English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 486
Total Replies: 234 596
Total Views: 82 532 207
topics: 141
replies: 2 259
views: 335 127

Onderste gedeelte van voortent

replies: 29
views: 780
22 Aug 2018 @ 05:42:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14470
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat is die regte manier van gebruik vir die onderste plastiese gedeelte op n voortent? Moet dit in grond gegrawe word...moet dit buite toe wys...moet dit binne toe wys...moet daar iets bo-op geplaas word?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 06:48:13 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 691
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Dis nou 'n goeie vraag, het nog nooit gedink wat is die eintlike doel daarvan en wat moet jy eintlik daarmee maak? ons sn le maar net altyd op die grond, maar binne toe wys

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 07:22:32 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Dis nou 'n goeie vraag, het nog nooit gedink wat is die eintlike doel daarvan en wat moet jy eintlik daarmee maak? ons sn le maar net altyd op die grond, maar binne toe wys

...aangesien die rekkies aan die buitekant is en vasgeslaan moet word.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 08:13:26 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 228
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years

Ons sit dit na binne en plaas dan die grondseil bo op die plastiekdele en slaan grondseil vas(maar nie deur die plastiek nie)-dit help om die tentkante mooi te "span".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 08:38:10 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2050
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ons sit dit na binne en plaas dan die grondseil bo op die plastiekdele en slaan grondseil vas(maar nie deur die plastiek nie)-dit help om die tentkante mooi te "span".

Gebruik my tent baie min maar doen dieselfde. Slaan penne met die rekkies in aan buite kant slegs as die wind sterk waai anders nooit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 08:41:30 am
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 36 years

Myne is gewoonlik aan die binnekant maar as ek sien groot reen is oppad dan vou ek dit uit na die buitekant

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 08:55:38 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 885
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

In aansluiting hierby het ek 'n ander vraag wat betrekking het op die seilstrook wat aan die onderkant van die karavaan ingeryg word. Die sykante van jou tent of rally het sulke "hoeke" wat jy na die binnekant van die tent of rally invou en styf span ten einde die openinge tussen die sykante en die karavaan toe te maak. Daardie "hoeke" ter sprake het ook rekkies aan waardeur jy uiteraard 'n pen moet inslaan om die hoeke styf te span. As die plastiek van die seil (wat onderaan die wa ingeryg word) na binne lê, het jy nie 'n ander keuse as om die penne deur die plastiek te kap nie. Is dit maar hoe dit gedoen moet word?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 09:39:31 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 691
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

...aangesien die rekkies aan die buitekant is en vasgeslaan moet word.

haha natuurlik Hennie, lekker blonde oomblik daar.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 12:22:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat is die regte manier van gebruik vir die onderste plastiese gedeelte op n voortent? Moet dit in grond gegrawe word...moet dit buite toe wys...moet dit binne toe wys...moet daar iets bo-op geplaas word?

Ek plaas altyd eers die grondnet en kap dit vas. My net is grooter as die tent vloer oppervlak want water wat van dak af drup val op net en dit spat dan nie modder teen die tent kant nie.

Dan word die tent opgeslaan en die kante met die rekkies aan die buite kant vasgekap.

Die "skirt" van elke kantseil word na binne gevou en die regop tentpale staan daar op.

Van die tafels en kamp meubels help om die "skirt" plat te hou met wind toestande.

Ek het ook 4x ou spinnekop stoel dra sakke wat ek vol sand kan maak in erg winderige omstandighede. Die lê dan soos 'n sand sak op die "skirt" aan die binne kant waar nodig.

Ek gebruik ook die stoel dra sakke as anker punte vir gazebo op die strand. Penne trek mos maklik uit, so jy begrawe die sak in die sand met gazebo tou daaraan vas.

Ander manier is om die tent kante netjies styf vas te hou en reguit te trek is om 'n ekstra paal deur die rekkies aan die buite kant te reig en die dan met penne vas te kap.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 12:26:03 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As jy die tent kant op die regte manier aan die onder seil van die karavaan vas velcro sal dit net nodig wees om dit by die las netjies vas te kap.

