English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 531
Total Replies: 252 826
Total Views: 83 250 192
topics: 1 156
replies: 12 178
views: 4 835 976
Jokes and everything else that makes you laugh

PLAAS DINGE EN VRINNE 😢

replies: 17
views: 1475
28 Mar 2020 @ 14:22:33 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

In die vroeë 1990’s,  word ek vroeg een oggend wakker geklop deur een van my veewagters.   Hy hou versigtig sy toegevoude boshoed na my uit. Toe ek die boshoed oopmaak was daar ‘n baba muishondjie binne in.   So het ons avonture met Loopy begin.  Sy was te dierbaar. Sy het as een van die gesin grootgeword. ’n Vriendelike, spelerige ou dingetjie.   Die Boerboel, Bruno, en die Worshond, Chappies, was haar grootste maats.   Alhoewel baie mense my gewaarsku het oor die muishond se bekendste wapen, het ek oudergewoonte my gat aan hulle afgevee.  Loopy het nooit van haar chemiese arsenaal gebruik gemaak nie. Trouens, ek het gedink dat sy al vergeet het dat sy oor so iets beskik het.   ‘n Goeie vriend van my, Dirk het een Saterdagmiddag kom kuier. Dirk se grootste liefde was Red Heart Rum, gevolg deur vuurwapens.(Ken iemand die Dirk, klink of hy in Charlie Kompanie was).   Hy het 'n ou haelgeweer, van die tipe wat nog hane gehad het, saamgebring. Ons het op die geelhout riempiesbank op die stoep gesit.   Loopy het oudergewoonte op haar kussing bo op die bank rustig gelê en slaap. Dirk wou die haelgeweer uittoets met AAA patrone.   Ek het hom gekeer en vir hom 2 haelpatrone gegee waarvan die haelkorrels verwyder was. Hy het die geweer gelaai, die hane teruggetrek en die sneller gedruk.   Absoluut niks het gebeur nie. Hy het dit drie of vier keer gedoen en die geweer wou nog steeds nie afgaan nie. Ek het toe die huis ingegaan om vir ons vloeibare verversings te kry.   Terwyl ek weg was het Dirk weer die haelgeweer gelaai, die keer met die bokhael patrone. Ons het rustig gesels toe Dirk weer die haelgeweer optel, na die sinkdak mik en die snellers druk.  Die resultaat . . . .  TOTALE CHAOS !!!!!   Die feit dat hy die sinkdak moer toe geskiet het was die minste van ons probleme. Dinge het toe teen ligspoed gebeur.   Loopy het met ‘n weersinswekkende kreet opgestyg, soos n tol in die rondte gespin en haar chemiese wapen in die oortreffende trap in werking gestel. Mense, dit was verskriklik.   Toe die eerste sarsie my tref, het ek onwillekeurig oor die stoep muur geduik en die grond snoet eerste getref. Bruno, die Boerboel het opgespring en tjankend teen die stoep muur vasgehardloop.   Hy het terselfdertyd ‘n reuse aanval van “gippo-guts” gekry. Chappies, die worshond, het ‘n perfekte pirouette uitgevoer, gevolg deur ‘n agteroor “somersault” wat hom ‘n goue medalje op enige Olimpiese spele sou laat wen het.   Dirk het geskok opgespring, gegly op Brno se stront, en die sementvloer met n dowwe slag getref. Hy het toe blitsvinnig die trappe afgeseil. Dirk, ek en die twee honde het in ‘n toestand van totale, absolute skok op die grasperk hergroepeer.  Mense, die persoon wat daardie stank op papier kan bewoord is nog nie gebore nie. Dit was onbeskryfbaar. Dit het geruik asof elke sweetgaatjie wat jy het in ‘n dooie rot verander het.   Ons het bewend van skok en ongeloof op die grasperk gestaan. Trane van verontwaardiging en selfbejammering het oor ons wange gerol.  Die honde het so gebewe en geruk dat ek enige oomblik verwag het dat hul gaan beswyk. Hulle was te bang om genoeg asem te skep om te tjank.   My vrou het die deur oopgeruk en dadelik weer toegeslaan. Sy het twee oorpakke en ‘n blok seep deur die ruit in ons rigting geslinger en ons duidelik in kennis gestel dat ons nie die huis sou betree alvorens ons die stank afgewas het nie.  Op daardie stadium het Loopy, met haar kenmerkend oulike draffie, die trappe afgekom om te kom kyk waaroor die bohaai gaan. Die honde het  vreesbevange en tjankend, stert tussen die bene, koers gekies skaapkraal toe.   Dit was die eerste keer in my lewe dat ek gesien het dat ‘n Boerboel net so vinnig, indien nie vinniger, as ‘n Windhond kon beweeg.   Ek en Dirk het met ‘n spoed die Akkerboom bestyg. Loopy het gelukkig omgedraai en haar middagslapie op die bank gaan hervat. Ons het toe, redelik haastig, na die sink dam toe beweeg om die stank af te was.   Dit was winter in Standerton. Die water was net-net bo vriespunt. Dit het ons geensins gepla nie. Ons het ingeduik en dadelik begin was. Dit het nie baie gehelp nie.   Ek dink dat ‘n rioolplaas soos “Old Spice” deodorant in vergelyking met ons sou geruik het.  Die honde, wat redelik skrikkerig was vir water, het instinktief besef dat indien hulle wou oorleef, ook sou moes bad. Hulle het toe ook in die dam ingespring.  Nadat ons gewas en aangetrek het, wou ons die huis binnegaan. Die Riller, met wie ek op daardie stadium getroud was, het volstrek geweier.   James, wat in die tuin gewerk het, het die klerasie wat ons ten tyde van die aanval aangehad het, op ‘n hoop gehark, met diesel deurweek en aan die brand gesteek.   Ons het toe maar besluit om in die skeerskuur te gaan slaap. Gewapen met ‘n sak stronke, ‘n swanniebraaier, pak wors en ‘n bottel mampoer, het ons onsself maar tuisgemaak in die stoor.   Dit was ‘n droewige en onvergeetlike nag. As die koue ons nie wakker gehou het nie, was dit die stank of die honde se nagmerrie oor die dag se gebeure.   Ons het vroeg die volgende oggend weer in die sink dam gespring. Hierdie keer het dit darem gehelp.   Loopy het, dankie tog, tot haar afsterwe, nooit weer haar chemiese wapentuig benut nie.   Ek, Dirk en die honde het haar tot haar einde toe, met 'n nuwe respek, gekoppel met 'n doodse vrees, bejeën . . . . . . .🤣🤣🤣🤣🤣

