English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 440
Total Replies: 251 888
Total Views: 83 201 531
topics: 11 521
replies: 138 689
views: 39 319 403
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ondersteun Plaaslik

replies: 24
views: 436
17 May 2020 @ 07:20:25 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Asseblief GEEN POLITIEKE KOMMENTAAR!!

Wanneer jy weer kan gaan kamp. Ondersteun die kleiner plaaslike Karavaan Parke. Baie van hulle gaan min of GEEN hulp van die staat af kry nie. Ek weet baie Forum lede is lief vir die Nasionale Parke maar ons het gesien hulle kry staats hulp.

Oord eienaars.....

Moenie mense nou uitbuit soos Pakistanis die rokers nou uitbuit met buitensporige hoee pryse nie! Jys welkom om R1000 per nag te vra, moenie dan besoekers verwag nie. Ek volg pryse van maskers. Daar is mense wat R1 wins per masker wil maak en kry dan geen verkoop nie. Die ou wat R0.10 per masker maak kry bestellings van 1mil +.

Baie oorde gaan bankrotskap in die gesig staar.

Ondersteun plaaslik!!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 09:49:34 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sal hulle ondersteun mits hulle nie oorboord gaan met hul prys om al die agterstallige verlies met eenslag opte vang nie.

Ons weet mos wat was die tariewe.

Verder is dit mos nou die geleentheid vir ordentlike onderhoud.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 11:21:01 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Ek stem Hannes.

Oorde sal moet nou daadwerklike poging aanwend om hul tariewe binne perke te hou en dit AANLOKLIK moet maak vir ons kampeerders. En dis soos jy se, die oord wat R 1000pn gaan vra moet nou al weet..................dis koebaai meraai, ek sal nie daar gaan kamp nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 15:41:58 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Tariewe is relatief tot wat 'n oord bied. 

Ek betaal met 'n lekker hart R100 per dag meer by 'n oord wat visvang geriewe bied waar genoegsaam forel is om dit die moeite werd te maak. 

Distansie na die oord toe raak deesdae ook 'n faktor om te oorweeg. Van my huis af Montaqu toe en terug kos meer aan diesel as aan kampeer fooie vir 'n week, so hoe regverdig mens 'n naweek uitstappie waar die reiskoste drie maal die verblyf is?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 17:33:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17346
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar is n paar kleiner oorde wat ek wil ondersteun sodra geleentheid weer daar is. Daar is ongelukkig nie plaasvervanger vir KNP, Stormsrivier en dergliks nie....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 17:36:49 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 806
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ai dis 'n moelikke saak.  Die kamper voel die kny met lae rente koerse.  Net so moet die oordeienaars ook oorleef.  Die gaan 'n baie moelikke een wees.  Sterkte aan elke een wat moet oorleef.

 

Ek sal ongeag minder moet kamp as triewe buitensporig op gaan sal ek dalk net 1 keer perjaar gaan kamp...

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 18:05:44 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Hierdie is n baie sensitiewe saak, ek voel vir die oord eienaars want hulle bedryf n besigheid. Daarin teen kom ek verlaag my daaglikse tariewe om oorhoofse koste te dek en nog dan n profytjie in die sak te steek want ek moet ook leef en raai wat more gaan dit beter ek het nie personeel verminder nie en kan nog steeds peil trek op my lojale kampeer vriende wat ek n diens kan bied.

Kyk na oorde se tariewe in n omgewing  vergelyk die tariewe en wat die oorde bied ,dan staan ek verbaas dat sekere oorde nog bestaan

Dit is maar my stuiwer in die beurs

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 18:19:13 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2177
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek en Susan is ook maar in 2 verdeel. Die rentekoerse is af en by dit alles het ons ook maar n verlies op die belegging gehad as gevolg van die swak markte. Gelukkig is die pensioen darem nog daar waarop ons nog oorleef. Ons is tans nog bespreek te Hartenbos vir ons jaarlikse wegbreek gedurende Januarie/Februarie. Gelukkig is dieselpryse tans af MAAR nie een van ons weet wat vir ons voorle na die lockdown en uiters swak ekonomie nie. Nersa se waarskuwing oor kragtariewe wat agterstallig is moet ook nie ligtelik opgeneem word nie. Dit bly steeds vir my 1600km enkelrit oor Bloemfontein Hartenbos toe. Ons het gewoonlik so eenkeer per jaar weggebreek Ballito of selfs KNP toe. As dit moontlik gaan wees sal ons dalk maar afskaal na slegs 1 kamp per jaar. Dan begin mens wonder of die kapitale uitleg op die karavaan(gelukkig kontant gekoop) en ook die stoorkoste per maand op ons ouderdom nog volhoubaar is. Gelukkig is daar baie tyd om hieroor te besluit maar ons moet maar realisties wees. Vader tyd sal wel leer.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 21:16:35 pm
JJS
Silver Member
51% Profile Strength
Posts: 47
Joined: 24 Dec 2019

