Dit bother my nou al lank-al dat my karavaan buite staan. Ek het nou al baie gedoen om hom teen die elemente te beskerm. Ek het eers n VOLLEDIGE doek oor hom gehad, al die pad van wiel tot wiel. Maar in die Kaap waai daai ding soos n reuse vlag. Toe het ek die silwer seil ding gedoen, ene gekoop en hom laat modify deur hom n ekstra binne-voering-laag te laat aansit. Maar helaas, alles brand stukkend en na een jaar lek daai ding soos n geheim in vroue-geselskap.
Nou is ek keelvol! Ek gaan n stink-slinternuwe waterdigte skadunet-dak oor hom laat oprig. Ek moes die plaveiding laat vergroot om seker te maak dat ek om die karavaan kan beweeg.
Hou hierdie spasie dop. Binnekort kan ek saam met julle finansieel-bevoorregtes in Gauteng gesels.
Jou gras is mooi groen
Dis maar die beste. Vir die van ons wat nie die opsie het om ons karavan binne n moterhuis te stoor is n afdak die volgende beste ding. Het op een van my off road sleepwaens gesien hoe vinnig die son, wind en reen n ding kan laat oud lyk en laat roes.
Ek sit met n moerse afdak sonder karavaan
Kom park hom hier
😄
Toemaar Leon ek ook.My Elegance laas week verkoop.
Netjies
Dansan,is dit net n oortreksel of heeltemal nuwe dak? Wie in die Kaap maak goeie oortreksel vir n karavaan? Ek het n Gypsey Romany. Dankie. Maurits