English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 486
Total Replies: 234 645
Total Views: 82 534 440
topics: 10 935
replies: 127 665
views: 38 955 002
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ou Mini

replies: 21
views: 478
26 Apr 2018 @ 08:10:42 am
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 64 years
Ek is besig om 'n draad te volg oor die verlede en ek wil dit nie kaap nie so ek begin 'n nuwe.
Ek het in die sestiger jare 'n Mini gehad. In daardie jare het dit nog baie in die Kaap gereen.
Die Mini se distributor het voor die engin gesit en wanneer 'n mens in die reen ry dan met die water wat die motor voor jou opskop het die distributor nat geword en my Mini het gaan staan in die middel van die verkeer. Ek het met 'n blikkie Q20 altyd saam gery.
Ek het later ondek dat as ek 'n skottergoed opwas handskoen gebruik en die vonkprop drade en die coil draad deur die vingers en duim trek en die hand gedeelte oor die distributor trek dan het ek geen meer probleme gehad. Dit was tot die handskoen verweer het van die hitte en engin olie. Maar dan het die oorblywende handskoen ingetree.

Wie van julle het ook 'n mini gehad en wat was julle oplossing.
Terloops ek het altyd 'n geel handskoen gebruik en ek kon my Mini van ver herken met die geel kol wat ek deur die grill kon sien. En my Mini was so 'n British Racing Green van kleur. My Mini was 'n stasiewa. In die Drive-in het ons die agterste sitplek plat geslaan en ons twee kleintjies het op hulle kniee na die fliek gekyk en wanneer hulle vaak word het hulle afgesak en elkeen met sy kombersie en kussing aan die slaap geraak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2018 @ 08:31:39 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6428
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek het ook n paar gery die laaste een was n Mini Markos lekker kare gewees op sy tyd daar is n plek n Johannesbutg wat hulle restore daar is pragtige minies daar

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2018 @ 11:23:03 am
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Kan nie daardie jare se voertuie, wat brandstof gebruik betref, met die nuwe tegnologie vergelyk nie.

Ek het 'n 1954 Morris Minor gehad, model net voor die Morris 1000 met dieselfde vorm maar dubbel venster voor.  Het die dubbel SU vergassers van die Austin Healey Sprite op die Morris oorgeplant. HY WAS BESLIS NIE VINNIGER AS VOORHEEN NIE.

Het so teen 1963 die karretjie vol brandstof gemaak by Bapsfontein en heen en terug gery tot duskant Zonderwater-gevangenis en die karretjie weer vol brandstof gemaak by presies dieselfde pomp op Bapsfontein.

Afstand afgele was net, net duskant 60 myl en brandstof ingeneem EEN GALLON.

Klink ongelooflik.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2018 @ 13:04:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14776
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het die een vir R500 gekoop.  Mini Mk2 met 900cc masjien. Was 'n groot blok masjien en is later deur Mini Workshop in Benoni omgebou na 'n 1300. Baie lekker gery. En ja ek weet van die water in die vonkverdeler.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2018 @ 13:55:57 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3726
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

My heel eerste kar was 'n Mini Cooper S. Racing green met 'n wit dak. Engin so bietjie getweak. Was 'n 1275cc, twin 1.5 duim SU Carbs met flat top mahle racing pistons. Twee probleme met haar gehad. Het oorverhit as ek te lank hard ry, en die timing chain cover het olie gelek. Kon daai lek nie wen nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2018 @ 14:19:22 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
Og, as ek maar net kon saampraat.
Was nog op skool in die Mini era, maar die 1275 Cooper S was my droomkar.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2018 @ 14:45:08 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Een gekoop in 1995. 1275E. Pragtige kar gewees. Spiet Wit met rooi strepie langs die kant. "Sunroof" Mooi wit wieletjies (soos karavaan mags)

2e grootste gemors wat ek ooit in my lewe gekoop het. Nooit Weer Nie!

Al wat goed gewerk het op die kar was die "sunroof". Hy kon Oop.....Hy kon Toemaak.....en hy het nie gelek nie!

Stiefpa het in die 70's n 1000cc Panelvan gehad. (in Oos Londen) Dit was die slaghuis se aflewerings wa. DIT was nou pret. Ek was 11 jaar oud toe ek hom die eerste keer gesteel het. Ek het oos Londen plat gery met daai Mini. Daar was net een lekkerder aflewerings voertuig wat hy gehad en dit was n 1600cc VW Kombi Panelvan. Daai modelle wat uit rat uit gespring het nes jy wou weg trek! Lekker man Lekker. Ek sal enige tyd nou so een waardeer..............met ys ja....met ys!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2018 @ 19:25:56 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4433
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years
Wel ek kan nie spog oor my 1e wiele wat ek alleen mee kon rondry. Dit was i Mini paneelwa wat goed gery was en eers i SD polisie voertuig wat my pa op i vendusie gekoop het. Warm geword. Daai toe battery terminale het nooit wou kontak maak nie en baie moes stoot op die grond plaaspaaie.
Hulle was oulike en pret om te ry maar ek sou dit nie koop vir i ordentlike ryding nie. Baie beter keuses in die middel van 1970's
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2018 @ 20:42:49 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1934
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
My oorlede Pa het hier in vroee 70 stes n Mini bakkie gehad as n 2de voertuig. Hy het daarmee werk toe en terug gery. Die probleme was maar eindeloos en die olielekke meer as die branstofverbruik. Nietemin sou ek hom graag vandag wou gehad het om net "mooi" te maak. Ek kan nie meer onthou wat van hom geword het nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2018 @ 21:13:26 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
My oorlede Pa het hier in vroee 70 stes n Mini bakkie gehad as n 2de voertuig. Hy het daarmee werk toe en terug gery. Die probleme was maar eindeloos en die olielekke meer as die branstofverbruik. Nietemin sou ek hom graag vandag wou gehad het om net "mooi" te maak. Ek kan nie meer onthou wat van hom geword het nie.


