English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 680
Total Views: 83 243 536
topics: 87
replies: 1 763
views: 192 735
Share your best or worst experiences to help others out.

Ontleding van kamp forums

replies: 22
views: 714
06 Sep 2017 @ 19:25:44 pm
Anonymous
Vandag sit ek deur alle statistieke te gaan en dit raak ń bekommernis om te sien hoe lede vinnig ń "kliek" vorm.
Terwyl ń forum besig is, word jy as buite staander reserwe bankie toe geskuif.
Sodra ń forum stil raak, word jy as individuel weggeroep vanaf die reserwe bankie om saam deel te neem.
My besluit is, om voortaan nie aan enige kampforum ń lid te wees nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2017 @ 20:13:48 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
Vandag sit ek deur alle statistieke te gaan en dit raak ń bekommernis om te sien hoe lede vinnig ń "kliek" vorm.
Terwyl ń forum besig is, word jy as buite staander reserwe bankie toe geskuif.
Sodra ń forum stil raak, word jy as individuel weggeroep vanaf die reserwe bankie om saam deel te neem.
My besluit is, om voortaan nie aan enige kampforum ń lid te wees nie.


Huh?? Iemand op jou tone getrap :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 06:33:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek self het so besluit lank terug gemaak met die dinge wat gebeur het by die wegsleep forum.

Ek kry ook so dan en wan 'n uitnodiging na die ander sosiale media kamp forum/ groepe maar gee dit net 'n mis weens persoonlike redes. Niks gemik op enige van die forums/groepe nie.

Ek hou nie van klieks nie en is seker die rede waarom ons nooit deel geword het van byvoorbeeld 'n Karavaan Klub nie. Het 3 of 4 keer saam met so klub gaan kamp as 'n gas maar binne in daai kliek was daar klieks.

Nee wat gee so iets maar 'n mis. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 07:42:45 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jammer Klein, maar ek verstaan nie waarom jy so voel nie.  Op 'n Forum soos hierdie plaas enigiemand tog bydraes of antwoord op bydraes.  Niemand nooi jou om deel te neem of weier jou deelname nie. Miskien is daar mense wat mekaar met die tyd saam op die forum of andersins leer ken het, maar ek ervaar nie dat dit kliekvorming is nie.  Lede het al in die verlede vies geword vir mense wat hulle gevoel het hulle tenagekom het, en het onttrek en sommiges het weer teruggekom.  Ek dink ons is almal hier gelyk en ons het die reg om ons menings uit te spreek.  Ek kan net vir myself praat, maar ek vind jou bydraes gebalanseerd en waardeer dit dus en ek glo ander lede ook.  Daar sal ook wel lede wees wat nie met jou saamstem nie, maar dit is die aard van gesprekvoering.  Soms word 'n mens ernstig gekasty oor jou mening, maar dis ook goed. Gaan maar voort soos jy reeds doen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 08:02:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Fred ek glo nie dit vind visies hier op die forum plaas nie, of te wel ek ondervind dit nie so nie. Ek gesels met almal en almal gesels met my.

Dink dit is eerder as mens na 'n kampforum buite ons geledere (caravanparks forum) getrek word.

As mense van die forum by mekaar wil kuier en so 'n "Uitsluitlike groep" wil form is hulle seker welkom om dit te doen. Hulle gaan dit net moeilik vind om uitsluitlik met mekaar te gesels hier waar almal gesels.

My opinie en ek kan verkeerd wees, is waar wegsleep se dood steek gekom het.  Die PM (private message) funksie het gemaak dat mense meer apart met mekaar gesels het as algemeen op die forum.

As ons hier gesels het almal toegang tot almal se insette en dis hoe ek voorstel dit moet bly. As Sannie vir Piet 'n privaat boodskap wil stuur is daar baie ander sosiale media wat gebruik kan word.  Ons ou reseppie hier werk puik. En ek glo meeste in gelukkig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 08:29:53 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

My opinie is die waarneming dat hier "klieks" gevorm word, is nie korrek nie.

