English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 220
Total Replies: 248 483
Total Views: 83 105 239
topics: 11 375
replies: 136 304
views: 39 261 411
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Oorde wil nie refund nie

replies: 41
views: 644
17 Mar 2020 @ 13:37:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Met opnames en terugvoering lees ek dat daar heelwat kampeerders is wat nie die kans wil vat en nou kampeer nie.....wat ek kan verstaan. Skole sluit...nie om nou langer in oorde te spandeer nie, maar om met so min moontlik kontak met ander te kom om virus te probeer stuit. Nou is daar mense wat wil kanseleer of net hul datums aanskuif tot situasie verbeter het, maar oorde weier om te skuif of refund te doen. Hoe voel julle daaroor?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 13:53:59 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 342
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Dis n groot probleem. Dis nie jou skuld nie, maar dis ook nie die oord se skuld nie. ek neem aan as jy vir dienste vooraf betaal het (en dit is nog beskikbaar) dan is dit jou besluit of jy dit gaan gebruik of nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 14:04:05 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Oorde neem inkomste versekering uit om te help met oorlewing in geval van natuurlike rampe, wat 'n versekerbare insident is.

'n Vrywillige kansellasie is egter nie 'n versekerbare insident nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 15:30:43 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Oorde kan dit net aanskuif of die persoon se geld terug gee.

Volgende naweek en die naweek daarna is hy leeg.

Wen nou en hou jou kamper of verloor hom vir ewig.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 15:35:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ons kamp die naweek en volgende week.

Het vanoggend bevestig, oorde is so te sê leeg van almal wat gekanselleer het.

As jy kamp is jy min en vêr van mense, self in die ablusie, maar ons het vol badkamer.

Nie die swem tipe nie.

Of ek nou daar buite sit en braai of in my lapa wat Els.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 15:56:49 pm
Shirundu
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Baie oorde sien ek is redelik toegeeflik en is bereid om die datum aan te skuif. Oorde het ook 'n "verlies van inkomste polis" maar die kansellasie of verlies van inkomste a.g.v. die Corona virus is nie gedek nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 16:12:23 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Onnosel van oorde om nie kanseleerings tegemoet te kom. Daardie selfde besoekers kon die oord personeel aan steek maar geld is belangriker.

Baie van hulle weet dit maar sien n geleendheid om kliente uit te buit.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 16:31:37 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1046
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Die virus gaan veroorsaak dat meer mense bankrot speel as wat van die virus sterf....😩

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 17:17:41 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Oorde neem inkomste versekering uit om te help met oorlewing in geval van natuurlike rampe, wat 'n versekerbare insident is.

'n Vrywillige kansellasie is egter nie 'n versekerbare insident nie.

Nie heeltemal 'n vrywillige kansellasie nie. Dit word op mens afgedwing deur wat bekend staan as 'n "act of God". As ek moet besluit tussen 'n oord se onbereidwilligheid om rede te verstaan en my en my familie se veiligheid is die keuse vanselfsprekend. Uiteraard is die virus ook nie die oord se skuld nie maar ons kan nie die ding beredeneer as "business as usual" nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 18:08:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Baie oorde sien ek is redelik toegeeflik en is bereid om die datum aan te skuif. Oorde het ook 'n "verlies van inkomste polis" maar die kansellasie of verlies van inkomste a.g.v. die Corona virus is nie gedek nie.