Piet
Is jy seker dit was nie 'n Land Rover nie?

(Sê ek wie niks anders as Land Rover ry die afgelope 21 jaar)
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2018 @ 21:19:29 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3726
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Behalwe Rolls watter Britse voertuig of motorfiets het nie olie gelek nie.laughing

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2018 @ 23:08:04 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4433
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Behalwe Rolls watter Britse voertuig of motorfiets het nie olie gelek nie.laughing

 


Dalk die LR Freelander met sy BMW enjin. Dalk okk jammer dit waa net vir i paar jaar in gebruik. Ja daar was ook erger probleme as olie lekke in die spesifieke model betrokke.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2018 @ 14:18:40 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
2 Mini's gehad, maar was speelgoed.
Stasiewaentjie, was 850 toe 1000cc enjin ingesit, met 2 vergassers, en banana branches. Lekker gewikkel.
Daarna n 1275 gts, gele met swart streep oor bonnet, 12" wiele. Lekker warm cam, head gepolish,etc. Daai een het vreeslik gewikkel.
Waneer ek aan die enjins karring, het ek die voorste sub assembly losgemaak en die karretjie bo-oor getel.
Was regtig lekker karretjies. Onthou nog goed dat jy moet mooi kyk as n baksteen in die pad le. Op sy kant moet jy om dit ry.
Skuus vir die engels gegeurde terme hierbo, die afrikaans ontbreek my woordeskat.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2018 @ 21:08:22 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3726
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Terwyl ons verlede jaar by Drakensville gekamp het was daar 'n Classic Motorcycle Rally wat vandaar plaasgevind het. 

Die deelnemer het eerste weggespring maar terwyl hy wag om te begin kyk na die olie wat gelek het. Brits op sy beste!laughing

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2018 @ 21:24:45 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3726
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Skuus vir die kaping Jan.

Het 'n klompie fotos van die deelnemers se motorfietse geneem. As julle belangstel sal ek die fotos laai op 'n nuwe draad.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2018 @ 23:04:33 pm
PietRiana
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 148
Joined: 23 Oct 2015
Experience: 5 years
Het ook n mini in die sewentigs gehad. Net vreeslik gesukkel met die brieke. Dit was n donker bloue gewees. Hom geruil vir n BMW 30 L. Die ou was in die knyp.Moes n paar rand inbetaal maar was baie min. Baie lekker voertuig gewees. ek praat van die BMW.
Mooi loop by die lelike plekke
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2018 @ 17:46:09 pm
Mastulela
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 03 Dec 2017
Experience: 47 years

Mensig was dit nie lekker ou dae nie. My Cooper S se enjin was later uit geboor na 1293cc. Met sy "full race 649 cam"het sy geluier soos n Harley, maar op so 6000rpm gespin soos n kat! Sondae aande, na kerk, by Rays padkafee in Vermeulen straat Pretoria was die straat jaag kompetisie. Renault Gordinies en Cortina GTs was destyds die karre om te klop, my ou Cooper Sie was dikwils aan die wenkant. Ja dis nou 60 jaar gelede maar nog vars in die gehue.

Soli Deo Gloria . (Aan God al die eer)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2018 @ 18:45:51 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4433
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hennie dit was darem maar 'n lekker tydverdryf op Sondae aande en sommer ook te kyk na al die warm goed wat selfs v d Oos-Rand gekom het vir so paar "dices" tot die verkeers ouens onder Muniatoria opdaag. Lekker tye toe ons nog vrugte ook mag gesteel het sonder om toegesluit te word coolcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2018 @ 20:57:00 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Laat ek nou my "common" dae ontbloot.
1975 in Witbank, Rendezvous roadhouse. Die plek na die drive in vir n milkshake.
Vinnige girls en warm karre.
Mazda Rx2, Fairmont GT, Chev Comarro SS. Alfa Guilietta 2000 Bmw 3,0S
Mini manne het nie gescore nie, te beknop.






👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2018 @ 21:56:24 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3726
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Laat ek nou my "common" dae ontbloot.
1975 in Witbank, Rendezvous roadhouse. Die plek na die drive in vir n milkshake.
Vinnige girls en warm karre.
Mazda Rx2, Fairmont GT, Chev Comarro SS. Alfa Guilietta 2000 Bmw 3,0S
Mini manne het nie gescore nie, te beknop.






Daarvan kan ek getuig. My Pa se 1200 cc Beetle was 'n beter opsie in daai opsig.laughing

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2018 @ 00:12:18 am
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 64 years
Ja ek stem saam my 1963 Beetle het sy doel gedien.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2018 @ 18:02:00 pm
George
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 262
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years
my 58 morris minor 4 door with the full windscreen was my pride and joy then, had the same mini motor, just was not transverse, paid R400.00 bucks for it back then.
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required