Ek is in my 5de jaar besig om op hierdie forum te gesels, hierdie is my 1415de kommentaar en ek het nog nooit van enige "kliek"-vorming bewus geword nie.

Ek vermoed kliek-vorming word dalk verwar met spesifieke belangstelling in 'n sekere onderwerp.  As daar oor die Kruger Wildtuin gesels word, sal ek beslis daaraan deelneem en ek sal dadelik vir jou kan opnoem wie gaan daaroor saamgesels.  Netso, as ek oor batterye en ligte praat, gaan ek en 'n klompie ander ouens wat ek ook kan opnoem lekker saamgesels.  As ek oor goed soos "movers" en tru-kameras praat, weet ek nou reeds watter groepie ouens gaan saampraat.  As ek oor tente, tent-probleme, skadunette of silwerseile gaan praat, weet ek nou reeds wie gaan aan die gesprek deelneem.

Dis mos nie groep- of "kliek"-vorming nie.

Klein-DK, wil jy (of enige iemand anders wat hierdie standpunt deel) nie 'n bietjie meer spesifiek wees oor wat jou bedoeling met kliek-vorming is nie en noem sommer 'n spesifieke voorbeeld.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 08:36:15 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years
Ek geniet die forum baie. Stem nie altyd saam met van die kommentaar nie, en aanvaar ook dat nie almal met van my kommentaar sal saamstem nie. 👍
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 09:02:45 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ons almal hier is een groot kliek....lief vir kamp kliek
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 09:15:53 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Lennie
As iemand wil draaksteek met kommentare en stellings dan weet jy seker dat ekke daar sal wees, so as iemand n faaaait uitlok dan verwag almal Speknek se bydrae.

Ek dink, en dis nou my mening. Ons almal moet besef dat sommiges fyngevoelig is en sekere insette mag persoonlik ervaar. Ek en Dennis-DK is groot vriende omrede ons albei fyn van draad is. My ander vriend Wilsur kou my ook oor ek my stert in n krul trek. Maar ek belowe julle as mens in die knyp is ,, soos ek nou is,, dan kom daardie persone na vore as ware vriende. Op hierdie forum is daar letterlik dosyne van hulle. My telefoon no is aan meer as honderd kampers bekend. Daar is forum vriende wat vanaf Pretoria my persoonlik kom groet en ondersteun het.
Eks een van die mense waarna verwys was as wegraak en weer terug kom, omrede ek hou van gesels en van die mense hier. Daars baie, vele wat geloop het en nie weer wil deelneem nie. Dan kontak ek hulle, om net te hoor . Nee dankie maat. -eks nie te vinde vir die grom en byt nie. Is sy siening.
Eks ook nie te vinde vir dit nie. Noudat ek nie meer n karavaan, "WEN" het nie, lees ek nog steeds as ek kans kry.
Nou moet julle weet. Ek het n grom, byt en laat spaander siening...hehe😎
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 09:16:01 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Oor die jare was die stelling van "klieks" al dikwels gemaak.  Ek het nog nooit gevoel daar is klieks nie.  Wat wel gebeur, is dat mense wat mekaar al ontmoet het, dalk meer vrymoedig met mekaar sal gesels, maar dit is nie 'n kliek nie.

Soos Lennie sê, jy leer mense min of meer ken, wie hou van watter onderwerpe, gaan saampraat, gaan ignoreer, gaan saamstem, gaan nie saamstem nie.   Dit hang van jouself af of jy uitgesluit gaan voel en dit dan verkeerdelik as 'n kliek sien.

Wat ek nie van DK se inset verstaan nie, hy sê as die forum besig is, word jy reserwebank toe geskuif en as dit stil raak, word jy weer nader getrek.   Hoe gebeur so iets?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 09:38:51 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek is nog maar nuut hier en ken meeste mense nie juis nie. Ek vind dit nie te min interessant om by tye sonder om standpunt in te neem te lees wat mense oor die algemeen se. Dit is amper soos om in die publiek te sit en net mense dop te hou soos bv in 'n besige plek waar jy rustig kan sit en net waarneem.

