English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 770
Total Replies: 269 430
Total Views: 83 849 022
topics: 461
replies: 4 348
views: 1 495 506
Talk about the current road conditions throughout the country

Pad toestand af N3 Viliers na Reitz (R26)

replies: 5
views: 199
19 Dec, 2021 @ 17:53:54 pm
Hennie1968
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 163
Joined: 26 Mar, 2014
Experience: 9 years

Weet iemand wat die pad toestand is op die R26 tussen Villiers en Reitz?

Dankie

We create opportunities to go camping.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Dec, 2021 @ 09:19:58 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ek het dié pad ongeveer 'n jaar gelede gery - dus kan omstandighede intussen verander het. Maar die pad tussen Frankfort en Reitz was besig om herbou te word. En vir kilometers (en ek bedoel baie kilometers) was daar ompaaie langs die pad wat herbou word. Vir my was dit onbegryplik, want deesdae word gewoonlik eers die een kant van 'n pad herbou en Stop/Ry word toegepas op die ander kant van die pad. Maar in hierdie geval was die hele pad omgedolwe met die swakste denkbare ompaaie langs die gedeelte wat herbou word.

Maak dus maar 100% seker wat die huidige toedrag van sake is. Ek het gelukkig nie gesleep nie, maar in sodanige geval sou dit 'n nagmerrie gewees het as ek wel gesleep het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Dec, 2021 @ 22:19:17 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 06 Feb, 2019
Experience: 27 years

Hennie

Villiers - Frankfort is mooi, maar Frankfort - Reitz is amper onrybaar.

As jy net tot op Reitz wil gaan stel ek voor jy ry Villiers - Frankfort - Heilbron - Petrus Steyn, maar dis omtrent 'n 80km draai.

Of jy  kan Villiers - Frankfort - Petrus Steyn - Reitz ry, 60km grondpad en omtrent 'n 40 km draai.

As jy Bethlehem toe wil gaan, ry die N3 tot by Warden en dan na Bethlehem.

EbenhaƩser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Dec, 2021 @ 22:50:43 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 06 Feb, 2019
Experience: 27 years

Daar is ook 'n grondpad vanaf die N3 na Reitz, ongeveer 60km.

Jy vat die S589 regs daar by Thanda Tau, ongeveer 64km vanaf Villiers.

Thanda Tau is die vulstasie met oornag kamers en 'n klein dieretuin links op die N3 vanaf Villiers.

EbenhaƩser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec, 2021 @ 07:09:01 am
Hennie1968
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 163
Joined: 26 Mar, 2014
Experience: 9 years

Dankie vir julle terugvoer. Nou kan ek 'n roete beplan.

Daardie R26 is nou al vir baie jare in 'n gehawende toestand

We create opportunities to go camping.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec, 2021 @ 17:48:59 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Willem bly daar, dalk is hy nog besig met kersvader..

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required