English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 443
Total Replies: 264 841
Total Views: 83 681 096
topics: 12 110
replies: 146 604
views: 39 574 670
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ou vraag - nuwe antwoord?

replies: 22
views: 510
09 Jan, 2022 @ 11:19:13 am
Wilweet
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jan, 2022

Ons gaan binnekort KNP toe en moet vanaf Pretoria na Orpen hek toe gaan. Kan iemand wat ONLANGS die roete gery het vir ons die beste roete aanbeveel asb? Dankie!

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 11:48:37 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 15 Dec, 2012
Experience: 9 years

Ek sou N1 na Tzaneen, Gravelotte, Mica, Hoedspruit na Orpen ry.  Die Lydenburg oor Orighstad roete is sleg en bykans onrybaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 12:11:11 pm
Willie54
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 241
Joined: 29 Dec, 2009
Experience: 46 years

Ek sou geen ander pad oorweeg as N1- Pietersburg ,Tzaneen,Gravelotte ,mica,Hoedspruit ,Orpen .Die pad oor Leydenburg sal ek gladnie oorweeg .

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 12:45:32 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Daar is die afgelope week op 'n vrou en haar kinders geskiet toe hulle Orpenhek uitgery het.  Een dogtertjie is gewond.  Ek sou dus sê moet eerder nie by Orpen ingaan nie.  Ry eerder oor Nelspruit en gaan by een van die suidelike hekke in.  Miskien is dit nou veilig maar ek sal nie my gesin se veiligheid in gevaar wil stel nie.  Die pad na Orpen van watter kant af, is myns insien ook nie veilig nie oor die baie roekelose motoriste.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 13:31:58 pm
Willie54
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 241
Joined: 29 Dec, 2009
Experience: 46 years

Dit is Numbi hek waar die vrou en haar kinders aangeval is  dit is baie vêr van Orpenhek .Numbi is Suidekant van Kruger ,Orpen is Noord naby Satara kamp .

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 14:23:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek sou geen ander pad oorweeg as N1- Pietersburg ,Tzaneen,Gravelotte ,mica,Hoedspruit ,Orpen .Die pad oor Leydenburg sal ek gladnie oorweeg .

Ook op aanbeveeling hierdie roete gevolg.....lekker gery. Gaan sommer 2 of 3 dae vroeer en gaan loer in by Swadini, dan kan jy lekker vroeg inry by Orpen op diè dag

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 14:53:31 pm
Wilweet
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jan, 2022

Dankie ouens! Mag julle kampeerplekke altyd netjies wees, die badkamergeriewe skoon, julle braaivleis nooit brand en die reën eers val as julle opgepak het vir die huistoegaan!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 15:28:48 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1638
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Ek sou geen ander pad oorweeg as N1- Pietersburg ,Tzaneen,Gravelotte ,mica,Hoedspruit ,Orpen .Die pad oor Leydenburg sal ek gladnie oorweeg .

Welkom Elmarie 

Ek ry ook graag die kant om

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 15:49:19 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1468
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Groot verskik tussen Numbi en Orpen. Fred het maar net die kat per ongeluk aan sy "aerial".

Die roete wat deur andere hierbo aanbeveel is, is sonder twyfel die beste - en veilig. Ek gebruik dit dikwels.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 16:38:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10876
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Ons gaan binnekort KNP toe en moet vanaf Pretoria na Orpen hek toe gaan. Kan iemand wat ONLANGS die roete gery het vir ons die beste roete aanbeveel asb? Dankie!

Welkom hier op die forum.

Wanneer gaan julle KNP toe, en by watter kampe gaan julle staan vir hoe lank.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 16:44:51 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ja, jammer, ek het die twee hekke verwar.  Die pad waarna ek verwys as onveilig vanweë die verkeer, is wel die een waarmee jy Orpen bereik, beide uit die noorde en uit die suide.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 19:22:07 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1468
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ek kan nie met Fred saamstem t.o.v. onveiligheid van die roete (soos aanbeveel deur 'n paar insette op hierdie gesprekslyn) na Orpen nie. Die N1 tot Polekwane is na my mening is na my mening geensins inveiliger as bv die N4 nie. En vanaf Polekwane is dit 'n "scenic" en veilige roete na Orpen via Tzaneen, Gravelotte, Mica en Hoedspruit na Orpen.

Dit is in teenstelling met die Numbi-pad - hetsy die meer direkte roete vanaf Witrivier of die pad vanaf Hazyview. Om Numbi-hek te gebruik is 'n baie groter risiko as enige ander Krugerwildtuin-hek.

Maar net my opinie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan, 2022 @ 20:43:06 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4601
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Die roete oor Nelspruit-Witrivier-Hazyview-Acornhoek-Orpen is ongeveer 60 km korter as oor Polokwane. (500km)

Albei bly 'n lang rit met die wa dus my voorstel is slaap oor by Numbi Hotel in Hazyview. Dan kan jy 'n rustige rit deur KNP ry vanaf Phabeni Hek.