Om hierby aan te sluit is dit met tye lekker om bv 'n baie ou onaktiewe draad te lees en te sien hoe mense optree/gesels sonder dat mens deelneem.

Die forum bly 'n lekker plek waar ons almal kan saam gesels. Mens moet net versigtig wees om nie te veel persoonlik te neem en self te dink iemand het ons gebyt terwyl die skrywer glad nie so bedoeling gehad het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 10:10:47 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek stem saam met Geert. Ons is almal een kliek, n familie kliek. Kan my nie in dink dat kampers groepe wil trek want as n karavaan gebreek langs die pad staan of hulp nodig met iets in die kamp gaan ek nie eers kyk of dit deel van my groepie is. Ek gaan stop en kyk of ek kan help. Of ek nou warm onder koller geraak het omdat iemand iets kwyt geraak wat my nie pas of nie.

Ons karavaan mense is unieke mense met waardes wat saak maak in die natuur, tussen ons self en met ander. Love thy neighbour like your self.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 10:33:33 am
Lein
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 46 years
Lennie
As iemand wil draaksteek met kommentare en stellings dan weet jy seker dat ekke daar sal wees, so as iemand n faaaait uitlok dan verwag almal Speknek se bydrae.

Ek dink, en dis nou my mening. Ons almal moet besef dat sommiges fyngevoelig is en sekere insette mag persoonlik ervaar. Ek en Dennis-DK is groot vriende omrede ons albei fyn van draad is. My ander vriend Wilsur kou my ook oor ek my stert in n krul trek. Maar ek belowe julle as mens in die knyp is ,, soos ek nou is,, dan kom daardie persone na vore as ware vriende. Op hierdie forum is daar letterlik dosyne van hulle. My telefoon no is aan meer as honderd kampers bekend. Daar is forum vriende wat vanaf Pretoria my persoonlik kom groet en ondersteun het.
Eks een van die mense waarna verwys was as wegraak en weer terug kom, omrede ek hou van gesels en van die mense hier. Daars baie, vele wat geloop het en nie weer wil deelneem nie. Dan kontak ek hulle, om net te hoor . Nee dankie maat. -eks nie te vinde vir die grom en byt nie. Is sy siening.
Eks ook nie te vinde vir dit nie. Noudat ek nie meer n karavaan, "WEN" het nie, lees ek nog steeds as ek kans kry.
Nou moet julle weet. Ek het n grom, byt en laat spaander siening...hehe😎
Nou hoe dan nou? Wat het van die ELEGANCE geword? 'n Toegewyde karavaner hou mos nie sommer so op om te kamp nie-of wag ons vir 'n bestelde nuwe wen?
Groetnis!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 10:57:18 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years
Hier is definitief "klieks" op die forum. Ek dra kennis van twee........Oom Jeep en Klein DK is die kliek met die dun nerwe. Oom Jeep, Freda en Benkie............die kamera het gekliek en die bewys is waar hulle op die "fairy" sit.☺

Ek dink dit is slegs 'n kwessie van sommige lede neem meer spontaan deel en dandie ander soos ek. lees almal se kommentare maar neem nie gereeld deel aan die gesprekke nie. Ek kry soms die idee sommige mense lewer slegs kommentaar om hul "syfers" indrukwekkend te laat vertoon.

Dit is ook soos wat Lennie sê, dit hang af waarin elke person belangstel. As die onderwerp bv. oor die KNP gaan, dan gee ek dit 'n groot mis. Gelukkig het elkeen 'n keuse of jy op 'n sekere onderwerp wil in gaan en of jy sekere persone se kommentaar wil lees. Sommige persone se kommentaar is altyd interessant en ander se kommentaar is weer niks seggend.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 12:28:50 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Is hier vir by die slim manne te leer en by te dra waar ek kan...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 14:13:54 pm
Kaalvoetreisiger
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 12 Feb 2016
Experience: 58 years
Nee, wat, julle raad en gemoedelikheid is tops. Ek voel so welkom soos 'n vis in die water. Maar ek besef ek kan van ander mense leer - en dis heerlik!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 15:24:45 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Hier is definitief "klieks" op die forum. Ek dra kennis van twee........Oom Jeep en Klein DK is die kliek met die dun nerwe. Oom Jeep, Freda en Benkie............die kamera het gekliek en die bewys is waar hulle op die "fairy" sit.☺

