English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 292
Total Replies: 230 386
Total Views: 82 395 310
topics: 404
replies: 3 930
views: 1 473 733
Talk about the current road conditions throughout the country

Pad tussen Oudshoorn en Hartenbos

replies: 13
views: 3558
01 Feb 2017 @ 06:47:19 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ons ry nou binne die volgende paar dae na Hartenbos en ek wil graag die nuutste toestand van die paaie weet. ?
Kan iemand help. ??

Highway oor George. Outeniqwa pas
Of
Robinsonpas direk vanaf Oudshoorn na Hartenbos

Het te lanklaas gery, en pad toestande verander daagliks. Hou in gedagte ons sleep.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 06:51:32 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Oom Koos die direkte pad is baie mooi en ook korter. Hy dra ook minder verkeer en as daar mis is, waartoe Outeniqua geneig is, dan is dit sover ek kon sien nie so erg op die R328 nie. Ry hom gerus
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 07:06:36 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Johan, Ons ry baie vanaf die Noorde na Stilbaai en gebruik gewoonlik die pad vanaf Colesberg oor Oudshoorn, Uniondale, Outeniquapas.  Die pad is maar so lank as die N1 alternatief maar is baie stiller en behalwe vir die deel verby Middelburg waar jy deur die dorp ry, baie mooi nuutgebou.  Ons ry wel so nou en dan die N1 om Meiringspoort weer te sien en dan ry ons Robinson Pas.  Dis effens korter as Outeniqua as jy verplig is om deur Oudtshoorn te ry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 08:27:25 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Lekke vakansie hou Johan...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 09:05:39 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7868
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Veilig sleep. Geniet dit.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 09:06:21 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Dankie.
Toe Elma nog ge-oudit het, het ons altyd op Hartenbos kamp gemaak. Dan as sy Oudshoorn oudit het sy oor Robinson pas gery. Was herlwat korter en stiller. Was net bekommerd dat die pad al biki vergaan het oor laaste vier jaar.

Natuurtonele is natuurlik baie mooi aldaar.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 09:22:02 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Oom Koos, daai pad is netjies, net bietjie smal op plekke. Dit lyk net aaklig met al die Wattles wat dit toegroei. Vir sommiges lyk soos inheemse woud !!!
Die Outeniqua pas is sover dit " scenery" gaan baie mooier, en makliker om re ry ook nog.
Jy gaan by die voet van die pas soos jy afgaan regs draai, lughawe toe, en hele George sentraal mis, die roete is splinternuut opgradeer verlede jaar.
Mooi ry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 09:47:03 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Duisend dankies Herman.
Dis juis daai afdraai via die lughawe wat my afgesit het. Hy was glad nie baie goed nie, maar as jy sÍ hys oorgedoen dan verbreed dit die opsies.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 15:53:09 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Johan, as jy dalk nog nie oor Willomore en Uniondale gery het nie, kan jy dit gerus (hierdie slag of in die toekoms) doen. Beide dorpies is baie mooi ou Kaaps met lekker gesellige restaurantjies en interessante snuisterywinkeltjies om by in te loer. Soos maar op meeste klein dorpies, is die mense regtig vriendelik.  So 20 km voor Uniondale, is daar ook 'n afdraai na Oudtshoorn as jy deur die dorp wil ry- goeie nuutgeteerde pad. Ons bly egter meestal op die hoofpad wat heel aanskoulik is, deur die Potjiesbergpas. Daar is min karre op die pad, anders as op die N1, so 'n mens voel jy is op die platteland.  As jy dalk hierdie pad neem, kyk uit vir die afdraai na regs na Oudtshoorn, baie naby die begin van die Outeniquapas.  Regby die aansluiting is daar 'n plaastalletjie wat in seisoen die grootste soetste geelperskes en ander vrugte van hulle plaas af, verkoop.  Dit kan dalk net nog in seisoen wees.

Oor so twee maand hoop ons om self weer die pad te ry.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 16:23:44 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Johan, Ek weet nie wat julle planne is en hoe lank julle op Hartenbos gaan wees nie, maar as dit inpas, stel ek voor julle vind uit wanneer Jakkalsvlei, 'n wynplaas naby Herbertsdale, sy hekke oopmaak om Hanepootdruiwe te gaan pluk. Die afdraaipad na Herbertsdale is kort na jy by PetroSA verby is en jy hou verby Herbertsdale, so 'n paar kilometer.  Hulle was verlede jaar vanaf 19 Maart vir 'n maand oop maar ek sien nog nie datums vir vanjaar nie- bel hulle gerus as julle belangstel- hulle het 'n webbladsy. Dis die soetste Hanepoot wat jy nog geproe het.  Hulle het ook baie goeie wyn en 'n puik nuwe restaurant.  Dis 'n heerlike dag se uitstappie.

Jy kan ook gaan aarbeie pluk naby die George lughawe, ek meen omtrent the hele jaar. En onthou die vlooimark naby die groot Mall op die Knysnapad op George Saterdagoggende- heerlike kos!

Jislaaik, nou het ek myself lus geskryf en ons gaan die hanepoot vanjaar mis!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 16:45:52 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Dankie, onshet hom al gery, ek en Elma is ook mal oor klein dorpies soos uniondale, gaan soek gereeld koffie as ons daar verby gaan.
My reis genote wil hierdie keer by Karoo NP oor naweek. Dan ry ons maandag oggend deur Meiringspoort. Dan vandaar af moet ons besluit oof deur Oudshoorn robinsonpas of outeniqwa George.
Sal my laat lei deur die base. Elma en haar Sussie.
Ons het al vele kere al die paaie gry in die verlede.
Baie mooi wereld daardie..
Met die terugkom ry ons PE Cradock oor, na ons by Vanstadens was ve vier dae.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 17:30:27 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jy maak my lus, maar binnekort is dit darem weer ons beurt.  Geniet dit!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 07:03:04 am
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 58
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 49 years
Al die paaie hier by ons is nog in 'n goeie toestand, ek dink oor die Robinson pas het jy minder steiltes om te sleep vanaf Oudtshoorn... Wees net op jou hoede vir die verkeerswet toepassers hier in Mosselbaai... weet nie of hul begroting nie werk nie.. hulle bespring die reisiger vanjaar uit elke hoek en betoon geen genade nie :)
Geniet Julle vakansie hier!!
Groet Frik
More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2017 @ 16:33:13 pm
Jozua
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 11 Nov 2015
Experience: 52 years
Ons het ook Robinson pas gery. Pad is mooi. Weer is mooi en ons wag vir julle
"I have never thought much of the courage of a lion tamer. Inside the cage he is at least safe from other men. There is not much harm in a lion. He has no ideals, no religion, no politics, no chivalry, no gentility; in short, no reason for destroying anything that he does not want to eat."

George Bernard Shaw, writer, Nobel laureate (1856-1950)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required