English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 402
Total Replies: 232 449
Total Views: 82 431 149
topics: 408
replies: 3 969
views: 1 475 606
Talk about the current road conditions throughout the country

Orania

replies: 32
views: 18939
18 Jan 2015 @ 18:47:21 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Dagse,

Ons al op die kort lyste, volgende maandag vat ons die pad Noorde toe. Al die besprekings vanaf Pretoria deur die Kruger park is al gedoen.
Ons gaan op die N 12 links draai by Drie Susters en dit volg tot in die hart van Afrika, Gauteng. Vonnie se vandag sy voel so bietjie onseker, ek hou maar my 'poze', maar sy ken my beter as ekself en weet my broek bewe.

Gou die een vertel. So klompie jare gelede, was ons op n lekker lang trip, kom van daar bo af uit Zimbabwe. So besluit ons dat dit redelik gemeen sal wees as ons nie by haar suster n draai gaan maak nie, want sy bly in DIE stad. Kyk Von is n uitstekende navigator, en kan n padkaart lees soos min, die GPS antie maak haar tale praat want hulle stem nie saam nie.

So neuk ek voort op die GPS antie se stem, en voor ek myself kan glo, sit ek in die ou strate van Johannesburg, was dit Comissioner straat of so iets, daar waar rygoed by jou weg geneem word sonder protes was ons al vertel. Die verkeer is vrek dik, ek se vir Von, nou is ons in die k@k, vat my hier uit. So lees ek die name van die strate wat ons kruis, sy sit met die kaart van die stad by haar. Draai links, en ek draai links, n helse smal paadjie tussen n klomp hoŽ geboue wat maar bouvallig lyk, draai regs, en ek draai. Draai links en ek draai, en daar is ons op n snelweg, maar kyk weer Noord. So halfuur later het ons die pad Suide toe gevind.

Waar was ek nou eintlik ? Was iemand onlangs in Orania, daar is glo lekker staanplekke en glo heel veilig.

Groetnis,

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2015 @ 18:55:52 pm
Slaay
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 20 years
Beter oppad Suide toe as in Jhb middestad.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2015 @ 19:20:16 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Herman water datums is julle in die Wiltiun, en water kampeLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2015 @ 19:41:21 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Was by orania verby ja...

Het die dorpie behoorlik deursoek..

Kom by die winkeltjie om te kyk wat hul het.. ek soek melktert en koue koeldrank..

nee meneer, die yskaste werk nie.. nou hoe nou? Kan nie koue koeldrank of melktert koop nie. Nou wie maak jul yskaste reg? Weet nie meneer, moet iemand van ander dorp inkry..ok...

Kyk, dis warm, die sjokolades smelt, kyk maar na ander goedte, dalk brood hierso koop en proe.. vat jul kaartmasjien? Nee meneer, net kontant.. ok.. het jul bankteller? Ja meneer, maar hy werk net maandae.. ok...? Nou wat nou? Waar is die jaravaanpark en die skool waaroor gespog word, meneer, ry so en so.. ok..

 

Karavaanpark aangekom, daar speel so paar seuns by die rivier.. verder niks aangegaan nie, dis warm, dis droog, ongemaklike stilte...

Die gras in die erwe het so hoog soos bosveld gestaan... 

Ons hetnie die orania gesien waaroor gespog was nie...? Miskien het ons die kaart verkeerd gelees.. miskien eendag sal ons hierdie orania vind met die broodbakkers, die lekker melkterte en so meer.. as julle dit kry, stuur vir my die koordinate as dit daar bestaan..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2015 @ 20:09:57 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

EXPO jy se daar gaan niks aan daar doer ver in Orania nie , mooi manLaughingUndecidedYell

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2015 @ 20:27:35 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Expo was jy regtig in Orania ?. Wel ek het 'n heel ander ervaring gehad gedurende November laas jaar. Het lekker gekamp by Die Oewer. Daar is pragtige hout-chalets by die park. Ons het naby die ablusieblok gestaan, op die groenste gras waaraan jy kan dink. Hulle het ons eendag op 'n toer deur die dorp en plase onder huulle beheer gevat en lekker onthaal. Orania het tans omtrent 8000 hektaar wat die dorp en plase insluit. Ek kon by die OTM in die kantoor geld getrek het. Nee, ek beplan om in Feb weer daar te gaan kamp. Vriendelike mense.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2015 @ 21:01:57 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Ek was al n paar male op Orania,het dit presies soos Willie ervaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2015 @ 21:17:02 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek se nie die mense was nie vriendelik nie.. soos ek se, ek wonder maar, want die kamp het nie gras gehad nie, of ekmaar by die regte plek was naby petrusville se rigting ens? Stuur maar vir my koordinate dan gaan kyk ek maar weer.. dalk verander my siening van wat was en wat nou is?

