English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 297
Total Replies: 230 445
Total Views: 82 398 023
topics: 405
replies: 3 934
views: 1 473 860
Talk about the current road conditions throughout the country

PAD VANAF SCOTTSBURGH NA KOMATIPOORT

replies: 10
views: 6494
07 May 2016 @ 16:37:33 pm
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 25 May 2013
Ons is tans in Scottsburgh en moet eersdaags Komatipoort toe ry vir ons KNP bespreking wat in Krokodilbrug begin. Ek is onbekend met die beste roete daarheen en sien op Google Maps dat daar 3 roetes aanbeveel word met die korste op die N3 tot by Ladysmith en dan tot by Volksrust en daarna Ermelo, Chrissiesmeer, Barberton en Komatipoort.
Is daar iemand op die forum wat kennis het van die roete of ander roetes wat dalk beter is.
Baie dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 16:55:57 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3671
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Frik, indien julle paspoorte het oorweeg om deur Swaziland te reis. Het die roete egter lanklaas gery so ek is nie op hoogte van die pad toestande in Swaziland nie.

Laas toe ons by Scotties gekamp het, het ons dieselfde roete gery wat jy hierbo noem behalwe ons het 'n paar dae by Kwa-Rie in Dundee oorgestaan. Die pad is in 'n goeie toestand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 18:22:04 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1316
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years
Ons is tans in Scottsburgh en moet eersdaags Komatipoort toe ry vir ons KNP bespreking wat in Krokodilbrug begin. Ek is onbekend met die beste roete daarheen en sien op Google Maps dat daar 3 roetes aanbeveel word met die korste op die N3 tot by Ladysmith en dan tot by Volksrust en daarna Ermelo, Chrissiesmeer, Barberton en Komatipoort.
Is daar iemand op die forum wat kennis het van die roete of ander roetes wat dalk beter is.
Baie dankie


Jammer om die draad effe te kaap maar ons ry oor 7 weke of so Scottburgh toe vir ons jaarlikse Junie/Julie vakansie daar, wil net graag weet hoe lyk die park nou, en is daar al enigiets aan die gang by die strand nadat Wimpy daar uit is?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 11:28:32 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2701
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Frik,
Ons het so ruk terrug deur Swaziland gery. Die pad was heel goed behalwe waar jy uitkom by Jeppesreef, maar daai tyd was hul besig om die stuk regtemaak (ons wou die pas nood van Barberton ry).
Jul sal seker Mananga grenspos gebruig waar die pad in goeie toestand was.
Die ander grenspos at ons gebruik het was Golela.
Die derde party kostes was ook net omtrend R50, 00 per voertuig.
Oornag plek wat ons gebruik het was Hlane Nationale Park, wat reg langs die hoofpad was.
Daar is nie 220v krag nie end die ablusie blokke was met 'n donkey gestook, maar hul het baie hout voorsien. Dit het ons ook vir ons braai gebruik.
Indien jul 'n Wild Kaart het, en jy toon dit daar sal jul by die kampplek ook afslag kry. Daar was ook Chalets om te huur indien jul nie wil kamp sonder krag nie.
Geniet die rit en KNP.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 14:38:35 pm
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 25 May 2013
Hi julle.
Baie dankie vir die info. Ons het ongelukkig nie ons paspoorte saamgebring nie want was van plan om eers huistoe te ry en dan KNP toe. Het 2 jaar gelede deur Swaziland gery en alles gesien.
Wil graag hierdie keer maar deur RSA ry. Moet maar aanstoot as ons hier wegspring sodat ons nie in die hoeveld moet oornag nie. Daarom die navraag oor die padtoestande.

HURRICANE.
Die kamp by Scotties lyk nog dieselfde. Alles word goed onderhou, Park is wel baie vol van ons sonsoekers. Wimpy is vervang deur John Dory wat verlede week hul deure geopen het So tans nog early days. Hulle bied wel ook ontbyte aan. Nog nie probeer nie. Die ander persele in die gebou staan nog leeg behalwe die 2 verversingkiosks op die grondvloer. Op die strand is daar ook twee koskaravane wat sake doen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 16:15:18 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2701
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Frik,
Ek het al omgery en by Piet Retief geslaap, maar dit was ook koud daar. Die kampterrein was ook langs die hoofweg wat bietjie raserig was. Ek het al gelees dat daar 'n kampterrein in Pongolo is. Dit behoort baie waremder te wees in die laeveldt en dit sal jou rit breek.
Julle sal die trippe baie gemakliker doen in twee dae.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 21:19:36 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Hi Frik last year we drove from Skukuza, Nelspruit, Barberton, Badplaas, Piet Retief, Volksrust, Newcastle, Ladysmith then on to the central berg. Generally it's a quiet road with little traffic, in good condition with some potholes. I liked towing on this route as its not as stressful as towing on the highways but there are some hills that slow the towing down. Unfortunately there are very few decent places to stop for petrol and toilets - mainly in the towns. Enjoy your trip - groete Pat

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 18:25:34 pm
GMN1
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 07 Dec 2015
Hi.