Ja....ek sien hulle is darem in die meerderheid....nice as hulle tegemoed kom

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 20:06:04 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Wil graag met jul deel dat ons dec by Bass lake gebook het vir 9 dae en 4 persone.  Net 2 het gegaan agv siekte in familie en toe ook n sterfte. Agv hul belangstelling en betrokkenheid elke dag het hul uitgevind hoekom almal nie opgedaag het nie en toe ons n dag vroeer oppak het hul uit hul eie n krediet aangebied wat ons nou April gaan gebruik.   Dki Bass lake jul is tops.  In 2007 het ons egter ook des by Klein paradys Brits gebook en 2 weke voor die tyd moes kans agv n hospitaalopname en komplikasies wat maande geduur het.  Met bewys van hospitaal asook trauma dr se verslag het hul refund of uitstel geweier (asof daar nie n waglys oor des was nie) met gevolg dat ek nooit ooit hul sal ondersteun of sal aanbeveel nie.   So pluk jy n lat vir jou eie bas !    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 20:20:37 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Wil graag met jul deel dat ons dec by Bass lake gebook het vir 9 dae en 4 persone.  Net 2 het gegaan agv siekte in familie en toe ook n sterfte. Agv hul belangstelling en betrokkenheid elke dag het hul uitgevind hoekom almal nie opgedaag het nie en toe ons n dag vroeer oppak het hul uit hul eie n krediet aangebied wat ons nou April gaan gebruik.   Dki Bass lake jul is tops.  In 2007 het ons egter ook des by Klein paradys Brits gebook en 2 weke voor die tyd moes kans agv n hospitaalopname en komplikasies wat maande geduur het.  Met bewys van hospitaal asook trauma dr se verslag het hul refund of uitstel geweier (asof daar nie n waglys oor des was nie) met gevolg dat ek nooit ooit hul sal ondersteun of sal aanbeveel nie.   So pluk jy n lat vir jou eie bas !    

Goed om van die oord se redelike houding te hoor. Mense het lang geheues en sulke oorde sal weer en weer besoek word. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 21:07:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wil graag met jul deel dat ons dec by Bass lake gebook het vir 9 dae en 4 persone.  Net 2 het gegaan agv siekte in familie en toe ook n sterfte. Agv hul belangstelling en betrokkenheid elke dag het hul uitgevind hoekom almal nie opgedaag het nie en toe ons n dag vroeer oppak het hul uit hul eie n krediet aangebied wat ons nou April gaan gebruik.   Dki Bass lake jul is tops.  In 2007 het ons egter ook des by Klein paradys Brits gebook en 2 weke voor die tyd moes kans agv n hospitaalopname en komplikasies wat maande geduur het.  Met bewys van hospitaal asook trauma dr se verslag het hul refund of uitstel geweier (asof daar nie n waglys oor des was nie) met gevolg dat ek nooit ooit hul sal ondersteun of sal aanbeveel nie.   So pluk jy n lat vir jou eie bas !    

Gepraat van Basslake.....ek dink ek moet my penne daar gaan inslaan. Dis seker 40min van my huis af en het nog nooit daar gekamp nie....wel eenkeer daar deurgestap. 

Jy is reg....daai oord sal nie eers n minuut gesukkel het om iemand te kry in jou plek nie....sou hulle net bietjie admin tyd gekos het. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 22:31:58 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Die publiek verwag dat die oord die verlies moet dra en die oord verwag dat die publiek die verlies moet dra.  Daar is nie 'n reg of verkeerd antwoord nie.

Wanneer jy 'n akkommodasie-bespreking doen, moet jy jouself vergewis van die oord se kansellasie-beleid want dit is 'n daaglikse gebeurtenis by oorde dat gaste noodgedwonge hulle bespreking as gevolg van omstandighede moet kanselleer. Wanneer 'n kansellasie wel gedoen moet word (om watter rede ookal), skop die bepalings van die kansellasie-beleid in en jy sal daarby moet berus omdat dit jou keuse was om die beleid te aanvaar toe jy die bespreking gedoen het.  As jy nie jouself vergewis het van die kansellasie-beleid nie, het jy die risiko geloop om te bespreek sonder om die moontlikheid  van kansellasie te oorweeg.

My opinie : In die lig van die bogenoemde ondersteun ek oorde wat hul kansellering-beleid toepas. - ek dink dis billik.

Ns. SANParke het gister bekend gemaak dat hul kansellering-beleid toegepas sal word indien gaste wil kanselleer, maar hulle sal wel uit hul pad gaan om 'n bespreking te verskuif na 'n ander datum sou daar plek beskikbaar wees.  Die meeste kansellering-beleide werk op 'n glyskaal van "boetes", afhangende daarvan hoe lank vooraf gekanselleer word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 06:27:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

'n Mens moet maar kyk hoe verloop dinge.  Tans sukkel ek om besprekeing te kry by Dolhin in Balito.

