English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 140
Total Replies: 246 390
Total Views: 83 061 504
topics: 11 324
replies: 134 848
views: 39 233 707
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ontspanning by kampe

replies: 5
views: 4418
13 May 2004
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 608
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years
Tyd vir 'n nuwe onderwerp. Wat doen julle om te ontspan wanneer julle kamp. GOED, ek wil nie alles weet nie??!!???. Tipiese vorbeelde van wat ons doen is om Jukskei te speel met 2Lt plastiese koeldrank bottels gevul met water. Hoe kleiner die deelnemer (vrouens/kinders)hoe minder water in die bottel. 'n Krieketkolf met paaltjies en 'n tennisbal asook 'n rugbybal is standaard items wat in die wa ingepak bly. Dis verbasend hoe gou mens ander kampeerders ook nader lok om te kom saamspeel sodra so-iets aan die gang gesit word. Op die ou einde, as die spel klaar is, dan is daar weer nuwe vriende gemaak en is die ys gebreek tussen bure. Gewoonlik word 'spel' gestaak weens swak lig. Daarna is dit natuurlik die vuurtjie en die voggies (ook bekend as Tjop & dop)- binne perke natuurlik - met verdere saamkuier en staaltjies vertel om die kampvuur.
Die aand word afgesluit met Moerkoffie en kondensmelk.
As daar enige ander 'sportsoorte' is wat lekker werk, sit dit op hierdie forum vir ons kennisname ook asb. Groetnis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2004
Anonymous
Hi daar,
Moet s dit klink nogal vet pret. Die drie keer wat ek gaan kamp het, was ek ongelukkig om twee keer langs 'n "tent dorp" te kamp. In beide gevalle kan ek vir jou s wat doen daai groepe om te ontspan, SUIP. Jy maak maar die karavaan venstertjies dig toe, want hoe later hoe kwater en hoe meer raserig raak jou bure, tot hulle ook een een uit "pass"
Ons kyk maar die omgewing uit en beloer al die besienswaardighede neem foto's ens.
Ek sal defnitief in die toekoms kyk of iemand nie rens jukskei speel met koeldrank bottels nie, soos ek ges het, dit klink na baie pret.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2004
Anonymous
Ek is deesdae meer gefokus op die minder fisiese aktiwiteite.

As daar 'n see,rivier of dam naby is, dan vang ek vis.Hetsy vlieg-hengel,of met die lang stok.
Andersins ry ons rond en kyk wild, of die mooi omgewing, tw berge,riviere,damme ens.

As ons nou wel by die karavaan is, wat meestal laatmiddag of aand is, dan hou ons van kaartspeletjies, of bordspeletjies.
Ek het gevind dit is iets wat nie ontwrigtend vir ander kampeerders is nie.

Dit betrek nou nie die ander mense nie, maar ek het nog geen klagtes ontvang van die bure nie.

Geniet die kamp, en ja as julle bal gooi, sal ek kom saamspeel. Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2004
Johan
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 270
Joined: 18 Apr 2007
Tinus,
Kom jy van Willowmore af? (CCT 1)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2004
Anonymous
Ek en my vrou is maar rustig as ons so kamp. Ons hou van die stilte en gaan dan ook kamp op tye waneer die oorde nie so vol is nie of by Nasionale Parke en oorde waar rustigheid en stilte verwag word. Vir julle ouens met kinders en veral oor skoolvakansies, geniet dit. Het nie 'n probleem met binne perke speletjies ens. nie.
Ons het altyd as ons op die lang pad was, krieket met die motors gespeel. 'n Beatle was 'n paaltjie. 'n Motor met 'n Trailer was 'n 4 en 'n motor met 'n karavaan was 'n ses. Daardie tyd was Vollas nog volop. Ons het ook altyd nommerplate gepeel. By nommer 1 begin (CCT 1). So het jy nou aangegaan, maar jy mag bv. nie nommer 3 afmerk voordat jy nie nommer 2 gesien het nie. Wel die nommerplate is nou iets van die verlede.
Ek kan ook onthou dat ons baie Ringtennis gespeel het terwyl ons gekamp het.
Groetnis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jun 2004
AWOD
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 13 Sep 2004
Aangesien ek gereeld by sanparke kuier en meestal binne seisoen is ek nogal lief vir hulle georganiseerde staptogte. Dit is interessant en baie leersaam omdat mens basies saam met opgeleide gidse gaan wat plante en diere identifiseer en interessante inligting deurgee. Ek het al slag of wat dit ook op heel ander manier beleef (Wildernis Eb en Flow). Dit is om te help bou / onderhoud aan so staproete. Daarna waardeer mens so paadjie want dis harde werk maar interessant want dis goed materiaal en gereedskap saamdra, pad soek, klippe ens soek. Nou nie iets wat mens gereeld op vakansie sal doen nie.
Verder het Aventura hierdie bosbraai's. Dit kan nogal vet pret wees. basies is dit bring en braai in kampie in die reservaat waar daar dan die heeldag of tot laat gejol word met musiek, boeresport en speletjies met kompetiesie pryse en so aan.
om aleen te wees is daar maar die gewone gesins braai. rondry om die omgewing te verken of sommer net rondstap in die park. Dan is daar nog die gewone soos ontspan rondom die swembad / strand en so aan.
AWOD (ANDRIES)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za