We live in Ballito and have driven up North twice in the last year, once in May 2015 to Kruger and this year in March to Marakele, Mapungubwe, Tzaneen and back via Kruger and Swaziland. Heading North both times we took the N3 to Escort, then the N11 via Newcastle, Volksrust, Ermelo and overnighted at Middelburg. We found this route very easy to drive, the roads in good condition. It is "old school" driving though - lots of single carriageway so you have to wait for passing places, but no tolls ! There aren't that many great rest stops, I tend to look for Engen (which has a Wimpy so you know what you're going to get) or a Caltex with a Fresh stop.

Returning to KZN last year, we exited Kruger at Orpen gate, overnighted at Hoedspruit, then went down to Nelspruit. From there we took the R 40 to Barbeton, then Badplas where we turned onto the R 541 down to the N 17 before turning onto the R 33 . Up til that point the roads were in superb condition; no potholes, next to no traffic. Not towing we were able to enjoy superb drving, but some surprisingly long hills. We followed the R 33 all the way down to Vryheid - this road was not quite so good, the odd pothole, a bit rough in places and nowhere nice to stop at all really, but very quiet. We then joined the R 34 / R 66 Melmoth / Eshowe . This is quite a busy section of road, there are frequent speed limit restrictions, sometimes it's not terribly clear what the speed limit actually is. ( I received a performance certificate from the Melmoth constabulary informing me that my car was indeed capable of doing 93 in an 80 zone and would I please be so kind as to send them R 150 for issue of said certificate ? ) Overall I'm not sure I'd recommend this route , not the section from the N2 up the R 34/ R 33 as far as Amsterdam anyway . Returning from Kruger this year we exited at Crocodile bridge and followed the N4 as far as Malelane and then went via Swaziland . That section of the N4 was very stressful driving; busy, raining, lots of single carriage way and lots of idiots wanting to roar along. We came out of Swaziland and joined the N2 at Piet Retief. The N2 is in good condition, but, heading North after Empangeni you really have to have your wits about you as the standard of driving drops dramatically and people do the most bizarre / dangerous things . There are also usually speed traps every time the speed limits change, especially where it becomes 80. The route is tolled from Tongaat to Empangeni and the tolls are quite steep - the bonus is you get a superb road to drive on for that section. Around Pongola the road is speed restricted to 80 for about 50 km - very frustrating.

So not sure if any of that helps or not? Perhaps take the N2 all the way to Piet Retief then right onto the R33 to the N17 then right onto the N 17 then left on the R 541 to Badplas, then right onto the R 38 to Barbeton . ( Sounds complicated , but it was easy to do. ) then choose if you want to go the R 40 to Nelspruit then onto the N4 or take the R 38 all the way to the N4.

Best of luck.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 12:19:25 pm
Jozua
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 11 Nov 2015
Experience: 52 years
Daar is verskeie roetes met voor en nadele.

Die eerste is N3 tot by Vrede, dan Standerton, Ermelo, Carolina, Belfast waar jy weer by die N4 aansluit. Die probleem met die roete is dat daar nie goeie karavaan staanplek in die middel is. Die pad het ook bietjie gate tussen Chrissiesmeer en Carolina.

Die tweede roete is N2 tot by Piet Retief, dan R33 oor Amsterdam, Carolina, sluit by Belfast by N4 aan. Die pad is in baie goeie toestand. Hierdie roete is die langste, maar ry die maklikste. Jy kan ook via Badplaas ry - pad is goed. Slaapplek is 'n probleem. Jy kan by die Jozini dam by die Sodwana hengel klub kamp of by Sundowner lodge in Piet Retief of by Badplaas - dit is omtrent jou enigste oornag opsies.

Die derde roete is om die N2 te ry tot by Empangeni en dan weg te draai Vryheid toe. Die pad ry bietjie moeiliker as die N2, maar jy kan dan by Paulpietersburg (Natal Spa) oorslaap. Van daar ry jy Piet Retief toe en volg bg. Pad is goed.

Hoop dit help.
"I have never thought much of the courage of a lion tamer. Inside the cage he is at least safe from other men. There is not much harm in a lion. He has no ideals, no religion, no politics, no chivalry, no gentility; in short, no reason for destroying anything that he does not want to eat."

George Bernard Shaw, writer, Nobel laureate (1856-1950)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 12:32:09 pm
Jozua
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 11 Nov 2015
Experience: 52 years
Wees gewaarsku dat hulle werk aan die pad tussen Ladismith en Newcastle. Die probleem is dat hulle groot spoed boggels in die pad gegooi het wat jou karavaan verniel. Afgesien daarvan is dit eintlik 'n goeie roete om te ry. Daar is egter min ordentlike kamp plekke Op pad.
"I have never thought much of the courage of a lion tamer. Inside the cage he is at least safe from other men. There is not much harm in a lion. He has no ideals, no religion, no politics, no chivalry, no gentility; in short, no reason for destroying anything that he does not want to eat."

George Bernard Shaw, writer, Nobel laureate (1856-1950)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 14:21:23 pm
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 25 May 2013
Goeiedag almal.
Baie dankie vir al die raad en advies. Ek het nou 'n goeie idee wat wag op die verskillende roetes. Nogmaals dankie aan almal wat die moeite gedoen het om hul inligting te deel.
Janneman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required