Dis dalk met 'n rede waarom ek sukkel.  Sal maar wag tot die tyd aanbreek en as daar dan plek is in die pad val en gaan kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 08:29:29 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ag jammer, vergeet om iets by te voeg by my kommentaar hierbo.

Die dispuut van terugbetaal het twee partye betrokke : die oord aan die een kant en die kampeerders aan die ander kant.  Die oord is 'n enkele party en die kampeerders is 'n party wat uit 'n groot hoeveelheid kampeerders bestaan.

Dit is mos nie billik om te verwag dat die enkel-party (die oord) al die kampeerders se verlies moet dra nie.  As die verliese verdeel word onder al die kampeerders het dit mos 'n kleiner effek op die kampeerbedryf.  Om te verwag dat die oord almal se verlies moet dra is 'n resep vir bankrotskap en dan sit ons eersdaags met baie minder kampeer-oorde.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 08:46:15 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Hoor vanoggend dat saam met die sluiting van die akwarium en die Tafelberg kabelkar die Stad Kaapstad ook alle piekniek en kamp plekke sluit agv daai irriterende virus. Weet nie watter kampeer plekke dit insluit nie, maar Lennie sal verseker weet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 09:17:28 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Hurricane, ja jou inligting is korrek, maar ek is nie seker oor die "kampering" en wat daarmee bedoel word nie.  Ek kon niks op die Stad Kaapstad van sluiting van "kampering" kry nie.  Buitendien, dit kan dalk hier en daar 'n munisipale kampplek in Kaapstad wees wat deur die Stad bestuur word, wat gesluit is, maar dis nie sommer plekke waar ek sal uithang nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 10:24:00 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Kampering word ook genoem.

As ek net so vinnig dink is dit Soetwater en Imhoff (privaat?) by Kommetjie, Millers Point en Blue Lantern Holiday Cabins (privaat ?) by Simon Stad,  Chapman’s Peak (privaat?), Vis Hoek, Zandvlei, Hardekraaltjie en Ou Skip. Daar is ook ‘n munisipale en ‘n privaat oord by Kuilsrivier.

12 - Nogal meer as wat ek gedink het, en ek is seker een of twee het my ontgaan.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 14:51:05 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dolphin Bly oop en is blyk reg Vir kampers

We are ready for our guests!     With the President’s announcement regarding Covid 19 in South Africa and around the world on Sunday night we would just like to take a moment to reassure all our current and future guests that Dolphin still is and will remain fully operational through these challenging times.     We believe that it is during these tough and scary times that families especially need quality time together in the fresh air, sunshine & outdoors. We hope that your upcoming holiday will give you a break from the bad news.  We all need a little boost of positive energy!     That being said, we do understand the seriousness of this the situation and we will be taking all necessary precautions to make sure you and your family have a safe and relaxed stay with us, you deserve it! We take the health of our staff and guests very seriously which is why we will be putting the following measures in place:     • Staff Training - We have informed all of our staff about the various aspects of this virus including necessary precautions, symptoms etc.     • Hygiene - All of our staff will be required to use the provided hand sanitisers multiple times throughout the day as well as practice safe precautionary actions as instructed.     • Office, Security & Tea Hall - We have hand sanitisers available for everyone to use in these areas. Our team will also be cleaning the various surfaces multiple times a day.     • Ablutions - We will be increasing the cleaning of our ablutions as well as replacing the foam type hand soap with antibacterial hand soap.     While we will be taking every possible precaution we also encourage all our guests to please practice good hygiene while on holiday with us, not only to protect yourselves but others too.     If you have any questions about your booking or any other concerns, please feel free to contact us on info@dolphinholidayresort.co.za.     We hope everyone has a great week, stay safe and drive carefully. We are looking forward to seeing everyone soon!              Warm Regards  Dolphin Team

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 15:32:42 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 524
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 19:40:57 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sien Toerisme het ook aan gekondig alles sluit waar meer as 50 persone by mekaar kan kom.