Het jul dalk fotos van die plek? 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 07:19:07 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Herman ek kan Oranje se Karavaan kamp ook tensterkte aanbeveel netjies skoon vriendelik m

ense en net witmense hulle maak tot self die ablusie skoon.

Oor die dorp self moet elkeen maar gaan kyk en self sy opienie lig wit mense wat probeer om n bestaan te maak . Soos die een boer waar ons gaan jag het se as hulle n swarte wil he om in die kombuis te werk dan moet jy hom skelm in jou kattebak laai en in voer

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 07:44:03 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Dan is ek op pad soontoe.

Ek verstaan daar is n paar intersante "boere patente" in gebruik, die is lekker om te beloer. Dit is nou maar een ding van ons volk, die vindingreikheid.

WJ ons is 20 Feb by Shingwedzi, dis seker die naaste aan "Pallas" soos ek sien julle dit noem.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 10:38:19 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Expo - ek sal kyk of my vrou nog foto's op haar rekenaar het. Maar kyk gerus na hul link:

http://www.aan-die-oewer.com

Onthou, die groot ding by Orania is om die Afrikanerarmoede aan te spreek. Weekliks kan daar mense aan wat niks meer het nie en ek weet van daardie ouens het verval agv van drankmisbruik. Maatskaplike werkers sien na hulle om en hulle word blyplek gegee om weer vir hulle menswaardigheid te gee. As jy na hul dagkliniek kyk lyk dit soos die staatshospitale gedurende die 80 'ger jare gelyk het.    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 10:52:15 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Toe ons daar was was die Spa in aanbou gewees, kyk self na die gras, miskien is daar ander nuwe staanplekke wat nog nie gras het nie.

Orania 01

Orania 02

Orania 03

Orania 04

Orania 05

Orania 06

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 11:23:10 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Willem dit lyk lekker daar, En Herdrik Letaba in die naaste kamp aan myLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 15:38:04 pm
Johnnie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 442
Joined: 30 Apr 2014
Experience: 51 years
Dankie WilSur vir die fotos. Ek het self 'n reeks hier op my album.

Ons was ook al 'n paar maal op Orania en kan net met lof praat. Die karavaanpark het glo 'n ruk terug 'n paar nuwe staanplekke bygekry. Ek sal graag weer self wil gaan kyk, nog nie daar gekamp nie maar wel in die chalets gebly en in 'n gastehuis op die hoewes waar daar so 200 pekaneutbome groei. Gebraai onder die skoon stil sterrehemel, wonderlik gewees, geen lokasierook, reuk, toeters, doef-doef musiek, geen personeelgeskreeu onder mekaar nie, ag net lekker!!

Die wat nog nie daar was nie en met 'n positiewe gesindheid (LW!)die plek wil besoek, gaan gerus!




BIG TIME!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 16:06:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8198
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Herman julle moet dit geniet. Veral deur Pretoria dis tog BLOU BUL gebied.
Veilig sleep.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 16:24:41 pm
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 39 years
Was nog nooit daar nie, maar na bogenoemde, sal ek moeite doen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 19:44:19 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Die Fotos mooi, het ook na die Website gaan kyk, dit is n pragtige plek, gaan so 2 dae daar staan. Die Spa lyk of dit aan die gang is, sal vir ouma bederf ietsie reel.

Nou moet ek net uitvind omtrent die toegang na Mokala, wil dit graag besoek.

