English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 288
Total Views: 83 149 739
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 289 017
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ouderdom

replies: 23
views: 449
01 Mar 2020 @ 13:05:44 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Geskryf deur Barney Louw..........Die beste beskrywing wat ek nog ooit oor die ouderdom gelees het:

Die ouderdom is `n blikslater....

Hy bekruip jou. Soos droogte in die Boesmanland. Stadig. Maar seker.

Hy maak jou krom. Hy maak jou stom. Hy maak jou vergeet. Hy knibbel stomp-tand aan eergister se onthou. Hy stroop die bas van jou onthouboom. Hy los jou alleen. Met net gedagtes. Ver gedagtes. Wat jou terugvat na jou jonkweesdae. Jou eerste Daan Desimaal jare. Springbokradio dae. Pip Freedman en Four Jacks and a Jill jare. Charles Jacoby en Jim Reeves jare.

Draadloosjare met oom Jan Cronjé en tannie Esmé Euvrard. "So maak mens!" Middagstories soos die Du Toit`s van Soetmelksvlei, Geluksdal, Dans van die Flamink, Wolwedans in die Skemer, As die Naguil roep en Patrollie 33 Charlie.

Maar die ouderdom maak jou ook astrant. Soms neuk hy stroom-op met jou. Na daar waar jy weet jy nie eintlik moet gaan krap nie. Want dis die plek van die Groot Nostalgie. Wanneer jy sonder dat jy wou, skielik daai ou droë Heimweeboom begin klim. Ja, hoog in die takke is jy. Jy raak dik gedrink. Van die verlange se waters. Jy boor diep. Slukkie vir slukkie drink jy uit blou jare terug se vars boorgate. Jou kinderjare. Skoolgaanjare. Vingerbordjare. Bok-bok-staan-styf jare. Jonk-verlief-wees jare...

Soms praat jy met jouself. Saggies. Of so dink jy. Want jou ore hoor nie meer soos destyds nie. Al is hulle nou groter... Ja, jou gesig krimp, maar jou neus en ore word groter. Jou tande raak stomp. Jy word lomp.

Ouderdom is soos `n steeks donkie. Hy briek jou. Jý wil, maar jou bene steek vas. Viervoet vat hy jou vloer toe. Loopraam toe. Soos `n kind. Só stroop hy jou selfvertroue. Gister se bravade maak plek vir vandag se bang.

Ouderdom steel. Jou onafhanklikheid. Jou karsleutels. Jou lisensie...Hy lewer jou oor. Aan ander se genade. Hy maak jou sag. Weerloos. En eensaam. Hy laat jou huil. Sommer oor niks. Sommer oor alles.

Die ouderdom is `n wetter. Met `n hoofletter!

Hy ruk jou uit jou huis uit.  Ontvoer jou. Teen jou wil. Huis Herfsblaar toe. Waar Matrone jou baas is. Huisreëls jou bind. Styf. Vas. Met oumenstoue. Waarvoor jy `n helse prys betaal. Letterlik. Terwyl jy Genadebrood moet eet...En perdesalf op ou spiere se seer smeer.

Ouderdom druk jou smaakkliere toe. Jy verloor jou proe. Hy vat jou eetlus weg. Jou energie. Hy breek jou spoed.

Maar ouderdom leer jou ook geduld, want die kinders kom kuier op húlle tyd.

Ouderdom laat jou spog. Te veel. Oor die kleinkinders. Wat jou siel lawe!

Saam met die jare se grysheid, kom daar darem ook `n bietjie wysheid. En diepe dankbaarheid. Vir gespaarde jare uit Sy hand uit.

Maar dan. Later. Raak jý stadig maar seker weer kind. Moet jy gewoond raak aan die alewige verkleinwoordjies... En om na jou kinders te luister!

Groete

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 13:34:11 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ja en nee. Jy is werklik so oud soos jy voel en optree. Ek verwys graag na oom Flip en tannie Annatjie wat op onderskeidelik 86 en 84 elke jaar by die Eiland gaan kamp. Hulle stoot self hul karavaan dat hy reg staan en hulle slaan self hul tente op. Hulle is nog so jonk van gees........... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 13:55:56 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2206
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Hoe voel dit dan  vandag of baie van dit al met my aan die gebeur is. 😂

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 14:00:24 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ouderdom maak jou vry. Jy mag nou maar tande tel, se en dink wat jy wil, saam skinder, laat jou toe om voor in n Lang ry in te glip, ontvang baie meer respek as in die jonger dae. Nou dra die kinders vir jou sweets aan en nie jy vir hulle, ouderdom is lekker !!

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 16:32:47 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1554
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Ouderdom laat glipsies sommer so van self te voorskyn kom,aag almal kom dit oor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 18:44:28 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 78
Joined: 18 Sep 2019

Hokaai ons is nie ou en raak nie oud. Ons raak net mooi groot. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 19:45:25 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4656
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Met onderdom kom wysheid en grysheid

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 21:04:06 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ouderdom of die mate van veroudering word seker maar in die eerste instansie nie deur 'n nommer of syfer bepaal nie. Ek raai dat 'n geskiedenis van leefstyl, DNA of die gene wat jy ge-erf het, asook gesondheidsorg grootliks bydraende faktore is.