Die hoek punt van die tent voor en agter word dan netjies uitgetrek na buite en die plastiek "skirt"  vou maklik oor mekaar om hoek te vorm. Nie nodig om gate met penne deur te kap nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 13:05:17 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Die oorspronkike doel van die plastiese "skirt" was om reën uit jou tent te hou deur dit na buite te vou en met grond te bedek uit die reënslootjie om jou tent. Dit het dus gekeer dat die water wat teen die kant van jou tent afloop, in jou tent inloop.

Tentontwerp het egter verander.

Met die oorhang dakkie aan die kante van jou tent hou die dakkie die water weg van jou tent kante en het die "skirt" sy oorspronklike doel verloor.

Ek vou ook nou binne toe en pak vas soos nodig om dit te span en netjies te hou.

Die ou seiltente waarmee ons in jare toet gekamp het, had nie sulke "luxuries" soos die "skirt" nie. Jy moes hom met die houtpenne tot op die grond vasslaan en grondwalletjie om hom gooi om wind en water uit te hou.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 13:39:01 pm
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 691
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Die oorspronkike doel van die plastiese "skirt" was om reën uit jou tent te hou deur dit na buite te vou en met grond te bedek uit die reënslootjie om jou tent. Dit het dus gekeer dat die water wat teen die kant van jou tent afloop, in jou tent inloop.

Tentontwerp het egter verander.

Met die oorhang dakkie aan die kante van jou tent hou die dakkie die water weg van jou tent kante en het die "skirt" sy oorspronklike doel verloor.

Ek vou ook nou binne toe en pak vas soos nodig om dit te span en netjies te hou.

Die ou seiltente waarmee ons in jare toet gekamp het, had nie sulke "luxuries" soos die "skirt" nie. Jy moes hom met die houtpenne tot op die grond vasslaan en grondwalletjie om hom gooi om wind en water uit te hou.

Aaah jy sien, dis wat ek wou geweet het.  maak sin.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 15:45:00 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Apies en ander diere kan soms 'n lastigheid wees wanneer hulle onder die tent deurkruip. Veral as jy vir langer tydperke kamp. Al plaas jy stoele ensomeer op die plastiese skirt vind hul baie keer nog 'n gaping waar hulle kan deurkruip.

Ek vou die plastiese skirting na die tent-binnekant en gebruik dan ekstra alluminium pale, verskillende lengtes, wat ek bo-op die plastiese skirt plaas en en gebruik dan die L-tipe ankers om die pale teen die plastiese skirt vas te druk en dit verhoed dat gate in die  plastiese skirt gemaak word. (het al gehoor dat 'n kampeerder  noem daardie L-tipe anker = 'n skewe-sewe-anker) Ons taal is 'n pragtige vernuwende taal.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
1
22 Aug 2018 @ 15:46:01 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Apies en ander diere kan soms 'n lastigheid wees wanneer hulle onder die tent deurkruip. Veral as jy vir langer tydperke kamp. Al plaas jy stoele ensomeer op die plastiese skirt vind hul baie keer nog 'n gaping waar hulle kan deurkruip.

Ek vou die plastiese skirting na die tent-binnekant en gebruik dan ekstra alluminium pale, verskillende lengtes, wat ek bo-op die plastiese skirt plaas en gebruik dan die L-tipe ankers om die pale teen die plastiese skirt vas te druk en dit verhoed dat gate in die  plastiese skirt gemaak word. (het al gehoor dat 'n kampeerder  noem daardie L-tipe anker = 'n skewe-sewe-anker) Ons taal is 'n pragtige vernuwende taal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 16:03:05 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek hou van jou idee met die L-pale Hannes. Ek sit ook n ekstra paal in die middel van elke seksie en druk dan die plastiek skirt daarmee van. Dit ondersteun maar die dak in geval van baie reën en dit hou die sykante mooi styf. Die onderste T-stuk sal verseker die apies buite hou. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 20:27:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14470
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek plaas altyd eers die grondnet en kap dit vas. My net is grooter as die tent vloer oppervlak want water wat van dak af drup val op net en dit spat dan nie modder teen die tent kant nie.

