English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 039
Total Views: 82 377 729
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 473 079
Talk about the current road conditions throughout the country

Pad vanaf Patensie deur Baviaanskloof na Willowmore

replies: 3
views: 1013
07 Jun 2017 @ 16:06:30 pm
Gadgets
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 08 Jul 2014
Experience: 50 years
Mense, hierdie was 'n ervaring soos min. Gelukkig ry jy langs die berg en nie soveel langs die afgrond nie. Pad nie te vreeslik lelik nie maar smal en ondervind ook nie veel onderhoud nie. Die natuurskoon maak mens klein voel, te pragtig. Baie dinge gaan agteruit waar die staat by betrokke is. Baviaanskloof Lodge aan te bevel. Hierdie is vir my 'n eenmalige ervaring, soos volstruisry, jy doen dit net eenmaal.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2017 @ 08:24:54 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Jack,
Stem nie heeltemal met jou saam nie.
Daar is baie plekkies om te sien en te ry in die Baviaanskloof.
Daar is grotte om in te huisves en baie kampe om te besoek en ervaar. Daar is verskillende stap roetes en 4x4 roetes wat jy kan doen, wat elk sy eie ervaaring gee. Die plek is rerig mooi en die mense is net so vriendelik en deel graag hul gebied met besoekers...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2017 @ 13:48:51 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Jack. Dis goed dat jy dit geniet het. Ons het die roete laasjaar Oktober gedoen, baie mooi en 'n fantastiese ervaring. Ek beskou dit egter nie as 'n eenmalige avontuur nie en Baviaanskloof is nog steeds op my doenlys om weer te doen. Ek sal volgende keer egter meer tyd daar wil spandeer, sommer twee nagte oorslaap.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2017 @ 19:25:56 pm
Gadgets
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 08 Jul 2014
Experience: 50 years
Ek stem saam met alles wat julle meld en ek het die plek goed verken met Google Earth voor ek my neus daar ingesteek het.
Ek sal graag so 'n entjie van Willowmore se kant af wil ingaan en 'n paar van die klowe te voet verken - dit sal egter 'n stadige proses wees, of soos 'n ou Nederlander dit stel "'n pynlike bevalling" want ek is nie meer so vlugvoetig nie. 'n Ander gewaarwording is 'n vrees vir hoogtes wat skielik hier op jou rug spring en jou laat wegkyk na hoogtes toe. Gelukkig is die mense met wie ek rondkuier ook meer vol versigtigheid as ek so ek voel nie te sleg nie - dis seker deel van grootword.
Om die onderwerp so ietwat te verander: Die Gannaga Pas tussen Tankwa en Middelpos is nog 'n ervaring wat 'n mens klein laat voel. Te pragtig vir woorde.
Gelukkig weet 'n mens nie al die dinge voordat jy dit ervaar nie - dis die lekker van die lewe.
Ek waardeer hierdie forum waarin ons soveel dinge kan deel met mekaar, dis soos 'n lekker kampvuur.
Dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required