Ek ry altyd die ou Duiwelskloof pad as ek sleep. Het een jaar Magoebaskloof terug gekom maar dit is nie lekker met die Exclusive agter nie.
Is daar iemand wat onlangs die George's Valley pad gery het ?
Geoges Valley vol pot holes Magoebas is baie mooi.
Ek het dan gehoor hulle het George's Valley pad opgradeer ?
Magoebas af is te swaar op die remme.
Ons ry Maandag en moet oorslaap voor die Phalaborwa het om Dinsdag vroeg in te gaan.
Willem - met die afgaan is die Duiwelskloofpad ongetwyfel die beter roep. Ons het wel so 'n bietjie van 'n wind gesluk toe ons vanjaar op 29 Apr daardie roete gery het. Daar was protesaksie op die pad en ons moes noodgedwonge by Munnik wegdraai en eers tot Soekmekaar ry alvorens ons weer kon terugdraai in die rigting van Mooketsi.
George's Valley kan uiters frustrerend wees as jy (hetsy op of af) agter 'n stadig-bewegende vragmotor vashaak.
Ons het teruggery via Magoebas - weliswaar met 'n heelwat ligter wa as joune - maar absoluut moeitevry.
Twee jaar gelede het ons Magoebas afgegaan en besluit "nie weer nie". Die wa druk net te erg.
My mening is dus: Duiwelskloof af en Magoebas op.
Mei maand was hy nog baie lelik en toe.
Georgesvalley pad is sleg. Ek verstaan jou situasie en bekommernis met Magoebaskloof dus bly jou beste opsie Duiwelskloof pad. Ek verkies altyd Magiebaskloof. Dis 7km van vasklou en ja remme word maar warm.
My probleem met Georgesvalley pad is dis 37km van vasklou al die pad. En ja, 1 vragmotor en jys agter hom tot by Tzaneen. Geen verbykom kanse nie.
Wil my voorkom of dit weer Dauiwelskloof gaan wees.
Ek het einde April begin Mei Eiland toe gery. Ek het die Georgesvalley soontoe gery en Magoebas kloof terug. Daar was toe 'n stukkie pad van ongeveer 400m waaraan hulle gewerk het. Die 400m was toe grondpad maar die res was heel chapperig. Weens die skerp draaie en wa sleep het ek in elkgeval stadig en rustig gesleep.
Die 400m behoort nou teen die tyd klaar te wees. Dit was so 10-15km van Harnertsburg af gewees.
Met die auto box van die ranger as jy hom in "S" plaas raak jy net die rem so effe dan rat hy terug en gebruik jy grootendeels die enjin se toere om die spoed te beheer. Jy gebruik die rem wel veral by die skerp draaie. Maar verseker minder as by Magoebas kloof.
Dit is ok as my Ford met die enjin rem maar die Exclusive het nie daai voordeel nie.
Die ou Duiwelskloof pad sal dit dan wees.
St Georges valley pad 2 weke gelede gery.
Op vanaf Tzaneen na Haenertsburg is die pad goed. So 2 potholes aan die kant en die bruggies aan die begin moet mens maar stadig vat. Die voormalige slgte dele is nuut oorgebou.
Af van Haenertsburg na Tzaneen is daar heelwat slaggate. Kon dit vermy net met voertuig en sal eerder Duiwelskloof sleep.
Ek hou nie van Magoebaskloof af (of op) met 'n wa nie, jy strem jou voertuig onnodig.
Duiwelskloof die beter alternatief.