I saw one caravan park around south coast is already advertising indicating that after lockdown they will use 2019 rates. This tells that our brothers already feel the heat out there. I think that camping locally going forward will be an ideal situation. However most caravan parks are likely to close doors or retrench workers which is bad. Once again let's stay calm.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 22:03:32 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ons moet onthou besigheid gaan oor vraag en aanbod en covid 19 het baie dinge kom verander. As ons hier weg spring na die lockdown gaan nie net die kamp plekke sukkel nie. Hoeveel kampers is nou werkloos of het gedeeltes van hulle  inkomste verloor. Die buitelandse toeriste mark gaan ook nog stadig wees. My vermoede is dat die vraag nie meer dieselfde gaan wees as voor covid 19 nie. En hoe gaan die oorde se aanbod daarop reageer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 06:49:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17346
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar is n paar kleiner oorde wat ek wil ondersteun sodra geleentheid weer daar is. Daar is ongelukkig nie plaasvervanger vir KNP, Stormsrivier en dergliks nie....

Ek hou van Hannes se idee om aan te moedig om kleiner oorde te ondersteun wat onder druk is, maar gaan dit in die praktyk bewerkstellig kan word? Gaan mense KNP "boycot" en alternatiewe soek? Daar is hordes mense, selfs baie hier op die forum wat maande en maande vooraf al opgewonde raak oor hul besoek aan plekke soos KNP, Kgalagadi ensovoorts.....hulle raak al n jaar vooruit opgewonde as hulle n bespreking gekry het. Die naaste vir my sou wees as n plaasvervanger om die private oord eienaars in daai rigting te help, sou seker iets wees soos Dinokeng....wat nie naastenby dieselfde ervaring is nie. Dis maar dieselfde om te sê ek gaan nie meer Drakensberg besoek nie, maar die Magalies berg.....Magalies sal nie Drakens kan vervang nie. Ek sou miskien wel plekke soos ATKV kan vervang met iets anders, wat miskien n idee kan wees aangesien kampeer en verblyf nie hul enigste bron van inkomste is nie. Die geld wat hulle gebruik om ander kulture te bevorder kan hulle nou gebruik om hul eie overheads te dek

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 08:53:04 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3423
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink Hannes se idee is goed.  Ons moet die klein ondernemer ondersteun want hy en sy werkers het die inkomste nodig om te oorleef.  Sulke klein oorde is dalk net die resep vir naweek wegbreke.  Maar ons moet ook plekke soos KNP ondersteun. Buitelandse besoekers wat in vaste verblyf tuisgaan, en baie hoër tariewe as kampeerders betaal, gaan dalk vir die volgende paar jaar skaars wees.  Al is kampplekke 100% beset, gaan hulle inkomste dus maar 'n breukdeel wees van wat dit gewoonlik is. Die Parkeraad het die inkomste nodig om te oorleef.  Die regering het nie die geld om hulle te subsidieër nie en ek vermoed ook sulke subsidies sal nie 'n hoë prioriteit wees nie.  En ons wil beslis nie hê KNP or Kgalagadi en ander parke moet onder gaan nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 16:21:03 pm
Schlenter
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 29
Joined: 09 Nov 2015
Experience: 66 years

Die oorde wat privaat badkamer en kombuis per staanplek aanbied sal baie gewild wees .

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 16:35:26 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die oorde wat privaat badkamer en kombuis per staanplek aanbied sal baie gewild wees .

 

 

Hoop ek kan afslag kry as ek my eie het.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 17:41:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17346
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die oorde wat privaat badkamer en kombuis per staanplek aanbied sal baie gewild wees .

 

 

Stem saam .....dink ook baie mense sal daai opsie nou verkies

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 19:12:57 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4718
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Hannes ek stem kom ons ondersteun ook die kleiner oorde n oord wat ek baie van hou is De voetpadkloof hoop sy deure sal nog oop wees ja dis mooilik vir oord eienaars maar hulle moet hulle pryse so hou dat dit n wen wen vir almal is

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 06:25:34 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17346
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As ons praat van oorde wat toe moet maak, dan sal dit seker ook beteken dat eienaars ander tuistes moet gaan soek aangesien die oord op hul eie grond is waar hulle bly ook. Ek hoop nie dit sal sommer gebeur nie.