Dis sal oorde moet dink.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 19:53:09 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek wonder waar kom Toerisme aan 50 persone ?  Die Regering het die beperking nasionaal op 100 gestel.  En buitendien, "bymekaar kom" is 'n relatiewe begrip.  Die ander nasionale norm wat aanbeveel is, om minstens 2m van ander persone te wees.  As ek dus iewers in 'n oord se ablusie probeer om 2m vanaf my buurman tande te borsel en daar is nie meer as 100 mense in die ablusie nie, dan kom ek mos die neergelegde reël na.

Ek kan nie dink dat Toerisme kan besluit oor 'n oord se voortbestaan of nie.

Iewers is hier 'n misverstand. Chuck wat is jou bron van hierdie Toerisme opdrag, ek sal graag wil lees hoe het hulle by 50 persone uitgekom en wat hul magte in die verband is  -  kon niks op Google kry nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 19:57:09 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1451
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Oorde hoef nie bekommerd te wees nie, want die inwoners kom nie bymekaar in groepe wat naastenby vyftig in getal is nie.

Ter illustrasie, ouetehuise se inwoners mag nog steeds op dieslefde perseel woon, maar mag net nie in dieselfde eetsaal eet indien meer as vyftig persone terselfdertyd kom eet nie. 

Ouetehuise wat geaffekteer word se reelings is gevolglik dat etes afgehaal moet word deur inwoners om in woon eenhede genuttig te word.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 21:06:31 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat ek wil weet. Ons land het wette vir wette en nog wette.

Die dat oorde nie will refund. Is dit nie onwettig, val dit nie onder iets soos byvoorbeeld die krediet wet waar jy die reg gegun word om jou denke te verander en wanneer jy teen n oord besluit moet jy jou geld terug kry. Ek verstaan dat daar moontlik admin fooie Kan wees maar ook n billike bedrag en volgens wet.

Hou ingedagte dat nog geen diens gelewer is aan jou

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 21:59:22 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Sien Zack se link van Maroela met info van n kundige.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 22:14:47 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Stem saam, die korrekte inligting is in die voormelde "link".

As jy regtens wil optree, gaan jy tweede kom  -  dit gaan jou baie meer kos as jou betaalde kampeergeld.

Dit is 'n baie beter opsie (soos in die berig aanbeveel) om te probeer onderhandel oor 'n terugbetaling / uitstel binne die perke van die oord se kansellering-beleid waarvan jy veronderstel was om kennis te neem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 00:36:21 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Stem saam, die korrekte inligting is in die voormelde "link".

As jy regtens wil optree, gaan jy tweede kom  -  dit gaan jou baie meer kos as jou betaalde kampeergeld.

Dit is 'n baie beter opsie (soos in die berig aanbeveel) om te probeer onderhandel oor 'n terugbetaling / uitstel binne die perke van die oord se kansellering-beleid waarvan jy veronderstel was om kennis te neem.

Lennie dit meen hierdie groepie mense is buite die wet stelsel. Iemand moet een of twee vasvat die woord sal versprei en die stelsel sal kom waar dit hoort te wees.

Geld is nie noodwendig n probleem. Daar moet n ombudsman wees wat die soort ding hanteer en ook is daar n small claims court wat ook na jou saak gaan luister. Dit sal jou meer tyd kos as geld maar op Lang termyn sal almal baat vind deur do n optrede

Eerlik gesproke is ons Suid Afrikaners baie bederf met oorvloed van alles en daardie bietjie geld maak nie saak. Ons is ook te trots om afslag en geld terug te vra en ons het nog n Lang pad om te loop en nog baie te leer rakende dit

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 07:12:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Elke oord het 'n kanseleer klousule.  Dis jou plig as kampeerder om jouself te vergewis van wat staan daar voor jy  bespreking maak.

Die frieken virus is nie die kampeerder se skuld of die oord eienaar se skuld nie.  So wie moet nou aan die kortste ent trek?  Die oord het sy kanselasie klousule lank reeds bekend gemaak. 

