Ons beplan om in Satara te kamp en wil die vorige aand so naby prakties moontlik aan Satara oornag sodat ons nog redelik vroeg oggend by Satara kan aan kom om ‘n mooi staanplek te kan kry. Sover is Nelspruit my beste opsie. Ons ry uit Hilton in KZN so sal dit nie tot by Orpen hek kan maak nie.
Besoek Swadini vir n paar dae vooraf......lekker naby aan Orpen
BenMari oord in Witrivier probeer gerus
As jy van Natal kom sal ek nie Swadini gebruik .Die rede is dan moet jy deur Bosbok rant ry en jy weet nooit wanneer die pad oop is ,hulle is baie dae met protesaksies besig .Slaap dan liewer oor by Malelaan Golfklub ,en ry die volgende oggend vroeg as hek oopmaak by Malelaanhek in deur die Krugerwildtuin.By Malelaan Golf klub is n klompie staanplekke en ablusies is skoon en netjies .Ek sal net voorstel jy bel hulle by die Golfklub en bespreek die 1 nag .
Nog 'n opsie is Numbi Hotel Caravan Park in Hazyview. Lekker kampplek.
Jy is dan 10 km van Phabeni Hek en 140 km van Satara. Terloops, die afstand van Hazyview na Satara via Bosbokrand en Acornhoek is 160 km so dit maak sin om deur die wildtuin te ry.
Stem saam, Numbi baie goeie opsie.
Dankie almal 👍👍
If you want to sleep close to the Orpen Gate, then try Sleepover Orpen Gate. See ww.sleepover-za.com. 10km from Orpen gate, R600 per room for 2 people - book online.
Dit verskil van persoon tot persoon, maar na my mening is die gedeelte deur die wildtuin - hetsy vanaf Malelane- of Phabeni-hekke - té ver na Satara. In afstand gemeet klink dit nie ver nie. Maar teen wildtuinspoed gaan jy maar laterig in Satara aankom - ek is een van diegene wat so vroeg moontlik in my volgende kamp wil aankom ten einde 'n beter kans te staan vir 'n lekker staanplek (veral Satara).
Ben-Mari by Witrivier is nie 'n sleg voorstel nie. So ook Numbi Hotel. En dit is nie só ellendig om deur Bosbokrand en Acornhoek te ry nie. Persoonlik sou ek dit oorweeg om een aand in Maroela oor te bly ten einde die volgende oggend vroeg na Satara te vertrek.
Maar nou ja - elke ou soen sy vrou op sy manier.
Stem saam. Bly eerder oor op Orpen (Rondavels) Maroela (kamp) of Tamboti (tente). Dan kan die 90 km tussen Orpen en Satarra in 1,5 uur gedoen word (behalwe as jy natuurlik leeus en luipert en jagluipert ens. langs die pad kry).
Help ook nie altyd om te vroeg in Satara of ander kampe te kom nie. Ons was laasjaar 7am al in Satara...meeste slaap nog of is uit vir laaste wildstrip. Ons het toe langs ablusie opgeslaan. Later die oggend gaan daar toe 9 staanplekke oop teen grensdraad.....ons het toe 11am weer geskuif. 7am kon ons nog nie sien wie gaan oppak nie
07:00 is beslis te vroeg. Dan het die ouens wat moet oppak nog nie vertrek nie. Mik om tussen 09:00 en 11:00 by jou kamp kom. Of wag maar geduldig waar 'n ou besig is om op te pak.
Stem saam. Bly eerder oor op Orpen (Rondavels) Maroela (kamp) of Tamboti (tente). Dan kan die 90 km tussen Orpen en Satarra in 1,5 uur gedoen word (behalwe as jy natuurlik leeus en luipert en jagluipert ens. langs die pad kry).
Mens kan net sowel by Skukuza oornag. Dit is ook net oor die 90 km vandaar na Satara.
Nog 'n opsie.
Mens kan net sowel by Skukuza oornag. Dit is ook net oor die 90 km vandaar na Satara.