Ek het mense gesien wat op 55 afgetree het, en op 56 stok horing oud was. Ek veronderstel dit het te make met ingesteldheid.

Al wat ek weet is dat jou fisiese gesondheidstoestand en die toetand van jou verstand grootliks bepaal hoe vinnig jy verouder.

My korttermyn geheue is vinnig besig om my in die steek te laat. Dieselfde is besig om met my vrou te gebeur, en sy is vier jaar jonger as ek. Dit opsigself bring nuwe uitdagings en aanpassings. Gelukkig kan ek nou dat my ore nie meer so goed werk nie selektiewe gehoor toepas.

Ek stap nou die dag weer verby die verswakte sorg afdeling van 'n versorgingsoord of tehuis vir bejaardes verby. Party mense word agter traliehekke toegesluit.

Die engelse praat van "to overstay your welcome". Ek will asseblief op my voete doodgaan terwyl ek nog onafhanklik kan geniet wat ek doen.

En dan is daar die vraag "As jy nie geweet het hoe oud jy is nie, hoe oud sou jy raai is jy?" 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 07:51:26 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 558
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek het nou al gesien, om oud te word is ok, dit moet gebeur, kyk maar na oorle Dr Chris Barnard wat sy ouderdom wou besweer met jong vroue.

Ons gaan wel almal eendag die Grim Reaper in die gesig moet staar.

Die belangrikste is om gesond te wees op jou oudag, om siek en oud te wees moet hel op aarde wees.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 08:22:27 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink ons moet maar ophou om onsself te herinner hou oud ons is.  Die feit is ons leef nog en terwyl ons leef, laat ons lewe.  Moet nie uitstel om dinge te doen wat jy graag wil doen nie- jy weet nie hoe lank jy nog hier gaan wees nie.  'n Man wat saammet my pa gewerk het, het ywerig gespaar vir sy aftrede.  As daar oortyd te werke was, het hy eerste sy hand opgesteek.  Hy en sy vrou het nooit weggegaan vir vakansie nie- alles is gespaar vir hulle aftrede. Hy is drie maande na sy aftrede oorlede, voor hulle met hulle groot aftreeplanne kon begin.  Miskien was hy ook maar gelukkig.  Hulle het nooit geleer om die lewe te geniet nie, en sou waarskynlik nie kon leer om dit te doen na aftrede nie, so dit sou vir hulle 'n baie teleurstellende tydperk gewees het.  Dalk het hy dit besef en net oorgegee.  Om die vreugde in alles te sien, is ook maar iets wat aangeleer word en dit moet oor jou hele lewe strek.  As jy nie bietjie van die kind in jou behou het wat iets lekker in alles sien nie, dan is jy oud.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 08:25:47 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 558
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek dink ons moet maar ophou om onsself te herinner hou oud ons is.  Die feit is ons leef nog en terwyl ons leef, laat ons lewe.  Moet nie uitstel om dinge te doen wat jy graag wil doen nie- jy weet nie hoe lank jy nog hier gaan wees nie.  'n Man wat saammet my pa gewerk het, het ywerig gespaar vir sy aftrede.  As daar oortyd te werke was, het hy eerste sy hand opgesteek.  Hy en sy vrou het nooit weggegaan vir vakansie nie- alles is gespaar vir hulle aftrede. Hy is drie maande na sy aftrede oorlede, voor hulle met hulle groot aftreeplanne kon begin.  Miskien was hy ook maar gelukkig.  Hulle het nooit geleer om die lewe te geniet nie, en sou waarskynlik nie kon leer om dit te doen na aftrede nie, so dit sou vir hulle 'n baie teleurstellende tydperk gewees het.  Dalk het hy dit besef en net oorgegee.  Om die vreugde in alles te sien, is ook maar iets wat aangeleer word en dit moet oor jou hele lewe strek.  As jy nie bietjie van die kind in jou behou het wat iets lekker in alles sien nie, dan is jy oud.

 


Ware en wyse woorde Fred.
 
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 11:54:54 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9551
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Oud word is vir baie nie beskore nie.

Wees trots dat jy daar is.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 06:17:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is ook maar van opinie dat mens so oud is soos jy voel.  Daar is nog 'n hele paar dinge wat ek self kan doen.  Dan praat ek van dinge soos afdakke bou. Gate grawe. Sweis werke. Karavaan was.

En dan net die volgende keer voel ek net nie lus vir die klomp werk nie en kry ek iemand om dit te doen.  Maar dan is ek baie dankbaar vir my gesondheid sodat ek sekere dinge nog kan doen.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 09:25:23 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 418
Joined: 28 Feb 2018

Always thought "you are as old as the woman you feel", looks like wrong again money-mouth

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 09:27:34 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Daar is forums wat lede se ouderdom aandui. Dan weet jy ten minste of dit 'n snuiter se opinie is en of dit 'n ou is wat al 'n pad gestap het. smile

Ek neem maar aan die meeste van ons het op twintig begin kamp, en dan tel ek maar sy kamp ondervinding daarby om sy ouderdom te raai. Ek raai dus ek is 75.

