English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 033
Total Views: 82 377 480
topics: 10 825
replies: 124 919
views: 38 857 136
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Overnight at petrol port/ultra city

replies: 44
views: 701
21 Sep 2019 @ 13:58:30 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

Hi guys,here's a subject that I'll bet many have thought about maybe even tried,so my question is, Is it safe?Has anyone tried?I did and felt safe and had no problems, and wouldn't normally do it ,but interester in forums feelings?

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 14:26:18 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek het dit al gedoen deur in my kar te slaap.

Ons het dit al bespreek om so oor te slaap, en veiligheid in ag geneem met die swaar voertuie wat daar gekaap word.

Hoekom moet ons wonder. 

Ek het al sovêr gedink dat as iemand my daar of êrens pla hy geskiet sal word, maar dan is ek mos die vark in die land van ons.

Ek het mos rustig geslaap wat ek nie mag doen nie, en die fokker buite mag my pla.

Hom my Girl, kar en wa gee. Of hy vat net my Cell foon en steek my met n mes.

Wel ek het nuus vir hom.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 15:21:07 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

Ek stem,n mens moet altyd op en wakker wees.

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 16:08:56 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4122
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

I would only do that as a last resort. Maybe 15 - 20 years ago but not now.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 16:24:18 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek het al baie gewonder hoekom daardie Ultra Cities nie n paar staanplekke inrig vir die reisende publiek wat net n oorslaap plek na hulle bestemming soek nie. Sou dit dalk teen die sonering wees van die perseel of wat. Dit kan tog vir hulle voordelig wees want hulle gaan nou daar brandstof verkoop aan die wat oorslaap in hulle ryhuise en ook n ontbyt of so. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 17:40:42 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

Ek was by een waar daar mense was wat definitive daar geslaap het,ek het veilig gevoel die hele tyd, en Van die trokke het oor nag, dit so lekker wees as hulle so geleentheid verskaaf aan mense maar glo ook,maar daar sal altyd daai mense wees wat so no situation sal misbruik.

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 17:59:35 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Hoekom dan nie eerder by 'n volwaardige karavaanpark/kampeerplek oorstaan nie? Die oorgrote meerderheid Ultra City's is naby aan aanvaarbare kampeerplekke geleë.

Om op te som - nee dankie, nie vir my nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 18:21:20 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Chris ongelukkig nie almal nie. As ek net een voorbeeld kan noem........Kyk by Kroonstad. Die karavaanpark daar is n oorlogzone. Kroonpark as ek die naam reg onthou. Ons het een jaar van die Kaap af gery Gauteng toe. Ons sou by Kroonpark oornag omdat ons hom van vorige besoeke geken het. Ons het ingery en uitgery. Ma wou gladnie eers afklim nie. Dit was reeds skemer en teen wil en dank moes ek in die donker ry tot in Gauteng. Ons was salig onder die indruk Kroonpark is goed want ons het hom van vroeer geken. Skielik in die moeilikheid. Ek verneem nou dat Colesberg staanplekke by gastehuise het. Dit was nooit so nie en sy munisipale karavaanpark is ook n no go. Ek glo daar is meer van hulle op die hoofroetes vandat die munisipale oorde ons in die steek gelaat het.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 18:38:02 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek ken weliswaar nie alle Ultra City's nie, maar kan die volgende kampplekke naby aan sommiges op die N1 aanbeveel:

Drie Susters - Travalia of The Vale

Colesberg - Forever Gariep

Bloemfontein - Reynekepark of Riviera Gasteplaas

Kroonstad - Jukskeipark of selfs Aldam

Pietersburg - Boma in the Bush

Nee wat - ek volstaan met my mening dat ek nie by 'n Ultra City sal oornag op hul parkeerterrein nie. Vir my klink dit (ek sê nie dit ís so nie) soos verblyf wat 'n "cheap skate" sal opsoek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 19:02:37 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1742
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek was al dood moeg en kon nie my oë oop hou. Dit het geen saak gemaak by drie one stops en was deur sekuriteit gevra om te ry.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 22:17:19 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel ek dink dis oorbodig. Mens kan darem nie by elke vulstasie wat jy skielik moeg word net wil inboek nie. Daar is egter sulke plekke in Namibië wat ek al gebruik het maar daar is die afstande met tye veel groter. 

