English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 247
Total Replies: 201 748
Total Views: 80 837 473
topics: 1 115
replies: 11 288
views: 4 805 252
Jokes and everything else that makes you laugh

Oor ditjies en datjies

replies: 10
views: 578
01 Dec 2017 @ 14:17:09 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1072
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Indien my rympies jou sou vies maak

het ek nuus vir jou – dit kan my nie traak

want reeds in die voortyd ongevraag

het dwarses die gesag so uitgedaag

 

Jy sien, my liewe kampeer genoot

my rympies kan jy maar verstoot

oor T-shirts is ek trots en skaam

ek’t die pad geloop, met kampgoed saam

 

Wat my egter soms erg kan uit lok

ongetoetsde opinies, en mense wat jok

want deesdae met die internet

is feite versamel mos regtig net prêt

 

Hetsy verbysteek, of geellyn ry

Die wetgewing is op die net te kry

slaan bronne na, gaan soek die plek

of steek uit jou oningeligte nek

 

As iemand jou dan reg wil vertel

Wees rustig, hy’s nog steeds ‘n pêl

want op die kampers pad saam heen

leer elkeen by elk andereen

 

Bewaar my tog dat ek eendag

sal dink ek het alle kamp kennis in pag

om iets nuuts te doen, te kan aanvang

dit hou jou jonk, en aan die gang!

 

Ervaring het ‘n snaakse reel

Dit hou party lywe jonk en heel

want niemand word mos oud van speel

net andersom, dit is die reel

 

Hoe kampeerders verskil sal jou verbaas

die een soek stilte, die ander geraas -

en vra hul na die tyd hul raad

moeilik te glo, van dieselfde plek gepraat.

 

Die verskil as jy vir my sou vra

gaan oor ‘n ou se uitkyk ja,

want sien, net party ken die onderskeid

tussen realisme en negatiwiteit !

 

Al wat ek dus vir ons vorentoe vra

is gesondheid wat hoegenaamd nie pla

en finansiele vryheid wat dit moontlik sal maak

om tot in lengte van dae te kamp na ons smaak.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2017 @ 16:31:11 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Mooi man.
You are a poe√ęt and dont even knowet.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2017 @ 17:55:49 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1356
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Ek hou daarvan........insiggewend en waar.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2017 @ 20:17:04 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2556
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Sjees Kanneman,
Onwillekeurig probeer ek die ontleding van verse uit die skooldae onthou. Was genoem
Pozie, op my tablet wil dit nie die kolletjies op die " e" sit nie, klink dieselfde, maar lyk darem beter, en sal nie gestenig word vir kru taal nie.
Nou onthou ek niks meer van die ontleding, maar n woord, anapestiese troganter, krap hier in die deurmekaar liasering. Kan net verkeerd wees want, n troganter is, as ek reg onthou ? n insek se poot.
Goed gedoen, jy onthou nog n reel. Sien , ek kan nie die dotjies regkry nie.

Kanneman dan nie, kan n man dan nie..... hoe gaan die liedjie verder ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2017 @ 20:39:07 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Ek het ook vir lank gesukkel met die dotjies. Se die kinderkies vir my ..hoe.
As jy "e" druk, hou jou vinger op die "e" en op die skerm kom die "e" met sy opsies uit.
Herman dis nie dat ek wil leer nie, ek probeer help.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2017 @ 22:30:52 pm
Anonymous

Inderdaad, 'n baie wyse stykkie digkuns Kanneman.

As mens tussen die lyne lees, kan jy vestommehd baie wyshede optel.

Laat my terug dink aan wyle Nico wat so met woorde kon toor,  ek het steeds sy gediggie in my karavaan.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2017 @ 03:20:53 am
Anonymous

Kanneman, your poet says everything needed.

If we could stick to the old english saying " walk the talk" and at the end of the day leave a legacy of "the LIGHT shined through him"

 

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2017 @ 08:32:04 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

'n Baie goeie gedig vir Kampeerders.   Vol wyshede en raad.

Lekker om weer van jou te hoor, Kanneman!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2017 @ 09:27:24 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Sulke wysheid kan net vanuit die Kaap kom !

Jy het ook net mooi die regte tyd gekies om hierdie wyshede te plaas !

Dankie Janneman !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2017 @ 10:26:34 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2453
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Slim en wysheid in een rympie.
Baie goed gedoen.
Het die tablet nou neergesit en gebruik weer doi "laptop".
Op die tablet het ek die dootjies en kappies geggekry,
Maar nou kry ek dit nie reg op die "laptop" nie
Dankie vir die deel...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2017 @ 22:58:56 pm
Karel
Platinum Member
74% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 43 years

Wie onthou die alternatiewe weergawe van Mabalêl ?.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First