As jy nou nie meer wil gaan kamp in die virus tyd nie, is dit mos jou keuse dan moet jy inval by die oord se klousule.

As die oord besluit hulle is nie meer oop nie en verhoed jou op die manier om te gaan kamp, dus om te kry waarvoor jy betaal het, glo ek sal hulle die regte ding doen om jou geld terug te gee.

Laaste opsie is seker om te beding deur die kamp dalk uit te stel.

Deur met mekaar te praat sal daar seker 'n uitweg gevind word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 07:34:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek haal wel my hoed af vir oorde soos ATKV wat tegemoed komend is. Van ons gee nie om om tydens hierdie tyd te kampeer nie, ander is weer angstig om so iets te doen. Ons het hierdie week gesien hoe angstig mense kan raak en winkels leeg koop, terwyl ander weer net daaroor lag. 

Ek weet byvoorbeeld in die privaat hoedanigheid waar n persoon n eiendom by iemand huur. Hy betaal al vir die afgelope 12 jaar sy huur stiptelik....nie een maand agterstallig nie. Sy werk is om vervoer te doen van internasionale toeriste van lughawe na verskeie bestemmings op n kommisie basis. Nou het hy eienaar genader en genoem van sy situasie, dat hy vir die volgende 2 maande nie eintlik veel van n inkomste gaan kry nie. Nou kan die einaar hom seker aanvat sou hy nie betaal nie volgens klousules op die kontrak OF hy kan n ooreenkoms met die persoon kom aangesien dit n situasie is wat nie een van die partye gesien aankom het nie. Sou jy hom aanvat soos in 1ste opsie, gaan jy gevoelens opwerk tussen partye en hy gaan tien teen een ander plek soek. Of byt vas deur die moeilike tye en neem n terugslag wat beide seker sal raak, maar na die tyd as alles oor is het jy steeds n gelukkige goeie klient.

Dit gaan vir my alles oor menslikheid aangesien dit n situasie is wat nie een van die twee sien aankom het nie en saam deur die drif moet vat....hoekom alles op een ou wil aflaai?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 07:42:05 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dankie Leon, jou standpunt hierbo strook presies met myne van twee dae gelede, naamlik die kruks van die saak is dat die oord se kansellasie-beleid die rigting sal aandui in watter mate 'n terugbetaling of uitstel gedoen sal word of nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 08:03:50 am

Net vir intersantheid. As hierdie oom se eiendom was soos hierbo en in daai situasie was.....sou oom die huurder uitgeskop het en hom verantwoordelik gehou het vir uitstaande gelde aangesien dit volgens klousule in kontrak opgeteken staan? Of gesels en mekaar tegemoed kom omdat nie een van die twee die situasie sien aankom het nie? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 08:48:20 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek wonder waar kom Toerisme aan 50 persone ?  Die Regering het die beperking nasionaal op 100 gestel.  En buitendien, "bymekaar kom" is 'n relatiewe begrip.  Die ander nasionale norm wat aanbeveel is, om minstens 2m van ander persone te wees.  As ek dus iewers in 'n oord se ablusie probeer om 2m vanaf my buurman tande te borsel en daar is nie meer as 100 mense in die ablusie nie, dan kom ek mos die neergelegde reël na.

Ek kan nie dink dat Toerisme kan besluit oor 'n oord se voortbestaan of nie.

Iewers is hier 'n misverstand. Chuck wat is jou bron van hierdie Toerisme opdrag, ek sal graag wil lees hoe het hulle by 50 persone uitgekom en wat hul magte in die verband is  -  kon niks op Google kry nie.

Wel dit het n Oord my gister meegedeel.

Oorde hoef nie bekommerd te wees nie, want die inwoners kom nie bymekaar in groepe wat naastenby vyftig in getal is nie.

Ter illustrasie, ouetehuise se inwoners mag nog steeds op dieslefde perseel woon, maar mag net nie in dieselfde eetsaal eet indien meer as vyftig persone terselfdertyd kom eet nie. 

Ouetehuise wat geaffekteer word se reelings is gevolglik dat etes afgehaal moet word deur inwoners om in woon eenhede genuttig te word.

