English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 709
Total Replies: 268 668
Total Views: 83 819 642
topics: 12 259
replies: 148 831
views: 39 646 851
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ou Karavane, 1960s of so

replies: 18
views: 382
23 Apr, 2022 @ 16:05:18 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Kamp iemand nog in regtig ou karavane, soos bv Wanderer, Martin, of daardie ou skilpadrug Gypseys?  Ek het vreeslik baie sentimente oor daai ou goete.  Hulle was stewig gebou en het lekker gekamp.  My ou 15' Gypsey was blink maar die dak en onderkant was geel of dalk seegroen. Ek het dit in 1985 al verkoop en was baie spyt daarna.  

 

Daardie ou goed het grandpa air kafgedraf en hulle groot 15" wiele het nie in elke gat getrap nie.  Niks het ooit uitmekaar geskud nie.  Ek onthou nog die grondpad Struisbaai toe, of Pearly Beach, of Witsand en Infanta.   

Ek het jare laas so-iets gesien en was verbaas toe ek 'n nuwe Fendt raakloop. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr, 2022 @ 17:10:21 pm
Bosuil
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 01 Oct, 2016
Experience: 38 years

Hierdie was so maand gelede by Eden Woonwaens in George te koop.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr, 2022 @ 18:35:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Hierdie was so maand gelede by Eden Woonwaens in George te koop.

Sjoe....besonders

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr, 2022 @ 15:32:00 pm
JohanMarais
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 702
Joined: 04 Mar, 2014
Experience: 33 years

As ek reg onthou was die agterruit lewenslank teen haelskade gewaarborg, of was dit die Ford Anglia?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr, 2022 @ 21:00:04 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11138
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Mooi wa.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr, 2022 @ 18:43:55 pm
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 425
Joined: 15 Aug, 2011
Experience: 44 years

Was die Anglia gewees, ruit was so skuins, hy't amper nie nat geraak as dit reen nie....

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr, 2022 @ 08:40:04 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4663
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Die skuinsruit het ook nie regtig enige waarborge gehad nie, dis was sommer 'n bietjie humor.  Daar is gesê 'n voëljie kan nie op die ruit mis nie.  Ford het ook daarna 'n effens groter motor, ongeveer in die Cortina klas, uitgebring(maar vroeër as die Cortina) met 'n skuins agterruit.  Dit is genoem die Ford Consul Classic.  Die was egter ekonomies onsuksesvol, produksie is vroeg gestaak  en hulle het toe inderhaas 'n Ford Corsair ontwikkel om die gaping te vul, wat 'n reuse finansiële sukses was.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr, 2022 @ 09:21:57 am
JohanMarais
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 702
Joined: 04 Mar, 2014
Experience: 33 years

Inderdaad’n bietjie humor!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr, 2022 @ 18:06:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Hierdie was so maand gelede by Eden Woonwaens in George te koop.

Weet jy wat die prys is/was?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr, 2022 @ 21:04:12 pm
Bosuil
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 01 Oct, 2016
Experience: 38 years

Weet jy wat die prys is/was?

Ongelukkig nie, maar ek kan vir jou gaan kyk of hy nog daar is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr, 2022 @ 16:53:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ongelukkig nie, maar ek kan vir jou gaan kyk of hy nog daar is.

Baie dankie Henk vir jou aanbod....waardeer. Ek sal hulle sommer kontak en hoor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr, 2022 @ 17:47:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16778
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Hierdie was so maand gelede by Eden Woonwaens in George te koop.

Hierdie is n Gazelle karavaan. Kan iemand my se of hy nog daar is

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr, 2022 @ 08:15:36 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4663
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Gazelle is destyds vervaardig deur die Kerkhoffs wat nou Skippers bou.  Die maatskappy is deur Jurgens gekoop en gesluit, waarskynlik omdat dit vir hulle 'n bedreiging was. Daardie mense gaan vir kwaliteit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr, 2022 @ 08:54:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Baie dankie Henk vir jou aanbod....waardeer. Ek sal hulle sommer kontak en hoor

Hierdie is n Gazelle karavaan. Kan iemand my se of hy nog daar is

Ek het nou gebel. Die karavaan is reeds verkoop vir R45k

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr, 2022 @ 09:54:44 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4663
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dis 'n hoë prys vir so 'n ou wa!  Maar kwaliteit tel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr, 2022 @ 13:26:17 pm
Bosuil
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 01 Oct, 2016
Experience: 38 years

Hy het vinniger gegaan as meeste nuwer waens by hulle.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr, 2022 @ 14:40:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

R45k klink vir my goeie prys as hy so mooi binne lyk as wat hy buite lyk...lyk lekker ruim ook.....pragtige wa. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr, 2022 @ 17:03:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16778
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Van die eerste karavane wat water krane binne gehad het.

Ek was op laerskool in std 2 toe het ons gesin in so Gazelle op Umhlanga Rocks karavaanpark gekamp

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr, 2022 @ 18:37:05 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 6012
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 35 years

My 3B is nou nie so oud nie maar nog steeds 'n lekker kamp wa.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required