English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 402
Total Replies: 232 449
Total Views: 82 431 158
topics: 408
replies: 3 969
views: 1 475 607
Talk about the current road conditions throughout the country

Pad van Pretoria na Phalaborwa

replies: 18
views: 8244
03 Mar 2015 @ 12:58:26 pm
Philip db
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 18 Sep 2014

Hi almal

 

Ons kuier vanaf einde Maart in Kruger Wildtuin. Ons ry vanaf Bloemfontein en slaap oor in Pretoria by familie.  Ons eerste kamp is in Shingwedzi, dus verkieslik by Phalaborwa hek ingaan. Die N1 na Pietersburg is waarskynlik geen probleem nie, maar hoe lyk pad vanaf Pietersburg na Phalaborwa oor Magoebaskloof, Tzaneen, Gravelotte ens.

 

Ek sleep karavaan en sal terugvoering oor pad baie waardeer, of alternatiewe roetes.

 

Baie dankie

 

 

Philip de Bie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 13:29:21 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2980
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

 

Hi Philip

Ek bly in Polokwane en het die pad laasweek gery.

N1 Noord vanaf Pretoria is daar padwerke net voor Warmbad. Pad word enkelbaan.

Vanaf Polkwane beveel ek aan pad oor Magoebaskloof. By Moria is daar padwerke maar die pad is in goeie toestand om te sleep. 

Vanaf Gravelotte tot in Palhaborwa is nie pad nie watwonders nie so sleep maar stadig.

Ek hoop nie jy sleep oor die tydperk vd Paasnaweek nie. Bly dan weg van hierdie pad vanaf Pretoria. +/- 2 milj mense op daardie pad. 

Hoop dit help.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 13:48:20 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 61 years
Grumpy jy is 100% reg. Daai pad is baie besig oor Paas Naweek.
Philip julle moet dit baie geniet. Onthou die sterk penne saam te neem. Daai grond in die wildtuin is hel hard.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 19:37:44 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Philip

 

Ons sleep ook 'n Exclusive met 'n Territory ST en ek weet nie hoe is die krag en rem vermo van die Tourneo nie.  Ek was skrikkerig om die Exclusive Magoebaskloof af te sleep want ek ken daai pas van klein tyd af en is nie kinderspeletjies nie.  Ons was twee wat saam gesleep het en ons het die ander pad gevat oor Duiwelskloof, daar is nie veek veskil in distansie nie maar is 'n baie beter en vriendeliker sleep pad.

André Steyn het dit op 'n ander draad geplaas:

Op google maps wys die pad R81 van Polokwane wat Mooketsi toe gaan. Dan word hy R36 verby Brandboontjies stasie. Dan is daar n klein plekkie wat lyk of dit Mojadjiskloof is maar die stasie daar wys Duiwelskloof. Van daar tot by Tzaneen.  Is dit nou die Mojadjiskloof pad of die Duiwelskloof pad. Of is dit dieselfde?

Grumpie skryf:

Dood eenvoudig. As jy v Gauteng af kom N1. Kry jy die afrit R71 Tzaneen bybass. Jy vat hom. Dan kies jy. Pad sonder baie draaie en boring. Of natuur.  Kies jy 1ste een dan ry jy soos volg..jy ry met daai R71 bypass. Jy kry robot..ry oor hom. Dan 4 rigting stop. Links sien jy ons DOOIE stadium. Pieter Mokkaba of so iets ry reguit aan. Volgende afrit gat jy li ks. Bord se R71 Grobler straat. By robot hou jyreguit aan. Volgende robot daai jy regs.R82 Modjajies kloof of soos normale mense hom ken, Duiwelskloof. Neuk reguit aan tot in Tzaneen.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 20:24:56 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2980
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Wilsur

Modjadjikloof en Duiwelskloof is dieselfde plek. Jy vat die R81 (Munnik straat) vanaf Polokwane.

Ja Magoebaskloof is nogal n kalant, maar hy is mooi oorgedoen. Maar ek moet by se ek sleep baie kleiner wa as julle. Hoekom ek hom verkies is dis net 7km van skerp draaie dan is dit verby. Georgex valley weer is die heelpad draaie en as jy agter n swaarvoertuig beland is jy gestrand want daar is bitter min verby gaan kans. Ek het laasjaar die Duiwelskloof pad gesleep, en hy was nie te sleg nie. Ek dink die afstand is min of meer dieselfde.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 20:45:44 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Pad van Tzaneen na Phalaborwa is mooi vir sleep .Tzaaneen Gravelot Phalaborwalaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 20:54:45 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 61 years
Willem ek het een ding in die weermag geleer wat werk.
'n Lang steil afdraand trek jou handrem net 'n bietjie op. Tension hom net en dan sal jou voorste brieke nie so hard werk nie. Die agterste brieke is klaar bietjie op so dan werk hy gelyk met die voorste brieke.
Ek is laas jaar met Magoebaskloof af met my Exclusive, "like a song".
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 21:31:15 pm
Anonymous

Andre, dalk 'n dom vraag, word jou remme nie baie warm as jy die handrem so ry nie?.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 21:36:04 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
johann ek dink die selfde as jy n handrem moet warm word
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2015 @ 22:07:17 pm
Philip db
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 18 Sep 2014

Baie dankie vir al die hulp.