Sekere byeenkomste is 100, ander is 50. By ons is dit 30.

Dus maak soos jy wil.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 09:17:08 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

In tye van nood vier hoor-sê hoogty, vandaar al die verwarring.  Die President het self gesê toe hy die noodtoestand afgekondig het groepvorming word tot 100 persone beperk, maar gister was daar radioberigte dat die beperking wat gister in die Staatskoerant gepubliseer is, dit is 50 persone.  Dit help ook nie om verwarring te voorkom nie.

My opinie is dat 'n huishuur-kontrak en 'n vakansie-akkommodasie ooreenkoms nie oor dieselfde kam geskeer kan word nie.  Die een is gewoonlik 'n langtermyn, primêre verblyfkontrak wat met baie gepaardgaande kostes  (trekkostes, munisipale kostes, agentekommissie, ens) aangegaan word.  Daarom is daar ook spesifieke wetgewing dat huurders nie sommer uit 'n primêre woning uitgesit mag word by wanbetaling nie.  In die geval van vakansie-akkommodasie is die koste gewoonlik teen heelwat laer kostes en net tydelik vir 'n klompie dae. Kansellasie van vakansie-akkommodasie kom op 'n baie groter skaal en makliker voor en daarom het oorde 'n kansellering beleid waarop deur albei partye vooraf ooreengekom het. In die meerderheid gevalle waarvan ek weet, onder andere SANparke, ATKV, Aventura en Forever Resorts, maak hulle kansellering-beleid juis daarvoor voorsiening om die bespreekte akkommodasie na 'n ander datum te verskuif  -  dis mos 'n wen-wen situasie vir beide partye.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 10:48:54 am

Ek dink ook om geleentheid ye kry om te skuif na ander datum is goeie tegemoed komend. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 13:47:44 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Ek dink ons moet uitruil en op mekaar se erwe gaan kamp (by ons woonhuise)  en dan vir mekaar se wat ons alles verkeerd vind - dit sal dalk n paar manne aanspoor om tog nou die ou huisie te verf of geute te vervang waaroor vroutjie nou al maande kerm dan is ons honde ook sommer versorg !!!    Wat dink julle wie stel belang -  hier by ons in Wonderboom Pretoria is dit nog heerlik warm met n swembad  / buitebraai /  koelte /   pragtige groen gras / watertenks en hopenlik geen load shedding.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 13:56:19 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 342
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek sien sanpark het gese hulle is bereid om jou bespreeking rond te skuif sonder enige kostes.

Maar, as jy wil kanseleer geld normalle kansellasie reels. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 19:48:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek wonder waar kom Toerisme aan 50 persone ?  Die Regering het die beperking nasionaal op 100 gestel.  En buitendien, "bymekaar kom" is 'n relatiewe begrip.  Die ander nasionale norm wat aanbeveel is, om minstens 2m van ander persone te wees.  As ek dus iewers in 'n oord se ablusie probeer om 2m vanaf my buurman tande te borsel en daar is nie meer as 100 mense in die ablusie nie, dan kom ek mos die neergelegde reël na.

Ek kan nie dink dat Toerisme kan besluit oor 'n oord se voortbestaan of nie.

Iewers is hier 'n misverstand. Chuck wat is jou bron van hierdie Toerisme opdrag, ek sal graag wil lees hoe het hulle by 50 persone uitgekom en wat hul magte in die verband is  -  kon niks op Google kry nie.

In tye van nood vier hoor-sê hoogty, vandaar al die verwarring.  Die President het self gesê toe hy die noodtoestand afgekondig het groepvorming word tot 100 persone beperk, maar gister was daar radioberigte dat die beperking wat gister in die Staatskoerant gepubliseer is, dit is 50 persone.  Dit help ook nie om verwarring te voorkom nie.

