English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 602
Total Replies: 253 742
Total Views: 83 280 084
topics: 11 618
replies: 139 812
views: 39 359 735
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Oranje stroke

replies: 5
views: 3064
29 Jul 2004
Anonymous
Die ouer karavane het dun (plastiek?)oranje afwerkingstroke (strips) aan die kante en voor en agter gehad. Son en weer laat dit baie sleg bleik en ek wil myne weer blink kry sonder om dit te verf. Is daar 'n makliker manier as om dit fisies met ligte skuurpapier af te skuur? Verfverwyderaar help niks!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2004
Anonymous
Hi Pedro,
Hou net in gedagte dat jy op 'n staduim die nuwe glimstroke aan jou karavaan moet bring. Dit is nou wet dat alle nuwe karavane nou die nuwe glimstroke moet aanh en alle karavane wat voor 1 Julie 2004 gerigistreer was het nog tyd tot die 1st Januarie 2006
Kyk op bladsy 5 van hierdie forum na ons debat oor glimstroke.
Lekker kamp en mooi bly
Groete
Chris van Niekerk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2004
Anonymous
ek was ook bekommerd oor hoe die van sal lyk met die stroke en het myne reeds opgesit en moet se dit steek nie regtig af nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2004
Piet
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 412
Joined: 01 Jan 2007
Manne, ek dink Pedro praat van die stroke wat die skroewe verberg op die afwerking van die karavaan en nie glimstroke nie. Die ouer karavane het 'n rubber strook wat in die aluminium "extrusion" inpas. Pedro, ek het die plaaslike Jurgens agent geskakel en hulle beweer dat jy dit nie meer nuut kan kry nie. Ek sal egter graag ook wil uitvind of dit nie elders te kry is nie. Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2004
Johan
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 270
Joined: 18 Apr 2007
Ek dink nie jy sal die stroke kan vervang met iets wat soos die oorspronklike lyk nie. As ek reg onthou, was dit plastiek, wat deur die son verweer word en amper verkrummel. Wat van nuwe plastiekstroke, al is dit dan swart? Die enigste ander alternatief is om die bestaande stroke te laat spuitverf, dit het in die ou dae gewerk met vinieldakke van motors.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2004
AWOD
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 13 Sep 2004
NET SO TERLOOPS. HOE WAS DIE WET GEKOMMUNUKEER EN BEKEND GEMAAK AAN HUIDIGE EN VOORNEMENDE SLEEPERS. EK DINK DIE EERSTE WAT EK OOT GEHOOR HET VAN DIE GLIM STREEP STORIE WAS OP DIE FORUM. WAAR KOM DIT VANDAAN EN WANNEER WAS DIT INGESTEL? AWOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za