Beplanning van hoeveel uur mens wil ry en kry verwysings net voor mens iewers gaan inboek is dalk die manier om te weet van agteruitgang. Dit bly 'n jammerte dat oorde wel so vinnig kan agteruitgaan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 23:21:09 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4122
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Is there not a caravan park at the garage in Harrismith just off the N3 as you come into Harrismith from the JHB side ?

At the Engen garage Bergview I think 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 23:27:28 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4122
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Ok found it -  Bergview  they have 15 caravan stands.  I have stoped there for fuel but never stayed over.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 23:32:47 pm
kleinman
Silver Member
48% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 27 Nov 2017

Nee wat, met die huidige toestand in die land sal ek maar my trippies beplan rondom Ultra cities. Ek sal net daar stop om wa te check en maar aanstoot ...🙁

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 14:57:32 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Ons het altyd op ons beplande roete by gastehuise plek bespreek en die sekuriteit vooraf bespreek veilige parkering in die agterplaas.Dan is jy verseker van n warmwater bad en n rustige ete.Koste gewyse duurder maar alles kom met n prys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 15:32:53 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Mens kon dit 30 jaar terug doen maar nie meer nie. Ek stem werk maar jou oornag punte reg uit en oornag by n veilige plek met warm water en n braai. As jy wil he jou kop moet langs jou wakker word slaap oor by onveilige plekke wat jy nie ken nie oor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 18:31:14 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Jammer dat dit so in ons land moet gaan. Ek en Susan praat vanoggend van plekke hier in ons eie dorp waar ons eens sonder vrees kon rondloop. Nou nie eers onder begeleiding nie.

Ek het gelees wat julle oor die Ultra City's skryf en moet toegee dat my redenasie nie heeltemal aan die veiligheidsaspekte gedink het nie. Ai ek het nog gedroom van dae lank lank gelede toe Johan Badenhorst nog voetspore gery het met n driewiel!!!!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2019 @ 22:02:34 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Shoe manne. Wie beplan sy toer so sleg dat hy nodig het om by n vulstasie te gaan oornag? Nee gonna. Ek het my 7000km toer verlede Vrydag afgesluit en het elke nag veilig geslaap omdat my beplanning goed was. In ONS land slaap jy NIE by n Ultra City nie. Daar is siellose goeters wat geen duit omgee vir jou lewe nie. Indien ek n onomkombare krises tref sal ek eerder by iemand in n goeie buurd in die dorp gaan aanklop en vra of ek my karavaan in sy oprit kan parkeer vir die nag. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 22:59:40 pm
PietRiana
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 148
Joined: 23 Oct 2015
Experience: 5 years

Wil net se daar is n private kampplek in Colesberg. Baie veilig en skoon. Ons het al n hele paar kere daar oorgeslaap.

Mooi loop by die lelike plekke
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 06:07:03 am
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

Vertel ons meer, wat is sy naam?

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 06:54:42 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Vertel ons meer, wat is sy naam?

Onze Rust. Ek't nog nooit self daar oorgestaan nie, maar 'n Eiland Spa-kennis het my vanjaar vertel dat hulle gereeld daar oorbly. Ek't eenkeer sommer net daar gaan inloer en dit lyk nogal netjies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 08:55:13 am
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

Dankie Chris,ek sal op my lys by sit, soek al lank na plek in Colesberg. 

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 12:25:36 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons het al 'n paar keer by Onze Rust oorgestaan en kan bevestig dis skoon en veilig is en goed vir oorstaan.  Hulle het ook vaste verblyf en laat honde toe.  Ons verkies egter om eerder by Forever Gariepdam oor te staan, veral omdat hulle 'n lekker put-put baan het.