Net noem die pad vanaf Hazyview na Acornhoek is nie so onveilig soos sommiges beweer nie. Kennisse ry dit elke dag werk toe en terug.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan, 2022 @ 05:16:19 am
Willie54
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 241
Joined: 29 Dec, 2009
Experience: 46 years

Die pad vanaf Hazeview na Arcorn hoek sal ek nie ry ,wanneer ek Karavaan sleep .Die mense daar se bestuur vermoe is baie swak ,en n mens ry baie onrustig. Daar by die Mall in Arcorn hoek is hobbels gebou in die pad wat ongelooflik hoog is, die gewone pad karavane skuur as mens oorgaan, soveel so dat al is jou jockey wiel opgetel ,buig sommige van hulle nog .Ek het al baie karavane gesien wat in Swadini aankom wat skade daar gekry het .Ek persoonlik verkies nogsteeds N1 oor Pietersburg al is hy verder ek sleep  baie rustiger op daai pad .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan, 2022 @ 21:58:52 pm
Wilweet
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jan, 2022

Weereens baie dankie aan almal se antwoorde en lyk my almal stem so min of meer saam. Ek het vreeslik gegoogle maar meeste antwoorde was stokoud en ons  weet mos hoe paaie agteruitgaan. Nou moet ek bieg - ons is (nog) nie kampeerders nie! Maar toe ek op hierdie webwerf afkom het ek gedink kyk, die ouens het meestal lae profiel karavane en ek glo hulle,of van hullle, ry gereeld KNP toe, so hulle behoort te weet wat die beste pad is. En ek was toe reg. Almal het vinnig geantwoord en dit het ons baie gehelp hoor. As kind het ons drie weke elke jaar met die karavaan gaan kampeer, maar ek het nie baie goeie herinneringe daarvan nie, so ek het voor ons troue nog vir my man gesê geen gekampeerdery nie! Maar ek moet sê die feit dat  jou wa feitlik altyd gelaai en reg is met meeste goed en jy nie heeltyd goed op en af te pak by verblyf nie, laat mens nogals anders dink. Op hierdie stadium dink mens nog oor dit. Ek moet nog daagliks vreeslik baie water drink (pas in remissie na erge geveg met kanker en weens 'n erge chemolek in my hand moet ek nog maar baie water inkry) en dus moet ek gereeld badkamers toe. As ek nou dink ek moet kort-kort in die donker met 'n flitslig rondkarring sit dit my nog eers baie af. Maar ja, ons dink daaroor verseker en sal sien wat die toekoms oplewer. Dus, geniet julle almal jul kampeerdery en dalk eendag is ek deel van julle ouens! Groete 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan, 2022 @ 07:39:37 am

Sterkte met herstel. Miskien n Porta Potti oorweeg?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan, 2022 @ 09:36:26 am
Wilweet
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jan, 2022

Relaxed Camper - hahaha nee genade!! Soek nie so storie nie. Maar dankie vir voorstel. Goedgaan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan, 2022 @ 11:02:00 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4601
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Elmarie. Klink vir my jy soek eintlik die roete met die meeste "pit stops".

Sterkte met die herstel en geniet KNP. Gaan julle net by Orpen bly?

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan, 2022 @ 13:23:09 pm
Wilweet
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jan, 2022

HM,

Nee ek het nogals geleer om te knyp haha! Dis net in die nag wat mens nou mos wil slaap DAN sal dit pla. Ons gaan die keer Talamati boskamp probeer en dan Satara. Orpen lyk die beste of dan naaste hek vir ons. Ons was Okt in Shimuwini boskamp en het dit vreeslik geniet, stil, klein boskamp en reg op die rivier mens hoef ampers nie te ry, die wild kom suip reg voor jou. Was toe by Mopani ook, gelukkig heerlike huisie gekry wat oor die dam kyk. Ons gaan seker vreeslik warm kry nou, maar nou-ja die oues van dae kry mos afslag buite seisoen so as dit pap reën moet mens skep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 07:44:52 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5060
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

Geniet oom Paul se tuin Elmarie

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 09:41:11 am
Wilweet
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jan, 2022

Bos toe, Ek gaan verseker geniet, ek tel die slapies! Ek raak al meer lus vir kamp as ek die lekker kommentare op my simpele vragie kry. Klink mos maar of die kampeerders mense met siel en hart is! Ons dink sterk daaroor. Groetnis en lekker kamp almal!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 11:18:12 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek weet jy het nie nou 'n porta pottie nodig nie, maar moet dit nie afskryf as jule so ver kom om karavaan te sleep nie.  Dis amper deesdae standaartoerusting vir kampeerders en daar is belis geen stigma aan nie.  Geniet julle vakansie!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan, 2022 @ 15:26:55 pm
Wilweet
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jan, 2022

Sal in gedagte hou Fred en dankie weereens!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za