So deur die jare het my ou staadmakker slaapsak verniel geraak en het onlangs weer twee slaapsakke gekoop vir my en Berdien soos ek altyd se money well spend ek gebruik tot vandag toe slaapsak hy hou jou tog altyd of meeste vannie tyd droog en warm wie gebruik nog n slaapsak by huis of as jy / julle kamp
Ons het slaapsakke gekoop toe ons seun op skoolkampe gegaan het. Tydens ons eie kampeer wegbreke neem ons dit nooit saam nie...dis maar duvets en komberse
Neewat, n slaapsak is baie ongerieflik. Ons het dit jare gelede op n toer met n tentjie in Engeland gebruik en dit heeltemal onaanvaarbaar gevind. As jy dit individueel gebruik, perk dit jou te veel in en as jy die twee aanmekaar vasrits, is dit steeds ongerieflik. As dit nie anders kan nie, is dit darem funksioneel, maar as ek/ons n keuse het, beslis nie.
Ons gebruik ons slaapsakke hoofssaklik wanneer ons vir 'n dag of twee kamp en wil so min moontlik saamneem. Nog die army een wat amper soos 'n bodybag lyk met 'n kappie om die kop warm te hou. Rol klein op.
So ja, die slaapsakke is staatmakers.
Het n lekker een wat -10 grade kan hanteer.
Het laas in my army veld opleiding in een geslaap.
Vandag soek ek dit gerieflik met n warm lyf langs my onder n vere duvet.
Ook altyd slaapsakke gebruik - het nou nog twee - maar daardie benaming wat Onderkorporaal Potgieter in die Weermag gebruik het daarvoor, sal vir altyd by my bly ....
Hy het altyd daarna verwys as ons "p!svelle"
Het nog twee van hulle. Hulle werk reg vir my as jy op n stretcher slaap. As jy eers in is en jy moet omdraai is die trick om die slaapsak saam met jou te laat draai. Dan werk hy goed.
Hallou Nico,
Daai Tweestreep Psigopaat Potgieter het "êrens die klok hoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie"
Daai velle waarvan die Makker gepraat het was nie 'n slaapsak nie.
In die 70's was jy uitgereik met 'n slaapsak EN 'n P..vel. Dit was 'n dun materiaal "inner" van 'n gryserige materiaal wat jy na veldoefeninge kon ingee saam met beddegoed (lakens en kussingsloop) om gewas te word.
Dit het die slaapsak skoon gehou van die veldopleiding se vuilis en die gepaardgaande reuke.
Daar is baie sulke voorbeelde waar die oorspronklike betekenis van 'n woord met die jare verdraai of heeltemaal verkeerdelik gebruik was.
Willie baklei nie - maar in 42 jaar se voltydse diens vir SAW en seuns tel mens maar sulke dingetjies op.
André, dankie dat jy dié sakie kon oplos .... dit was altyd 'n vreemde benaming vir my en kon dit nooit bybring nie. So leer 'n mens of hoe?
Dit was ook nie 'n twee streper nie, maar 'n een streep klein sn@tkop so om en by my ouderdom sy wat rang baie rondgegooi het ...... eintlik 'n heel onsmaaklike mnannetjie!
Dankie weereens! Ek sal nou beslis my slaapsakke met meer deernis hanteer!😀