Ek beskou nie ondervinging wat jy op skool saam met jou ouers opgedoen het as ondervinding nie. Vir my begin ondervinding wanneer jy self die reelings tref, self die nodige voorsien en betaal waar van toepassing en self verantwoordelikheid neem. Solank as wat pappa voorsien is dit sy ondervinding om kinders groot te kry.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 09:44:04 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek se weer moet niemand onderskat. Gee elkeen sy geleendheid om kennis by te dra oud of jonk en keer foute deur diplomaties n regstelling te doen en oud en jonk laat groei.

Daarom is die forum so n lekker plek. Ou idees, jonk en vars idees, goeie idees, twak idees. Maar die keuse is ons sin of ons dit will gebruik of probeer.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 10:03:12 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Bak Oor, my ervaring is dat kennis, soos ek verstaan jy na verwys, iets heel anders is as ondervinding.

'n Jongeling kan die wereld se kennis in pag hê, maar sonder ondervinding is suksesvolle toepassing 'n uitdaging. Vra maar vir enige onderwyser wat nuut in 'n klaskamer ingeloop het.

Daar word mos gesê 'n ander omskrywing van die woord ondervinding is 'n verwysing na die foute wat jy gemaak het, en waaruit jy geleer het.

Ek doen gereeld nog weer ondervinding op wanneer ek gaan kamp. Deesdae wil dit vir my voorkom asof ek ondervinding opdoen wat ek al vantevore opgedoen het, want ek vergeet van goeters, en herhaal dan foute! smile

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 10:19:00 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Met ander woorde Pieter, die waarheid in die uitdrukking: "Wat ek al vergeet het, moet jy nog leer"- en ek ook weer.smilesurprised

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 11:41:51 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9551
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar is forums wat lede se ouderdom aandui. Dan weet jy ten minste of dit 'n snuiter se opinie is en of dit 'n ou is wat al 'n pad gestap het. smile

Ek neem maar aan die meeste van ons het op twintig begin kamp, en dan tel ek maar sy kamp ondervinding daarby om sy ouderdom te raai. Ek raai dus ek is 75.

Ek beskou nie ondervinging wat jy op skool saam met jou ouers opgedoen het as ondervinding nie. Vir my begin ondervinding wanneer jy self die reelings tref, self die nodige voorsien en betaal waar van toepassing en self verantwoordelikheid neem. Solank as wat pappa voorsien is dit sy ondervinding om kinders groot te kry.

Ek stem saam, nie soos party wat al 50jr kamp en dan is hulle maar 53jr oud...

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 13:11:48 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Chuck ek kyk na die inhoud van opinies dan judge ek maar self of dit iemand is wat ondervinding het of nie

nMan vra n vraag . as jy n karavaner is behoort dit algemene kennis te wees, maar soms smaak dit vir my hulle wil net gesels.Kyk op sy profiel Dan is dit ouens met jare ondervinding

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 14:46:25 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Yip, hulle se met grysheid kom die wysheid. maar ek wonder partykeer daaroor. Dit het my baie hard en lank laat dink toe ek ouderdom gesien het die laaste keer toe ons in die wildtuin was.

Het op twee ouer mense as ek afgekom by n watergat met n Toyota Prado waarvan die agterwiel pap was. Ek het gewonder of hulle weet en dit uitgewys. Hulle was onbewus, en die vrou het uitgeklim om te kyk want die man was te oud. 

Ek was verstom. Sy het vir my gevra of ek kan help want haar man sukkel om in en uit die voertuig te klim. Sy moet hom in en uit die voertuig help, maar hy dring daarop aan om te bestuur. 

Daar was net geen manier dat hy daardie groot swaar wiel sou kon omruil nie. En nog minder kans dat sy dit sou kon doen.  My kompressor uitgehaal, die wiel opgepomp, met haar klien bottel water die puncher gekry,  my puncher repair kit uitgehaal en die wiel reggemaak. 

Ek verstaan hulle (ingesluit ons almal) wil nog ons onafhanklikheid behou. Maar ek dink nie dit was wys van hulle om allen te reis nie.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 15:19:55 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die ironie is dat in baie gevalle, wanneer ons kan, kan ons dit nie bekostig nie, en wanneer ons dit kan bekostig, dan kan ons nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 20:54:47 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Wat ek tot dusver geleer het is dat ouderdom nie vir sussies is nie jy moet tuff wees om ouer te word. Dit is gevaarlik om in die oggend in paaimente op te staan (so stuk vir stuk). 😉

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 21:11:14 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat ek tot dusver geleer het is dat ouderdom nie vir sussies is nie jy moet tuff wees om ouer te word. Dit is gevaarlik om in die oggend in paaimente op te staan (so stuk vir stuk). 😉

Ja nee. Veral as die geheue jou begin in die steek laat.

Veral as jy nie meer kan onthou maak jy ten minste elke dag nuwe vriende en daar is nooit n tekort aan goeie movies op tv.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za