En ek stem met Danie saam- dis nie veilig om by vulstasie oor te slaap nie.  Ek sê dit nie uit ondervinding nie, maar enigiemand kan daar inkom en daar is nie sekuriteit nie.  Daar is oral kampe, meestal privaat, sodat so-iets nie nodig hoef te wees nie.  Gebruik maar net internet.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 14:06:09 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

What are tarrifs at Oneed Rust? 

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 15:16:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13761
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

4 jaar terug was ons oppad na Dolphin toe. Ons het bespreking gemaak om by Bergview agter die Wimpy in Harrismith te oornag. Ons het so onveilig daar gevoel met die ongewenste gaste in die oord dat ons aangery het met die doel om elders te oornag....gehoop op Pyramid motel in van Reenen. Aangesien dit Desember was, was alles vol en het oral probeer tot ons 11pm by Engen na Pietermaritsburg aangekom het en daar maar in die kar geslaap het in parkeer area tot so 5am die oggend. Het nie veel geslaap nie.....sal die episode ook nie weer oor wil hê nie, so sal dit ook nie aanbeveel nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 15:20:34 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Lance, it was quite reasonable the last time we stayed there- I think R200 per stand. Do have a look on their web page.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 15:34:05 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

I did email them from their website but only expect anwser tomorrow. Thanks. 

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 17:19:49 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

We plan our trip to overnight at a campsite. But never say never, as something might disrupt the plan. 

Alternative is to stop in front of the police station and raise the AWB flag.surprised

The police will watch over you all night.laughing

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 17:56:39 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek stem.......never say never.......hou maar altyd daardie opsie oop dat dit more jou beurt kan wees om plan B te gebruik. Vier jaar gelede is ons op pad Hartenbos toe. Vroegmiddag gooi ons diesel in op Beaufort Wes en is bespreek om die aand by Kleinplasie in Oudtshoorn te slaap. Toe ons Meiringspoort binnegaan word ons gestop. Daar het n donderbui boontoe in die berg uitgesak en die poort is oorstroom. Die beamptes se die poort sal verseker die hele nag gesluit wees. Ek draai om in die hoop dat ons in Klaarstroom met huisvesting geholpe sal kan raak. Ongelukkig toe nie. Die Polisie wil nie toestemming gee dat ons in hulle agterplaas met die karavaan kan staan nie. Regoor die Polisie is n algemene handelaar en petrolstasie. Ek het daar stilgehou toe ek na die polisiekantoor geloop het. Toe ek terugkom by die karavaan staan die eienaar van die petrolstasie en vra of ons moeilikheid het. Geen probleem was sy antwoord. Parkeer net hier op die petrolstasie se rybaan en gee my jou kragkabel dan prop ek hom hier by die pompe in. Ons het die aand heerlik en veilig daar geslaap en op die koop toe het die eienaar vir ons die badkamer se sleutel ook gegee. Hy wou ook geen vergoeding he nie. Volgende oggend is ons verder nadat die skrapers die stompe uit die pad in die poort gestoot het. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 20:06:31 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Dit noem mens n Barmhartige Samiritaan ek is seker daarvan hy ken sy plek en het geweet julle sal veilig wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 21:22:23 pm
Badger
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 81
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

Quite a number of years ago when we had petrol restrictions you could not get petrol after 18.00 hrs and when doing a long trip you had to stop over at petrol stations if you could not make it to your destination on the petrol in your tank. We were a lot younger and it seemed  safe enough at the time.

Today I would not take the chance, in fact security is our first concern whatever resort we stop at.

Here are a few overnight stops we have used

Colesburg................ Onze Rust

Kimberly ....................Riverside Sports Club

Graak Reinet ..................... Camdebo

Cradock .................Mountain Zebra Park

Beaufort West............ Karoo national park

Bloemfontein ..............Renecke Park

Harrismith .............Mountain Veiw

Without The conservation levy,  all prices are around R200.00 Per night

We found all of the above to be at least very acceptable.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 22:48:22 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1525
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Nee wat, by motorhawe slaap was goed wat ons in 1974 gedoen het as studente.

