English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 604
Total Replies: 253 803
Total Views: 83 281 415
topics: 11 619
replies: 139 836
views: 39 360 353
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

PORT - A - POTTI

replies: 2
views: 3074
11 Jan 2005
Anonymous
Sal iemand so gaaf wees en vir my die instruksies van hoe 'n port-a-potti werk, faks of e-pos. Ek het vir my 'n tweedehandse een sonder instruksies aangeskaf en wil nou graag die ding begin gebruik.
Faks:  (011) 489-3041 (Aandag: Flippie).
e-pos:  kjpj@rau.ac.za

Groete.

Flippie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2005
Nico
Titanium Member
81% Profile Strength
Posts: 626
Joined: 01 Jul 2005
Experience: 47 years
Ek hoop ek onthou om vanaand te kyk of ek myne kan kry dan sal ek vir jou faks. Om egter tong-in-die-kies te verduidelik - dit werk soos volg:
Jy koop die Pienk goed en die Groen goed. Jy gooi die Groen goed in die onderste tenk en die Pienk goed saam met 'n klomp Deurskynende goed, in die boonste tenk. As jy dan die Geel goed doen, spoel jy dit af met die Pienk goed tot binne in die Groen goed. Die Bruin goed is nie so lekker as mens dit in die ding doen nie, want dit is nie so mooi met die leegmaak nie, maar dan weer, nou hoekom het jy dan nou die ding! As al die kleure nou lekker gemeng is, vat jy die onderste tenk en gooi dit in die Deurskynende goed in die ablusie, spoel dit af en siedaar, jy is reg om weer voor te begin!
Groete met die tong in die kies - Nico Pietersen
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2005
Anonymous
Nico het dit redelik goed opgesom.

Wat ek wil bys is dat die cheaper pienk en groen/blou goed nie 100% so goed werk soos die oorspronklike Thetford maak nie.

Toe ek my potti gekoop het (ook 2de hands) het ek oorspronklike klein houertjies spoel en ontbind middel saamgekry. Met die eerste uitgooi van die afval tenk, was ek hartlik verras! Geen reuke!

Ek het by CampWorld die duur Thetford net een kyk gegee en die cheapies geneem... Al wat ek gaan s is 'n moewiese surprise toe ek die tenk weer gaan leegmaak het...

Groete

Derik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za