Ek dink dit is slegs 'n kwessie van sommige lede neem meer spontaan deel en dandie ander soos ek. lees almal se kommentare maar neem nie gereeld deel aan die gesprekke nie. Ek kry soms die idee sommige mense lewer slegs kommentaar om hul "syfers" indrukwekkend te laat vertoon.

Dit is ook soos wat Lennie sê, dit hang af waarin elke person belangstel. As die onderwerp bv. oor die KNP gaan, dan gee ek dit 'n groot mis. Gelukkig het elkeen 'n keuse of jy op 'n sekere onderwerp wil in gaan en of jy sekere persone se kommentaar wil lees. Sommige persone se kommentaar is altyd interessant en ander se kommentaar is weer niks seggend.

Dis nes jy daar sê, Chris.  Ons maak sommer ons eie klieks met die kliek van 'n kamera.  Om die waarheid te sê, ek en DK is ook in 'n kliek.  'n Kliek wat gevorm is deur dieselfde bande, met die Ooskaap, met Van Stadens oord se duine en met slange waaroor hy my altyd waarsku.laughing    Of wat praat ek alles DK? wink

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 15:36:59 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Kyk

Ek is een van die rustigste mense wat ek ken! Vra my en nie die vrou en kinders nie!

Ek word nooit kwaad nie

Ek baklei nooit nie

Ek skel en vloek nooit nie

Ek bly rustig en se geen skewe woord nie

En.....,...... Ek haat KLIEKS

Wat ek wel kan se......die laaste 2 jaar is die Forum baie still.

In 7 jaar in Limpopo het ek bitter min waens gesien, ( inteendeel niks en ek ry baie) met CaravanParks stickers op. Myne kom more af. Siestog Wa kry spring clean more. Het dag verlof gevat.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 19:50:53 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4736
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Nee wat dis lekke hier so 4 jaar hier so baie geleer by julle ek se nog altyd en moenie my met n klip gooi nie,as die topic nie vir jou is nie hou verby nee klein DK wees rustig gesels saam en kamp n hond uit n bos
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 10:23:53 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Klieks hier?, nee wat. Sal wel twee keer dink voor ek `n kamp organisasie of saamtrek bywoon.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 10:50:09 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Klieks of nie klieks nie - dit bly 'n aangename plek om te gesels en hulp/raad GRATIS te ontvang.

Ek dink ons gaan soek onnodig nog iets om oor bekommerd te wees deur die klieks ding op te haal.

Ons het mos 'n keuse as ons die klieks wil vermy (indien dit bestaan) en verder te lees - BE HAPPY IT'S FRIDAY smilesmile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 12:17:32 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Jip jip jip.
Lekker vrydag vi almal. Geniet die naaaweek.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2017 @ 17:41:26 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Indien DK in die oorspronklike post na karavaan klubs verwys het ek begrip vir sy standpunt.

Hierdie is egter nie 'n klub waar persone fisies bymekaar kom en persoonlike oog kontak het waar kliekvorming moontlik is nie.

Ek sou graag wou weet hoe 'n kliek op 'n forum tot stand kom en floreer - dit is nou te sê as my verstaan van kliek korrek is. My verstaan van 'n kliek is waar 'n persoon sy sosiale lewe so reel dat hy in 'n eksklusiewe groep in pas, wat amper as 'n geslote groep beskryf kan word en waar toeganklikheid deur mede lede afgekeur word tensy aan sekere sosiale vereistes voldoen word.

Het DK nie miskien forum met karavaan of kampeer klub verwar nie?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za