Chuck, ek sal kontak hou hier soos ons toer, hopelik loop ons n paar kampvriende raak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 20:05:00 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Ja nee kyk, dit is ander prentjies as wat ek onthou en beleef het, daar is wraggies gras! Ok, ernstiger nou. Dankie vir die fotos.. herman, neem tog vir my ook fotos van die dorp ens as jy daar is asb? Ek sal vreeslik waardeer. Jammer as ek negatiewe gesindheid uitbeeld, maar my siening oor ons afrikaner volk is in sy mo.r in. Is regtig goed as daar iets positiefs begin gebeur.. want ek kon nie verstaa hoe mense na so Godsverlate plek wou gaan nie, maar dit blyk darem dat oord goed lyk, dankie. ek sal graag dorp ook wil sien.. ek sal dan weer daar verby gaan, en weer probeer.. dit lyk al defnitief beter!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2015 @ 21:59:13 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Expo, ek moet sê die dag toe ons op die toer deur die dorp en plase gevat is, het ek vir die toerleier gevra hoekom alles tog maar dood lyk. Hy sê toe dat hulle nie veel aan die Karoo atmosfeer wil verander nie. Hulle is tans besig om van die huise in die ou dorp (Waterwese dorp) te restoureer. Kyk gerus na die nuwe uitbreidings, langs die ingang is 'n pragtige kompleks gebou, nuwe meenthuis kompleks wat in aanbou is asook 2 aftree-oorde. Daardie pekaneutboorde lyk pragtig, daar is geen omheinings om die boorde nie. Ek geniet Orania baie en voel veilig daar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 05:50:45 am
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 39 years
Ek vermoed dit word maar koud daar? Dink ek gaan daar staan op pad terug van die wildtuin in Junie, want ek is klaar bespreek by Riviera in Bloem, met die gaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 06:51:17 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Ek sal fotos neem en mooi rondloer. Intersant die aftree oorde, sal daar ook gaan inloer.
Die oud word is nog n ding wat ek nie uitgesort het nie. Eendag sal so plek seker maar die voorland wees.
Vir nou hou ons eers verby en bly in die kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 07:15:44 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Herman, sonderjoubaard lyk jy nie so oud nie;) haha!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 08:09:19 am
WLR
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 29 Jan 2014
Experience: 41 years
Ons het dieselfde ervaring gehad. Dit was baie interesand om te sien hoe die mense van die dorp leef. Aan die oewer is regtig baie mooi en skoon net een probleem die speedhumps was baie hoog om by Aan die Oewer in te kom maak nie hoe skeef ons probeer oorgaan het nie daar was 'n paal in die pad. Ons het toe na die hoeveelste probeer slag oor hulle groen gras gery en die mense was glad nie beindruk met ons nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 08:52:12 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hier is nog so paar foto's.

  • Die Koeksisters was iets van die verlede.
  • Die skool was verlate, die pad was deel van die sports gronde.
  • Die Groot Koppe het verlate gestaan in die lang gras.
  • 'n Huis in aanbou met hooibale.
  • Klaar geboude huis.
  • Vuilis dromme is prakties.
  • Verwoerd se gedenk huis erf was nie juis skoon vir toeriste nie.
  • Binne was ek toegelaat om die een foto te neem, die flash verbleik die goed.
  • Die Bottelstoor.
  • Aan-die-Oewer, is die kamp plek, toe was hy klein maar pragtig.
  • Die "Booze-Cruise" by die revier.
  • Een van die Chalets
  • Boma
  • Spa in aanbou.
Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 16:48:59 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 31 years

Baie insiggewend. Het ook die webtuiste bekyk. Gaan hhom beslis op my lysie sit. Dankie julle.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 20:48:04 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Skies wilsur, wanneer was die fotos geneem?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 21:46:29 pm
Johnnie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 442
Joined: 30 Apr 2014
Experience: 51 years

Hou maar in aanmerking dat Orania se "tuine" die pragtige natuurlike plantegroei van die Noordkaap probeer weergee en ek dink ook dit is absoluut fantasties. Dit is 'n droeë landstreek, maar as dit reen is dit 'n ander storie. As ek daar sou gaan woon sou ek dit ook doen in my erf, met 'n klien bietjie onnatuurlike foefies hier en daar! LOL

Luv daai plek en sy omgewing!





BIG TIME!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2015 @ 22:24:34 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3692
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Het ook al daaraan gedink om al die uitheemse blomme, gras en struike te verwyder Johnnie. Dan net plante ens. te plant wat in ons area voorkom. 

Hier is 'n paar landgoed komplekse wat die plant van "uitheemse" plante verbied. So ook Marloth Park.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2015 @ 06:16:57 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4147
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Willem thanks for the photos, maybe on our next round of travels we will get there.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2015 @ 07:24:25 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Herman, geniet jul trip
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2015 @ 11:57:02 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Skies wilsur, wanneer was die fotos geneem?

Pieter

Die foto's was Feb. 2008 geneem.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 16:23:18 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Dankie, 7 jaar is al rukkie terug.. herman, jy gaan amptelik die scoop he op die een.. sal graag wil sien hoe dit nou lyk? Wat is die jans iemand op forum bly tans daar?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 22:45:50 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Expo, ons laai Sondag my brak af by ons dogter , gedink ons kan dalk woensdag ry. Ouma sÍ vir my die Jalapenůs moet gebottel word, anders kry ons niks !!
My baard is kort n netjies, die koffie vlekke het dit begin bederf, nou lyk ek amper soos Saun Connery in sy jong dae,so sout en peper. Glo nie julle sal my erken nie.
Sien uit na Orania sal als vertel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required