English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 573
Total Views: 82 435 509
topics: 4 416
replies: 29 727
views: 17 351 740
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 311
replies: 179
views: 14 892

Oubaai Parke vir Desember 2019

replies: 12
views: 201
16 Oct 2019 @ 15:30:42 pm
Joos Pretorius
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 141
Joined: 23 Aug 2013
Experience: 69 years

Ek ken die Wêreld van geen kant nie.

 

 

 

Watter Woonwaparke is daar in die omgewing?

My kleinseun speel in n golf kompitisie en ek oorweeg om in die omgewing te kamp, as dit bekostigbaar gaan wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 16:29:53 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

In watter land is dit......?

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 16:52:49 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar is n hele paar in die omgewing, by George, Herolds Baai, Grootbrak, Glentana, Dwarsweg Strand.  Kyk gerus op internet.  Hang net af hoe ver jy wil ry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 06:07:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Okay soos ek kan aflei uit Fred se antwoord is dit in die omgewing van George.

As jy die "resort" funksie op die web blad gebruik en jy soek volgens die area. Sal jy redelik baie oorde kry in daai omgewing.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 09:03:16 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

George-Mosselbaai is werklik die mekka van gholf in ons land.  Behalwe vir die bekende Fancourt, is daar verskeie ander puik bane en ook opleidingsgeriewe.  Ek is nie 'n gholfspeler nie, maar almal wat in die omgewing bly, is baie bewus van hierdie status van die Eden distrik. Verskei van ons jonger topspelers is ook kwekelinge van die gebied.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 09:52:25 am
Joos Pretorius
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 141
Joined: 23 Aug 2013
Experience: 69 years

Dankie vir terugvoer. 

Akkomodasie is egter onbekostigbaar gedurende Desember.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 09:58:13 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis 'n probleem sonder 'n oplossing.  Die omgewing is een van Suid-Afrika se gewildste vakansiebestemmings.  Kyk gerus ook na die verskillende oorde in die Mosselbaai-Hartenbos-omgewing.  Hulle is bietjie verder van Oubaai af, maar ek glo ook nie die kostes sal juis laer wees nie.  Miskien kan jy kyk na gastehuise.  Kampplekke word soms duurder as vasteverblyf, dalk kan jy iets bekostigbaar in die rigting kry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
17 Oct 2019 @ 10:55:45 am
Joos Pretorius
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 141
Joined: 23 Aug 2013
Experience: 69 years

Dis 'n probleem sonder 'n oplossing.  Die omgewing is een van Suid-Afrika se gewildste vakansiebestemmings.  Kyk gerus ook na die verskillende oorde in die Mosselbaai-Hartenbos-omgewing.  Hulle is bietjie verder van Oubaai af, maar ek glo ook nie die kostes sal juis laer wees nie.  Miskien kan jy kyk na gastehuise.  Kampplekke word soms duurder as vasteverblyf, dalk kan jy iets bekostigbaar in die rigting kry.

Dankie, het reeds daardie pad gevolg. Dit wat bekostigbaar is, is reeds bespreek. Sal maar die golf per whatsapp volg. Hoop hy doen goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 11:04:32 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek weet nie hoe ver jy bereid is om te ry nie, maar wat van Kleinplasie op Oudtshoorn?  Dis ongeveer 75 km vanaf Oubaai en ek kan nie dink dat dit ook oor Desember vol sal wees nie.  Hulle tariewe buite seisoen is redelik maar ek weet nie wat dit in Desember sal kos nie.

Dis 'n puik oord.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 11:28:29 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie vir terugvoer. 

Akkomodasie is egter onbekostigbaar gedurende Desember.

Sleep die karavaan af en bly in hom.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 13:41:27 pm
Joos Pretorius
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 141
Joined: 23 Aug 2013
Experience: 69 years

Sleep die karavaan af en bly in hom.

 

 

Teen R1300/dag vir kampeer is dit heelwat bo my vermoë!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 13:51:53 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Soek bietjie op Lekkeslaap of Air B&B vir vaste verblyf.  Jy kan dalk aangenaam verras wees.  Ons het al oornag by gastehuise en nog nooit naby R1300 betaal nie- eerder omtrent the helfte daarvan, maar dit was buite skoolvakansies.  As jy dit doen, gaan jy ook 'n klompie brandstof bespaar.  Ons het al van Pretoria af tot in die Suidkaap gery in een dag sonder die karavaan, so dis doenbaar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2019 @ 15:46:13 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 401
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Ek het 'n vakansiehuis in Danabaai, Mosselbaai wat ek uitverhuur. Desember vakansies is dit vol en moes ek alternatiewe verblyf kry as ek wil afgaan gedurende Desember. Glo my, ek het wyd navraag en navorsing gedoen en alles is onbekostigbaar oor Desember. Ek het egter een , plek ontdek wat die pryse ongelooflik bekostigbaar is. Daar is nie krag nie, maar wel ablusies met gas geysers . Kampplek, permanente karavane en tente cheap cheap. Gelee tussen George en Mosselbaai. Ek is so bietjie huiwerig om die plek bekend te maak, want as dit bekend raak, gaan die pryse ook opgaan. Maar nou ja, kampeerders is seker nie veronderstel om selfsugtig te wees nie. So, here goes. Google Bonniedale farm. Jy sal moet e-pos stuur, hulle het nie selfoon opvangs nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required