Miskien moet ons oorde se name hier plaas van wat ons weet regtig baie swaar trek en sukkel om te oorleef...dan kan ons hulle in gedagte hou by ons volgende bespreking.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 06:32:36 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17346
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As ons praat van oorde wat toe moet maak, dan sal dit seker ook beteken dat eienaars ander tuistes moet gaan soek aangesien die oord op hul eie grond is waar hulle bly ook. Ek hoop nie dit sal sommer gebeur nie.

Miskien moet ons oorde se name hier plaas van wat ons weet regtig baie swaar trek en sukkel om te oorleef...dan kan ons hulle in gedagte hou by ons volgende bespreking.

Een van die oorde wat ek van weet wat al gevra het op fb dat mense hulle asb moet ondersteun sodra hulle weer kan, aangesien hulle lyk my bitter swaar trek, is Tamboti Vreugde in Dinokeng. Die oord is lekker naby aan my huis en gaan n plan maak om daar te gaan kuier sodra geleentheid weer daar is.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2020 @ 16:23:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Een van die oorde wat ek van weet wat al gevra het op fb dat mense hulle asb moet ondersteun sodra hulle weer kan, aangesien hulle lyk my bitter swaar trek, is Tamboti Vreugde in Dinokeng. Die oord is lekker naby aan my huis en gaan n plan maak om daar te gaan kuier sodra geleentheid weer daar is.

Hulle ablusie is Klein, sal eerder Almega met sy privaat ablusie gaan of Dinokeng C/L. Willems Rus.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2020 @ 16:26:34 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ek weet nie van Willemsrus nie, maar Tambotie Vreugde is in ‘n heeltemal ander prysklas as Almega.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2020 @ 17:30:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17346
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As ek Dinokeng toe gaan hou ek daarvan om binne die reservaat self te kamp.....dieselfde met KNP, wil binne staan. Ek was al by Almega gewees, mooi gewees en plek geniet, net die hoofpad was vir my baie lawaaierig gewees. Ek wil ook weer n draai maak by Dinokeng resort.....was 2 jaar laas daar en klink ook of daar baie verander het.....ook jammer dat hy nie in die reservaat self is nie. Ek was nog nie by Tambotie Vreugde nie, so sien uit na die besoek. Daar is nog n paar plekkies in Dinokeng waar ek wil kamp....nie baie bekend nie....sien van hulle het maar 5x staanplekke, maar mooi grensdraad staanplekke

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2020 @ 18:20:38 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Die kampeerders het geen ander keuse gehad om plaaslike kampplekke te ondersteun nie.   Die kampplekke het egter die kampers gemelk met buitensporige mal dag kamp fooie.   Ek hoop hierdie kampplekke sien nou die waarde wat hulle gehad het in kamppers.  As hierdie kampers nou ander goedkoper kampplekke ondersteun is dit hul keuse.  Vir my part kan die gierige kampplekke met hulle mal pryse maar hulle deure sluit.   Jy sien nou dieselfde by jagplase wat se deure altyd toe was vir plaaslike jagters.  Nou dat die skoen druk is die plaaslike jagters goed genoeg.  Jammers ek ondersteun nie sulke plekke nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2020 @ 09:33:43 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ons was die vir 10dae by Tamboti vreugde voor die lockdown. Het die donderdag terug gekom want almal moes mos die nag by hul huise wees.

As ek by Willems Rus of Dinokeng C/L kon bly in die tyd sou ek maklik.

Almega ook maar hy is bietjie oop.

Tans is vriende by Dinokeng Resourt van Februarie af. Hulle is tans net twee wat daar staan.

Hulle geniet dit.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2020 @ 10:54:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17346
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons was die vir 10dae by Tamboti vreugde voor die lockdown. Het die donderdag terug gekom want almal moes mos die nag by hul huise wees.

As ek by Willems Rus of Dinokeng C/L kon bly in die tyd sou ek maklik.

Almega ook maar hy is bietjie oop.

Tans is vriende by Dinokeng Resourt van Februarie af. Hulle is tans net twee wat daar staan.

Hulle geniet dit.

 

 

Elephant waterhole is ook baie lekker. Grondpad soontoe is bietjie lank....ons het met tent daar gaan kamp

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2020 @ 11:57:16 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Sanitasie en netheid gaan die deurslaggewende faktor by oorde wees en beslis gaan daar prys verlagings moet wees om weer aas aan die hoek te sit.

๐ŸŒช๏ธ Worry ends where faith begins ๐ŸŒช๏ธ
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za