Dan word die tent opgeslaan en die kante met die rekkies aan die buite kant vasgekap.

Die "skirt" van elke kantseil word na binne gevou en die regop tentpale staan daar op.

Van die tafels en kamp meubels help om die "skirt" plat te hou met wind toestande.

Ek het ook 4x ou spinnekop stoel dra sakke wat ek vol sand kan maak in erg winderige omstandighede. Die lê dan soos 'n sand sak op die "skirt" aan die binne kant waar nodig.

Ek gebruik ook die stoel dra sakke as anker punte vir gazebo op die strand. Penne trek mos maklik uit, so jy begrawe die sak in die sand met gazebo tou daaraan vas.

Ander manier is om die tent kante netjies styf vas te hou en reguit te trek is om 'n ekstra paal deur die rekkies aan die buite kant te reig en die dan met penne vas te kap.

Ek het laas by Weesgerus gesien dat iemand dit doen soos in jou laaste punt, Leon. Hy het nou nie pale gebruik nie, maar daai uitskuif verf stokke......soos jy sê, werk hom deur al die rekkie ringetjies en maak hom slegs vas aan die twee eind punte. Het heel netjies gelyk. Die ou het vir my gesê hy doen dit eintlik so omdat hy te lui is om so baie penne in te slaan en dit werk vir hom perfek

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 06:51:07 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Vou die "skirts" binne toe, plaas my soliede grondseil (of dan grond net- hang af van terrein) bo-op en pak ander los goed soos hierbo genoem op res van die "skirts" binne.

Met soliede grondseil loop reënwater onder seil deur en tent bly droog binne.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 08:29:19 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 289
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Ek plaas altyd eers die grondnet en kap dit vas. My net is grooter as die tent vloer oppervlak want water wat van dak af drup val op net en dit spat dan nie modder teen die tent kant nie.

Dan word die tent opgeslaan en die kante met die rekkies aan die buite kant vasgekap.

Die "skirt" van elke kantseil word na binne gevou en die regop tentpale staan daar op.

Van die tafels en kamp meubels help om die "skirt" plat te hou met wind toestande.

Ek het ook 4x ou spinnekop stoel dra sakke wat ek vol sand kan maak in erg winderige omstandighede. Die lê dan soos 'n sand sak op die "skirt" aan die binne kant waar nodig.

Ek gebruik ook die stoel dra sakke as anker punte vir gazebo op die strand. Penne trek mos maklik uit, so jy begrawe die sak in die sand met gazebo tou daaraan vas.

Ander manier is om die tent kante netjies styf vas te hou en reguit te trek is om 'n ekstra paal deur die rekkies aan die buite kant te reig en die dan met penne vas te kap.

Ons doen presies dieselfde, werk vir my, veral as die wind begin waai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 10:07:06 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2600
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek hou nie van die idee om goed langs die tent te begrawe of enigsins slote te grawe nie. As mense wat dit doen, so hoflik sou wees om dit weer gelyk te maak wanneer hulle oppak, miskien nog, maar hulle doen dit ongelukkig gewoonlik nie en dan moet die volgende kampeerder maar die gemors regmaak.  Al word die grond weer gelykgemaak, sit jy dan nog met los grond waarin jou penne nie kan vastrap nie.  As jy sakke vol sand maak, waar kry jy die sand en waar stort jy dit as jy vertrek? Los asseblief die kampterrein netsoos jy dit gevind het in oorweging van die volgende mense. 