My opinie is dat 'n huishuur-kontrak en 'n vakansie-akkommodasie ooreenkoms nie oor dieselfde kam geskeer kan word nie.  Die een is gewoonlik 'n langtermyn, primêre verblyfkontrak wat met baie gepaardgaande kostes  (trekkostes, munisipale kostes, agentekommissie, ens) aangegaan word.  Daarom is daar ook spesifieke wetgewing dat huurders nie sommer uit 'n primêre woning uitgesit mag word by wanbetaling nie.  In die geval van vakansie-akkommodasie is die koste gewoonlik teen heelwat laer kostes en net tydelik vir 'n klompie dae. Kansellasie van vakansie-akkommodasie kom op 'n baie groter skaal en makliker voor en daarom het oorde 'n kansellering beleid waarop deur albei partye vooraf ooreengekom het. In die meerderheid gevalle waarvan ek weet, onder andere SANparke, ATKV, Aventura en Forever Resorts, maak hulle kansellering-beleid juis daarvoor voorsiening om die bespreekte akkommodasie na 'n ander datum te verskuif  -  dis mos 'n wen-wen situasie vir beide partye.

Indie jy die Nuus gemis het, dis in die Staatskoerant, 50 persone, restaurant en kroeë sluit 18h00 en naweek 13h00.

Geniet jou wildtuin trippie.

Groete

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 21:23:03 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dankie Chuck, nee ek het opgespoor waar  eers 100 en later 50 persone vandaan kom.  Die groep-beperking van 100 is deel van die President se aankondiging van die ramptoestand en geld reg deur die land in alle opsigte.  Na die totstandkoming van die ramptoestand het  die Kabinet die reg om bykomende dikrete uit te vaardig wat dan tot gevolg het dat in die Staatskoerant van gister gepubliseer is dat :-

  • Kroeë, sjebeens, restourante en klubs moet onmiddellik sluit sodra meer as 50 persone die fasiliteit binnekom
  • Alkohol verkope mag net plaasvind tussen 9vm en 6nm op weeksdae en Saterdag en Sondae tussen 9vm en 1nm

Dus, alles sluit nie waar daar meer as 50 persone teenwoordig is nie, maar slegs daardie fasiliteite genoem in die eerste "bullet" hierbo waar drank verkoop/bedien word. Vakansie-oorde bly dus oop en hulle winkels/restourante moet net aan die bogemelde vereistes voldoen.

Gelukkig het kampering baie voordele deurdat 'n mens nie afhanklik is van restourante, drankwinkels en kroeë nie. jy doen mos jou eie ding.  En jy sal nog so dan en wan tydens jou vakansie 'n restourant middagete en wyntjie kan geniet.

Tydens my maandlange toer hier op Kruger Wildtuin toe, voorsien ek geen probleem om by verskeie oorde te kampeer nie, hulle sal oop wees vir besigheid soos gewoonlik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 22:10:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar was begrafnis by ons kerk vandag. Jy moet die polisie in kennis stel daarvan. Jy moet dan n lys invul met naam, kontak besonderhede en straat adres. Sou daar iemand in nabye toekoms positief getoets word, het polisie n lys van wie hulle onder kwarentyn sal plaas. Die kerk moes ook by die polisie toestemming kry om n vergadering te hou oor hoe hulle Sondae se dienste gaan behartig....selfde prodedures word gevolg met lyste en almal moet met sanitizers gespuit word. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 22:40:14 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Die Minister van Polisie het vandag volgens 'n 15:00 nuusberig oor RSG ontken dat die Polisie in enige opsig betrokke is by begrafnisse. Die polisie-betrokkenheid is foutiewelik deur die SA Begrafnispraktisyns Vereniging aan hul lede uitgestuur. Die President het vandag in 'n skrywe gedateer 19 Maart na aanleiding van sy gesprek met godsdiens leiers bevestig dat begrafnisse ook beperk word tot 100 persone en kerkleiers moet toesien dat slegs naby-familie en vriende dit bywoon.  Geen melding is gemaak van die polisie betrokkenheid nie.

Kyk gerus hier na die President se brief :

https://www.politicsweb.co.za/politics/corona19-religious-leaders-have-shown-support-for-

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 22:41:09 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ai tog, ons is nou iewat af van die oorspronklike onderwerp.  Jammer !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za