English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 482
Total Replies: 234 541
Total Views: 82 528 605
topics: 10 933
replies: 127 599
views: 38 951 861
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Opgradeer buite lig

replies: 15
views: 414
26 Sep 2019 @ 23:15:15 pm
Malan
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 26 Apr 2007
Experience: 27 years

Ek wil graag die buitelig van my 2002 Sapphire opgradeer na die nuwe LED lig.  Weet iemand waar ek dit aansienlik goekoper kan kry as die R1500 wat die woonwa handelaars hier in Kaapstad vra?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 06:25:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Daniel die lig lyk wel beter aan die kant van jou karavaan maar hy is nie so effektief nie want meeste van die lig skyn hy soos 'n kol teen die tent se buite seil vas.

Ek het ondervind dat 'n 12V LED strip wat strek van die agter kant tot voorkant van die karavaan al langs die aliminium strook die beste lig verskaf.  Ek het my vorige Classique se lig ook so verander en die resultate was regtig baie goed.  As jy so iet so doen kies die white LED  strip want dit lyk baie netjies teen jou wit karavaan.  Warm white gee effense geel skynsel.

Die 12V LED strip is ook baie goedkoper as die lig wat jy oor navraag doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 07:54:16 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6428
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek sekondeer dit Malan

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 10:05:56 am
Malan
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 26 Apr 2007
Experience: 27 years

Leon, baie dankie vir terugvoer. Het jy miskien speks van die LED en raad oor hoe om dit vas te sit?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 10:22:41 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 701
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Wat van miskien die bestaande lig gebruik en `n led oorplant in dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 10:43:36 am
Malan
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 26 Apr 2007
Experience: 27 years

Hi Diddo

Ek het al die LED oorplanting gedoen maar die lig se lens het nou die gees gegee.

IPV nuwe lig te koop en oorplanting te doen oorweeg ek n opgegradeerde lig.

Ek oorweeg sterk om ligte in te voer. Sien hier wat is beskikbaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 10:56:23 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 884
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Wat van miskien die bestaande lig gebruik en `n led oorplant in dit.

Ek het dit sowat 3 jaar gelede gedoen. Dit werk uitstekend - amper te helder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 13:00:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek stem saam dat dit nie n baie effektiewe lig buite is nie. Ek het myne nou onlangs gesplit dat jy nou die blou en wit LED's apart kan gebruik met hulp van ander lede van die forum.....dis beter, maar nog nie effektief genoeg nie. As daai lig vol aan is verblind hy die persoon wat in daai rigting kyk. Ek moet ook maar altyd afkyk as ek na die deur loop anders verblind daai lig mens se sig. Ek hou hierdie draad dop....dalk kom daar nog nice idees tevoorskyn

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 13:09:44 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4157
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

When or if you put the LED strip light in also put a dimmer switch in as well.

 

Read this thread link

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 13:31:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

When or if you put the LED strip light in also put a dimmer switch in as well.

 

Read this thread link

Brian het n baie nice dimmer ....click op onderstaande link waar hy dit genoem het

 

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Buite-LED-lig-vervang-.htm?forumaction=1&loadcategory=4203&loadpost=2121&highlight=Buite#forums_lastPost

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 13:36:36 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Hallo Danie.  Ek wou twee jaar gelede my Exclusive (toe 12 jaar oud) se buitelig "oorplant" met 'n LED-strook.  Ongelukkig was die buite-dop so bros en het sommer uitmekaar gebars toe ek dit wou oopmaak.  Ek kon op 9 Oktober 2017 'n identiese lig, maar met LED daarbinne, by die plaaslike Tygerberg Karavane (voorheen 'n Campworld agentskap) koop teen R595.  Dit is 'n "genuine JurgensCi replacement part nr. 9241007.

Probeer gerus Leasureland in Bellville of Caracamp in Somerset-Wes, beide nog Campworld agente.

Die groot voordeel was dat die vervangende lig presies lyk en pas soos die ou lig en laat geen sigbare merke op die karavaanmuur nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 07:14:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die dimmer op die LED strip kan verseker 'n aanwins wees.  Ek gaan kyk of dit moontlik is op die bestaande strip wat op my wa is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2019 @ 22:52:01 pm
Malan
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 26 Apr 2007
Experience: 27 years

Ek het toe my baie handige seun ingespan om die ligte na LED te verander.

Die buitelig het n waterdigte skakelaar tussen Geel en wit, by die binnelig het ons die keuses van slegs "een of alby" ligte ingespan om te verander tussen geel en wit. Sal dit eersdaags uitoets wanneer ons kamp.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 06:37:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het toe my baie handige seun ingespan om die ligte na LED te verander.

Die buitelig het n waterdigte skakelaar tussen Geel en wit, by die binnelig het ons die keuses van slegs "een of alby" ligte ingespan om te verander tussen geel en wit. Sal dit eersdaags uitoets wanneer ons kamp.

 

Lyk baie nice gedoen. Die geel lig behoort te help teen goggas....goeie keuse

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 09:35:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit lyk regtig baie netjies.

Ek hou van die idee dat jy die wit of geel LED strips apart kan gebruik.

Ek het steeds so ou Jurgens lig wat ek net iewers die geel LED strips in die hande moet kry. het meer as genoeg van die helder wit oor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 09:28:38 am
Malan
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 26 Apr 2007
Experience: 27 years

Het RGB LED's gebruik. (Red, Green, Blue). Die skakelaar skakel dan die Blue af om Geel te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required