Myns insiens is die regte manier met die onderkant van die seil soos ook hierbo genoem is, om dit eenvoudig vas te pak, normaalweg binne die tent.  As die wind egter sterk waai, kan die wind dit oplig en jou tent vol sand waai, dis nou gewoonlik by die kus.  Dan moet jy maar die onderpunte na die windkant laat lê en vaspak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 11:21:08 am

Ek stem saam dat mens nie moet grawe nie. Ek pak my tent vas met tafels, gasbottel, waterbottels (5l) ens wat inelkgeval in die tent staan, gebruik ook nie sandsakke nie omdat dit vir my te veel moeite is om te gaan sand soek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 12:34:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek hou nie van die idee om goed langs die tent te begrawe of enigsins slote te grawe nie. As mense wat dit doen, so hoflik sou wees om dit weer gelyk te maak wanneer hulle oppak, miskien nog, maar hulle doen dit ongelukkig gewoonlik nie en dan moet die volgende kampeerder maar die gemors regmaak.  Al word die grond weer gelykgemaak, sit jy dan nog met los grond waarin jou penne nie kan vastrap nie.  As jy sakke vol sand maak, waar kry jy die sand en waar stort jy dit as jy vertrek? Los asseblief die kampterrein netsoos jy dit gevind het in oorweging van die volgende mense. 

Myns insiens is die regte manier met die onderkant van die seil soos ook hierbo genoem is, om dit eenvoudig vas te pak, normaalweg binne die tent.  As die wind egter sterk waai, kan die wind dit oplig en jou tent vol sand waai, dis nou gewoonlik by die kus.  Dan moet jy maar die onderpunte na die windkant laat lê en vaspak.

Hi Fred, onthou 'n mens moet nie aan neem dat sakke vol sand net daar gestort word nie. Assumptions is the mother of certain things you know................

Niemand het hier iets genoem van kamp terrein onnet los nie waar hoe nou met die opmerkings. Ja slote grawe is 'n groot nee nee, maar shoe jy aanvaar sommer die sand word net daar uitgegooi en maak 'n aanmerking.

Groot jammer dat my stoel sak vol sand jou nie aanstaan nie. Ek sal dit nie weer as 'n idee voorstel nie want mense kan aanames maak sien.

Ek stem saam en sal ook nie slote grawe nie, want dis reeds moeilik met die beweging van voertuie oor die staanplekke om hulle gelyk te hou.

Laaste idee is om die lang worshonde (met sand in) wat jy koop om 'n deur oop te hou te gebruik om die "Skirt" vas te lê. Nadeel is dis onnidige gewig wat jy saam karwei.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 12:42:49 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2600
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het geen refleksie op jou bedoel of geen aannames oor jou kampgewoontes gemaak nie Leon.  Van jou skrywes op die Forum weet ek jy is 'n bedagsame kampeerder.  Ek het wel al sulke omstandighede waarteen ek te velde getrek het, gevind, en vir mense wat sulke dinge doen, het ek geen respek nie.  Dis ook die soort mense wat kliphard sal kla as hulle op so 'n plek moet staan wat 'n vorige kampeerder opgemors het maar dan self die volgende mense so verontrief.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 15:08:23 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14470
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As mens dit buite toe wys...sal dit nie help met modder opspatsels teen die tent as dit reën nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
24 Aug 2018 @ 15:17:06 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2600
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Miskien Geert, hang af hoe hard dit reën en wat die aard van die grond is.  As dit reën raak dinge maar nat en bespat en jy kan nie juis veel daaraan doen nie. Dis is egter vir my lastig as die wind die seil laat flap, daaroor verkies ek om dit aan die kant waarvan die wind kom, buite te hou en daar vas te pak.  As daar nie wind is nie, lyk dit myns insiens netjieser as die onderste deel eerder binne die tent is.  Maar elkeen het maar sy manier van doen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2019 @ 06:56:07 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14470
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Robert.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2019 @ 09:07:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

In aansluiting hierby het ek 'n ander vraag wat betrekking het op die seilstrook wat aan die onderkant van die karavaan ingeryg word. Die sykante van jou tent of rally het sulke "hoeke" wat jy na die binnekant van die tent of rally invou en styf span ten einde die openinge tussen die sykante en die karavaan toe te maak. Daardie "hoeke" ter sprake het ook rekkies aan waardeur jy uiteraard 'n pen moet inslaan om die hoeke styf te span. As die plastiek van die seil (wat onderaan die wa ingeryg word) na binne lê, het jy nie 'n ander keuse as om die penne deur die plastiek te kap nie. Is dit maar hoe dit gedoen moet word?