 

Gelukkig ry ek daardie pad die naweek voor Paasnaweek. Ek gaan gewoonlik wanneer ons wildtuin toe gaan in by Phabeni of Krokodil, maar wil die keer bo begin.

 

Ek onthou Magoebaskloof as kind saam met my ouers met V6 kombi en jurgens 680 ( goeie dae !! ), maar wou nog altyd Magoebaskloof self sleep.

 

Sal terugvoering gee oor watter pad ons geneem het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2015 @ 11:23:43 am
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 61 years
Johann, Glad nie. Omdat jy hom nie styf trek nie.
Wanneer jy jou remme aansit (met dromme agter) beweeg jou dromme se skoene eers voordat die discs beweeg. As jy kyk in jou briek pype lyn sal daar 'n tipe van 'n seloid ding wees. Die ding laat die brake fluid eers na jou dromme agter en dan voor en daarvoor verkort jy dan daai tyd dat jou discs in skop. Jou handbriek moet te minste (volgens Mazda en Ford) 4 clicks he voordat die handrem vas is. Ek kan jou verseker op een click is hy ver van styf maar dit maak 'n groot verskil as jy sleep en jy gaan met 'n afdraand dan voel jy ook dat jou discs vinniger inskop.
Met die ou army Land Rovers wat nie air brakes gehad het nie en toe ons veld kombuiste gesleep het is ons geleer om dit te doen maar daai tyd het Land Rover dromme voor en agter gehad.
Soos ek se jy tension hom net bietjie, haal net daai los play uit.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2015 @ 13:49:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8198
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Welkom en veilig sleep.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2015 @ 14:04:34 pm
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 39 years

Hi Andrè, ek ry maar 'n Fordjie, maar het nog nooit oor die remvermoë van die bakkie/ exclusive kombinasie getwyfel of op risiko gevoel teen afdraendes nie. Die ratkas doen meeste van die werk.Is jy doodseker oor die handrem? Die remme werk dan hidroulies en die handrem met kabels, hoe weet jy of die skoene raak of nie? My bekommernis is 'n lang ent van skuur, soos teen 'n pas af, sal hitte genereer en dalk die oppervlak brand?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2015 @ 14:36:18 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 61 years
Probeer dit. Jy sal self voel die verskil.
Jou handrem werk ook op jou agterse briekke.
Onder jou skoene het jy jou kabel en bo jou plungers.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2015 @ 14:43:47 pm
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 39 years

Dis nou nie die draad vir die debat nie, maar nee dankie Andrè, as dit werk, soos jy sê, beteken dit dat die agter remme aanloop en ek wil onnodige hitte weg hou van die remstelsel en remvloeistof. Ek is seker as dit bestuurspraktyk was, sal die vervaardigers dit aanbeveel het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2015 @ 16:08:53 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek het Magoebas baie en altyd gery toe ek jonger en solo gery het, nou sleep ek veiliger deur Modjadjikloof (Duiwelskloof)  

Grumpy ek weet dit is die selfde plek, of liewer hulle het Duiwelskloof herdoop na Modjadjikloof.  Modjadjikloof was 'n ander plek toe.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2015 @ 21:14:52 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2980
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Wilsur jys reg, was Modjaji nie die reen woud nie? Was 5 jaar laas daar en toe was die plek baie verwaarloos met klomp gesuipte mense wat ons verpes het.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2015 @ 21:31:31 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3692
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Bit of trivia.

The Modjadji was the Rain Queen. The last rain queen was Mokobo Modjadji VI who died in 2005. No rain queen has been appointed since then according to my source.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2015 @ 07:01:25 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years
as ek n staaltjie kan by las many moons ago ek was nog n jong laatjie toe ons een jaar by my tanie in Tzaneen n draai gaan maak het opad Tsipise toe. ons ry toe magoebas kloof om my pa het n Jurgens Fleetline 6 met n 30S Cortina gesleep. soos ons af ry op magoebas op een draai was daar klein winkeltjies wat jy so met die aankom kon sien, my pa se vi my ma as die brieke hier fail is ons deur daai winkels met die trap hy briek en so waar niks, hy skakel to rat af en gebruik maar handrem tot om die draai toe n end verder is als weer reg. al wat ek kan by se is daai cortina het n duik in die vloer bord gehaad aan die pasesiers kant. leke ry en geseende vakansie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required