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
28 Mar 2020 @ 14:25:13 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dis nou n lekker storie wat van Pottie afkom wat my lekker laat smile het. Dankie Prof.

Moes dit net met almal deel.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 14:54:58 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

John, your original post is empty.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 15:04:16 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

O gits. Ek dink die ouens by die forum office het gou gaat tee drink toe ek dit opgesit het. Ek het daai knoppie post reply gedruk en Hy Hy het my boodskap ingesluk.

Dit wys aan my kant alles reg. As jy nog steeds niksie sien praat asb.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 17:30:22 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 585
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Kan niks sien nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 19:59:59 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Oulike storie. Dankie Bak oor.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 20:28:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Mooi gesê.

Dankie

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 20:41:27 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Dankie Bak Oor ek het nou lekker gelag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 22:54:17 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 168
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Baie dankie, pragtig!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 01:30:22 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dankie John!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 08:10:53 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 187
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Goeie humor net wat ons nodig het - jy kan gerus jou storie vir n tydskrif aanstuur !   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 08:20:58 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Goeie humor net wat ons nodig het - jy kan gerus jou storie vir n tydskrif aanstuur !   

Baie oulike storietjie. Maar dit is al vir etlike jare op sosiale media in omloop. Dit blyk of Bak oor dit net aangehaal het (as ek daardie klein "icon" heel aan die begin sien).

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 08:43:15 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1487
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Was dit nie van "Spies en Plessis?

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 10:42:01 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Baie oulike storietjie. Maar dit is al vir etlike jare op sosiale media in omloop. Dit blyk of Bak oor dit net aangehaal het (as ek daardie klein "icon" heel aan die begin sien).

Die eer gaan aan Prof op die forum soos ek gese het heel bo op die draad.  Prof het dit Vir my gestuur en ek het my sy toestemming dit geplaas juis omdat ek dit so geniet het en ek glo dit is lekker lees stof  vir ons mense.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 14:13:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

John, your original post is empty.

Kan niks sien nie.

Lyk my dit hang af van watter "browser" (as dit die regte woord is) mens dit lees? Ek kan dit lees vanaf my selfoon, maar nie van my tuisrekenaar nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 14:17:34 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Fout issie aan my kant nie

Weetie wat veroorsaak dit. Ek het die report knoppie gedruk maar ek dink nie die mense is by die huis nie. 

As ek oopmaak siet ek alles.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 17:14:40 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Nou weer lekker gelag

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr 2020 @ 18:50:35 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4742
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Dankie bakoor jy maak my dag

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za