English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 602
Total Replies: 253 733
Total Views: 83 279 787
topics: 11 618
replies: 139 803
views: 39 359 569
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Opsoek na karavaan

replies: 18
views: 608
01 Jul 2020 @ 20:31:50 pm
Valor
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 19
Joined: 15 Mar 2019
Experience: 10 years

Goeie naand  Ons is opsoek na 'n karavaan in' nredelike goeie toestand.

Geen houtvrot

Gauteng Area.

Gvm om en by 800 kg

Prysklas tussen 25000 en 30000

 

Dankie Maarten 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 07:31:17 am
Swannie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 137
Joined: 12 Aug 2015
Experience: 20 years

Hi, ek dink julle gaan ver soek. karavane in n goeie toestand is duur, as hy goedkoop is is daar heel moontlik fout.

Spaar nog n bietjie en kyk dan vir een.

Groete.

Jesus first, then all other people Jesus love's !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 08:41:09 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9878
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Goedkoop Koop, is duur Koop.

Vir daai prysklas gaan jy nie eers een sonder wiele en met houtvrot kry nie.

Sterkte.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 11:09:52 am
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 25 May 2013

Ek voorsien dat karavaanpryse binnekort sal begin daal wanneer die ekonomiese  afskaling begin byt. Die eerste tekens is reeds daar. Van die vervaardigers rapporteer kwaai dalings in hul aanvraag en het reeds spesiale aanbiedings begin adverteer. Dit sal ook binnekort deurwerk na die tweedehandse mark.  Die koper hierbo moet  dalk nie moed opgee en 'n duur wa gaan koop nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 11:32:27 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Moenie moed verloor nie, die regte een sal kom.

Ek het so paar weke terug na een sou gaan kyk vir R20K (`n 95 model)

die middag toe ek daar opdaag na ons `n afspraak gemaak het, toe is die ding reeds die aand verkoop.

Die groot ding is maar net, as jy so bargain kry, gaan kyk dadelik en koop dadelik as die ding uit check.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 11:35:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17514
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Byt vas....die regte karavaan sal kom. Een van my vriende het laas jaar hier n 1984 Sprite Sport wat Leon verwys het gekoop.....absoluut in n puik kondisie......die eienaar is nou nog opgewonde oor sy kopie. So....bargains is daar.....jy moet maar net miskien bietjie geduldig wees. Soos die manne hierbo noem....kyk maar uit vir items soos houtvrot, dit kan jou baie kos as jy dit nie self kan regmaak nie. 

Intussen sal ek my oë en ore oophou en hier laat weet as ek van iets hoor

Sterkte met die soektog!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 14:08:23 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years
Ek sien so paar weke terug 'n advertensie vir 'n Jurgens Explorer 2000 model vir R70,000.  Teen die volgende oggend het ek toe besluit ek gaan kom koop dan het ek 'n off road karavaan ook, het alreeds 'n Classique.  Toe ek bel toe is hy klaar verkoop. 

So 2 weke terug sien ek 'n advertensie vir 'n 4.1 m Howling Moon Awning wat nog so te sê splinternuut is in Middelburg vir R2,500, die kantseile en voorseil was ingesluit en was nog nooit gebruik nie.  Bel dadelik, sê vir die eienaar ek wil hom hê.  Hy moet net die volgende dag fotos gaan neem by die handelaar waar sy karavaan staan wat hy besig is om te koop.  Die oggend 9 uur bel die dame my, sy is nou by die handelaar, sy het die vorige dag vir die handelaar gesê sy gaan hom verkoop, die handelaar het toe gesê hy stel nie belang nie maar as sy hom mooi laag prys sal sy hom gou verkoop kry.  Die handelaar het toe die vorige middag al iemand gekry wat hom gevat het vir R2,500.  :-(  Ek het toe maar 'n nuwe een gekry, R10,000.
So as jy 'n windskoop sien, moet jy vinnig speel.
Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 15:31:54 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Kyk op we buy cars se web blad. Daar is een vir 34000 en 35 000. Finansiering beskikbaar, so hulle behoort ok te wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 16:22:20 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 571
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Kyk ook by veilings

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 17:42:56 pm
JJS
Silver Member
51% Profile Strength
Posts: 51
Joined: 24 Dec 2019

I agree that Caravan sales are dropping tremendously so just take your time. Also try "Mpumalanga used caravans" situated in Middleburg on face book, I see many people are buying from them at reasonable prizes.

 

Regards,

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 18:21:35 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16179
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek voorsien dat karavaanpryse binnekort sal begin daal wanneer die ekonomiese  afskaling begin byt. Die eerste tekens is reeds daar. Van die vervaardigers rapporteer kwaai dalings in hul aanvraag en het reeds spesiale aanbiedings begin adverteer. Dit sal ook binnekort deurwerk na die tweedehandse mark.  Die koper hierbo moet  dalk nie moed opgee en 'n duur wa gaan koop nie.

Dit is waar.  Tyd sal leer.  

Maarten julle moet solank na die verskeie handelaars toe gaan en gaan kyk wat se karavaan pas beste by julle behoeftes.  Dalk is dit nodig om jou prys klas aan te pas.  Wat belangrik is dan, is die feit dat jy weet watter wa jy wil he.

Se dan vir ons en ons help jou soek na daai wa.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:43:49 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9878
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Net jammer jy Kan nie nou binne kyk en voel nie, met die virus moet jy buite besluit.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
04 Jul 2020 @ 14:52:22 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Jy kan ook by One Stop Caravan Cliniek (Alfred) kyk. Hy het een daar gehad wat in jou prys klas is toe ek daar was in Maart. Jy kan verseeker wees daar is niks fout met die woonwa nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 15:14:54 pm
Honeybunny
New Member
88% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 30 years

Ek het ‘n 1981 Sprite Swift, (BVM 740kg) in goeie toestand te koop vir R30000.

Die karavaan is toegerus met ‘n tent ,stoep tent en grondseil. Geen houtvrot.

Skakel 0646526868 indien jy belangstel.

Home is where I’m parked.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 17:22:02 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daardie is nog van die regtig stewige karavane en op die foto's lyk hy in 'n goeie toestand.  As Honeybunny (Len) se versekering reg is, is dit 'n wa wat ek sou koop. As ek reg onthou, het dit 'n dubbelbed, enkelbed en hangmat en weeg waarskynlik leeg netso oor die 600Kg.  Dit het 'n behoorlike stewige onderstel en veerstelsel.  Daardie modelle het nie 'n battery gedra nie, 'n 12V/gas-yskas maar dit sal maklik wees om verbeteringe aan te bring.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 17:38:07 pm
Honeybunny
New Member
88% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 30 years

Korrek Fred, leeg weeg die karavaan 580kg volgens die plaatjie.

Verder is daar 2 dubbel beddens (voor en agter) waarvan een natuurlik omskep kan word in ‘n eethoek plus die hangmat.

Home is where I’m parked.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 10:12:25 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Op die fotos lyk dit mooi. n' Collectors piece. Kyk ook gerus by Alfred soos bo genoem. Syne is ook in perfecte kondisie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 10:48:49 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het dis dus duidelik verkeerd gehad.  Dit klink of the uitleg ongeveer dieselfde is as wat ons 1984 SuperSport was.  Ek was onder die indruk die Swift was die model net kleiner as die Sport. Maar dis darem lank gelede dat ons hom gekoop het en my kennis, of soos ek dit onthou, kom maar van daardie tyd af.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 13:41:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17514
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za