Al die karavaan tente wat ek gehad het tot dusver se plastiek gedeeltes aan die onder kant van die kantseile het los dele op die hoeke.

Dit gee vir jou 'n goeie aanduiding van  hoe om die plastiek te vou op die hoeke. As jy die plastiek ALTYD na binne laat lê sal dit nooit nodig wees om die tent pen deur die plastiek te kap nie.

Baie belangrik is om al die kantseile wat jy gaan gebruik te hang. Al die zips toe te maak.  Dan die plastiek dele aan die binnekant reg vou veral op die hoeke. Dan die hoek pale op die plastiek dele te plaas. Dan gaan jy na buite en trek die kante matig styf en kap die penne by die rekkies in.  As jy sukkel om 'n zip oop en toe te maak is die onderkant te styf getrek.

Ek gebruik ou denim broekspype wat ek vol sand maak om die plastiek onder beheer te hou in sterk wind. En dan ook net van die wind kant af.

Ander gebruik tentpale wat inmekaar druk en met die druk hulle die plastiek plat met die pale en penne waar die gapings in die plastiek is van die verskeie tent kante.

Meeste kere lê die plastiek net op die grond net van my tent en is net aan die buitekant deur die rekkies vasgekap. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 09:19:53 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 360
Joined: 28 Feb 2018

I have a extension portion adapting to my bow tent, every time the extension is attached, the canavas seems to short and the skirting is somewhere in tha air, now do I need to dig a small hole for the poles ?,(keep in mind the ground cover makes up all of the bow tent and extension portion made of 80% shade cloath)

Also remember tent with skirting in a trench into ground and sisal carpet as ground cover, but the concept in head is the pain poles in outside ring resting on a plank on skirting on outside and held in to place by guid or guy ropes, two per pole ?, thus eliminate the need for extra bags of sand and the potensial trench, (going camping not gardening)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2019 @ 12:51:07 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 374
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

I have a extension portion adapting to my bow tent, every time the extension is attached, the canavas seems to short and the skirting is somewhere in tha air, now do I need to dig a small hole for the poles ?,(keep in mind the ground cover makes up all of the bow tent and extension portion made of 80% shade cloath)

Also remember tent with skirting in a trench into ground and sisal carpet as ground cover, but the concept in head is the pain poles in outside ring resting on a plank on skirting on outside and held in to place by guid or guy ropes, two per pole ?, thus eliminate the need for extra bags of sand and the potensial trench, (going camping not gardening)

I have a similar problem with my Tentco mudflaps. It is ridiculously too short. Provision should have been made for where the ground is slightly uneven. I have decided not to stress about it so I am taking it away to have the mudflaps replaced.  

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2019 @ 10:32:27 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14470
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Na aanleiding van draad oor onderste gedeelte

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 20:33:47 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 190
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

Manne,  this is an interesting topic and takes me back to when I first started camping, we camped in ex military canvas  "bell tents" with your feet towards the central tent pole. There were no such things as plastic mud flaps, just 2 foot high perimeter walls, wooden tent pegs and sysal ropes. The side walls served several purposes. Remembering , you slept on the ground on a blanket.

1) they were protection from the wind.

2 )They were rolled and tied up every morning to air the tent.

3 )They were pressed into a trench you prepared in advance around the tent and weighted down with the soil you recovered from preparing the trench to direct any water away from the tent during a period of rain. (re covered and smoothed after breaking camp ) So much for the past, now I would agree with just about all that has been said above.

A tip I picked up from a SKIPPER owner in the Mountain Zebra park a couple of weeks back cold be of use to some. ( I will try this next week at Balito )

Using a several strips Plywood 250mm long x by 50mm with a hole drilled at one end about 20/25mm from the end and a 6 inch nail.

Method -- lay the plastic flap facing inward,  place the wooden strip onto the plastic with the hole off of the plastic and fix down with the 6 inch nail. put two or three of these along each of the plastic strips and secure.

This won't stop a lot of water, but will help with the wind and also keep out a lot of critters ,looks very neat.

Enjoy your camping!!!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required