Nog 'n opsie.
Is waar. In so 'n geval bly ek eerder oor in Malelane-kamp - dan is jy reeds in die wildtuin - en ry die volgende dag rustig tot Skukuza waar jy nog 'n nag oorbly. M.a.w. jy't inderwaarheid twee (bykans) soortgelyke opsies.
Opsie 1: Slaap oor by Ben-Mari of Numbi en die volgende aand by Maroela. Dan het jy die volgende dag 'n baie gemaklike 48,2 km tot Satara. Dit beteken dat jy deur Bosbokrand en Acornhoek moet ry, maar daarmee het ek nog nooit 'n probleem ervaar nie. Jy't die wêreldse tyd om by Maroela te kom.
Opsie 2: Slaap oor in Malelane-kamp, 4,3 km vanaf Malelane-hek waar jy inboek. Die volgende dag 'n gemaklike skof tot by Skukuza (65,5 km). Vandaar is dit 94,9 km tot Satara.
Persoonlik sou ek gaan vir opsie 1.
Chris. Weet nie wanner laas jy die pad van Hazyview na Acornhoek gery het nie.
Behalwe vir die sporadiese blokkades agv protes optredes is die vragmotors van Phalaborwa na Mozambiek in volle swang. Van Bosbok tot Acornhoek is die kans goed jy gaan nie verby kom nie. En na jy verby is wag die volgende een vir jou. Glad nie aangenaam met 'n woonwa nie.
My gevoel se dat as ons albei dieselfde tyd by Hazyview wegspring en jy ry via Acornhoek en ek via Skukuza gaan ons gelyk by Satara aankom. My rit gaan minder stresvol wees.
Hendrick - waarskynlik is jy reg. Ek het nie baie onlangs die Bosbokrand/Acornhoek-pad gery nie - Oktober 2020 laas.
Ek het nie 'n probleem om vanaf 'n suidelike hek na Satara te reis nie. Maar in een trek? Nie vir my nie. Jou voorstel om in Skukuza oor te bly, maak sin. Maar synde Louvan oornagplek naby Nelspruit soek, sal daar waarskynlik nóg 'n nag voor Skukuza nodig wees.
As jy ń gooie staanplek will hê squat liewer vir een aand in die kamp en vind uit wie môre ry. Dan skuif jy na hulle staanplek.
Ons ry elke dag van 6-6....so wil van nou af maar die grensdraad staanplekke los vir die kampeerders wat verkies om meer tyd in die kamp deur te bring
As jy ń gooie staanplek will hê squat liewer vir een aand in die kamp en vind uit wie môre ry. Dan skuif jy na hulle staanplek.
Gaan liewerste een dag vroër en bly in 'n hut of kamp tydelik in die kamp self.
Dan kan jy die volgende dag rustig vir 'n kampplek soek.
Wat paaie betref , ek sal nie Hazyview/Bosbokrand ry nie - dit is vir my te gevaarlik.
Ek sal by Malelaan ingaan, al moet ek iewerste oorslaap. Omdat jy vroër gaan kan jy die hele dag neem om rustig Satara toe te ry.
Ek stem saam sal nie Witrivier ,Hazeview Bosbokrant pad ry .Ek staan al vir 2 maande in Swadini en is op die R 40 groep wat die pad monitor, daar is feitlik nie n dag wat daar nie insidente plaasvind .Of ongelukke of oproer en die erts vragmotors op die pad is baie erg ,as jy agter hulle is, kom jy moeilik verby en dan nog al die Taxis wat groot kanse vat .Gebruik Malelaan hek baie veiliger .
Ons ry ook deur die Wildtuin. Phalaborwa hek of Malelane hek en dan binne in die park tot by ons eerste kamp. Forever Resort of Golf Klub.
Malelane is 4 ure se ry tot Satara...as jy 6am ry, is jy 10am daar. Sou daar onophoud wees van bv n uur, is jy 11am daar.
Sien nounet op n fb blad...Maak mens die hel in...😡