Vandag bied jy jou lewe en jou goed aan vir kriminele wie op vulstasies fokus vir hul kriminele aktiwiteite.

Beter plan is die antwoord met marge in vir wanneer iets skeefloop.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 05:50:11 am
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

Ja vir seker,plan A,B  en soms C ,is altyd n gooie idea,dis so sad dat ons mooi land het so sleg geword, nie die land,dit sal altyd mooi wees maar satan se kinders wat lewe so mooilik maak.

Ek moet se hierdie forum is regtig gevul met gooie ordentlikke mense vol vysgeid en ondervindings. 

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 07:57:57 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek sal moeite doen om by die ou op Klaerstroom te gaan brandstof ingooi as ons daar verby ry.  Is dit nou nie 'n voorbeeld van medemenslikheid nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:19:53 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek stem.......never say never.......hou maar altyd daardie opsie oop dat dit more jou beurt kan wees om plan B te gebruik. Vier jaar gelede is ons op pad Hartenbos toe. Vroegmiddag gooi ons diesel in op Beaufort Wes en is bespreek om die aand by Kleinplasie in Oudtshoorn te slaap. Toe ons Meiringspoort binnegaan word ons gestop. Daar het n donderbui boontoe in die berg uitgesak en die poort is oorstroom. Die beamptes se die poort sal verseker die hele nag gesluit wees. Ek draai om in die hoop dat ons in Klaarstroom met huisvesting geholpe sal kan raak. Ongelukkig toe nie. Die Polisie wil nie toestemming gee dat ons in hulle agterplaas met die karavaan kan staan nie. Regoor die Polisie is n algemene handelaar en petrolstasie. Ek het daar stilgehou toe ek na die polisiekantoor geloop het. Toe ek terugkom by die karavaan staan die eienaar van die petrolstasie en vra of ons moeilikheid het. Geen probleem was sy antwoord. Parkeer net hier op die petrolstasie se rybaan en gee my jou kragkabel dan prop ek hom hier by die pompe in. Ons het die aand heerlik en veilig daar geslaap en op die koop toe het die eienaar vir ons die badkamer se sleutel ook gegee. Hy wou ook geen vergoeding he nie. Volgende oggend is ons verder nadat die skrapers die stompe uit die pad in die poort gestoot het. 

Karoo-mense!!! Sout van die aarde mense!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 10:10:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sal dit nie sommer doen nie.  Eerder na iemand toe ry en vra om in erf te slaap of so iets.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 10:59:28 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek sal maar onrustig voel want jy weet nie wanneer druk iemand 'n skietyster teen jou ruit vas nie. Daar is natuurlik ook sogenaamde "oornag oorde" waar ons al oorgeslaap het en onveilig gevoel het, soos bv Mountain View in Harrismith. Iemand anders het dit oor genoem. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 12:25:28 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years

Heindrich, jy maak gooie punt,n mens moet "defensive"dink en lewe hele tyd,ons Lees ook Van crime in somige karavan parke, en dit help nie mense kry vrees vir alles,jy sal nooit jou huis verlaat, ek tour al drie jaar Van limpopo tot natal,na kaap en noord met voel photography, aleen met my van,ek het eers volle vertrou in die Here,ek vrees niks,ek wat nie onoodige kanse, check nuus oor area's waar ek in beweeg, bly weg van onrus areas,en vertoon hopenlik as military  ou,altyd in camo,en so ver nie een issue. 

Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 20:30:25 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek stem.......never say never.......hou maar altyd daardie opsie oop dat dit more jou beurt kan wees om plan B te gebruik. Vier jaar gelede is ons op pad Hartenbos toe. Vroegmiddag gooi ons diesel in op Beaufort Wes en is bespreek om die aand by Kleinplasie in Oudtshoorn te slaap. Toe ons Meiringspoort binnegaan word ons gestop. Daar het n donderbui boontoe in die berg uitgesak en die poort is oorstroom. Die beamptes se die poort sal verseker die hele nag gesluit wees. Ek draai om in die hoop dat ons in Klaarstroom met huisvesting geholpe sal kan raak. Ongelukkig toe nie. Die Polisie wil nie toestemming gee dat ons in hulle agterplaas met die karavaan kan staan nie. Regoor die Polisie is n algemene handelaar en petrolstasie. Ek het daar stilgehou toe ek na die polisiekantoor geloop het. Toe ek terugkom by die karavaan staan die eienaar van die petrolstasie en vra of ons moeilikheid het. Geen probleem was sy antwoord. Parkeer net hier op die petrolstasie se rybaan en gee my jou kragkabel dan prop ek hom hier by die pompe in. Ons het die aand heerlik en veilig daar geslaap en op die koop toe het die eienaar vir ons die badkamer se sleutel ook gegee. Hy wou ook geen vergoeding he nie. Volgende oggend is ons verder nadat die skrapers die stompe uit die pad in die poort gestoot het. 

My broer is 8km van Klaarstroom.

Sou jy dit geweet het kon julle ook daar op die plaas gestaan het.

Self in die gaste huis geslaap het.

Bly julle is daar gehelp.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 21:03:52 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ja agterna toe ons terugdink was daar seker baie planne wat ons nog kon gemaak het. Ek en Susan lag nou nog toe daar twee jongerige dames met n spoggerige weelde motor by ons stilhou daar by die vulstasie. Volgens hulle het hulle oral vir nog blyplek in Klaarstroom probeer maar alles was vol as gevolg van die poort wat gesluit was. Die twee dames wil toe weet of ons nie in die woonwa nog twee slaapplekke vir hulle ook het nie........hulle is bereid om ruimskoots te betaal. Ongelukkig was ons op die ander bed volgepak met ons kamptoerusting vir 2 maande in Hartenbos. Hulle het net daar in hulle kar op die rybaan geslaap. Leon Klaarstroom is n klein gekleurde nedersetting met die huisies teen mekaar sonder regtig erwe. Dit het reeds begin skemer raak en die eerste beste plek moes jy vat. Ek glo nie daar was erwe by mense waar jy kon intrek nie. Nou agterna hoor ek ons kon Willowmore omry om die poort te mis..........maar glo meer as 200km ompad en dit word donker en die gevaar van koedoes in die nag is daar groot.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 17:15:33 pm

As jy Willowmore toe gery het, het jy by die plaas verby gery.

Weet als was vol maar boeta het nog plek gehad. 

Hy was op Klaarstroom om mense met verblyf te help.

Julle gemis.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 17:21:37 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Piet - Jy wou nie met jou Fleetline die gruispad Willowmore toe ry nie - glo my. Ek't daardie pad meer as een keer in my jongdae met 'n Ford Escort gery. Stof, sinkplaat plek-plek en baie bultjies en leegtetjies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 17:51:45 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek het nog nooit  in die verlede,  en ek twyfel sterk of ek in die toekoms, by 'n vulstasie sal oornag.  Dis nie net die veiligheidaspek wat pla nie, maar ook die rumoer deur die nag by so 'n diensstasie en die gebrek aan geskikte geriewe. Ek probeer om nie verder as 500km per dag te sleep nie en kry talle geskikte oornag-karavaanparke tussen Kaapstad en die Kruger Wildtuin, Kimbeley om of oor Bloemfontein.  Ek besef tyd is nie altyd aan elkeen van ons se kant nie, maar met behoorlike beplanning hoef 'n mens nie by 'n brandstof-vulstasie te oornag nie.

Dus, om die vraag te beantwoord : nee, nooit nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 18:45:38 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek stem dat dit sekerlik nie die ideaal is nie maar partykeer kan die noodlot jou in snaakse situasies indwing.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 21:23:22 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ons het ook paar keer nou al oornag by 'n ultra city (ek dink laaste kere was by Bloemfontein) en ek moet sê, ons het rustig geslaap.

Ek dink nie jy is juis soveel veiliger altyd in kampterreine nie, want as jy alleen in die park is, is jy erger af...

So ou moet nogal 'n kans waag as jy dink hy gaan sommer jou aanval by so vulstasie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required