maar sal die ekstra dag dan liefs by Pretoria gebruik om by my seun ook in te loer. Is daar 'n veilige kampterrein naby Pretoria wat nie te ver van Die Wilgers af is nie?
Los jou nommer,
het n week terug daar gery, hulle praat jou bang.
Dankie Jin. Miskien moet maar al die tolhekke op die N4 trotseer!