English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 793
Total Views: 83 248 645
topics: 251
replies: 3 857
views: 97 292
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Omskakeling na 220V

replies: 5
views: 269
19 Aug 2020 @ 19:44:11 pm
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years
Ek beplan om my '92 Sprite Sport woonwa heeltemal te herbedraad, nuwe kragpunte te plaas en te installeer, en dan in geheel om te skakel na 220V.  Ligte verander ook na LED met oa individuele leeslampies bo die beddens.
Dws die Chargemaster word verwyder en 'n inkomende krag toevoer wat vanaf 'n distribusie paneel verdeel word vervang die vorige stelsel.
Enige iemand wat al so stelsel herontwerp en geïnstalleer het in 'n ouer woonwa wat my bietjie raad kan gee, nie noodwendig 'n Sprite Sport nie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2020 @ 06:55:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek glo jy het die implikasie van die verandering goed oordink.  Want jou wa tans is een van min wat as gevolg van die 12V en gas vermoë sonder krag iewers kan staan.

Dit gesê, is die omskakeling nie baie moeilik nie.  As jy hou by LED ligte wat baie min stroom trek vir die bestaande ligte se posisie kan jy die bestaande skakelaars en bedrading gebruik.

Die enigste groot bedrading is dan die vervanging van die Charge master met 'n verdeel paneel. Dan:

  1. Verseker die wa se EARTH bedrading is baie goed.
  2. Verdeelbord moet 'n "earth leakage" hê.
  3. Dan 'n beheer skakelaar 10A vir die ligte afsonderlik.
  4. En 'n beheer skakelaar 10A vir die muursokke afsonderlik.
  5. As jy dink om Geyser in die wa te sit sal die ook sy eie skakelaar moet hê

Volg basies die uitleg van die verdeelbord in jou huis.  Maak gebruik van dieselfde tipe 220V draad wat tans in jou wa gebruik is. Dan kan jy nie verkeerd gaan nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2020 @ 06:59:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dan moet ek by noem dat dit ten beste sal wees vir die her verkoop waarde van jou wa om hom standaard te hou soos hy is.

Daar is min nuwe karavane tans wat onafhanklik kan werk as Eskom krag op beurt krag is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2020 @ 09:58:04 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Ons het dit gedoen, toe ons die karavaan herbou het.

Een van die plastiek DB Borde is in die neus geinstalleer.

Ek het gehou by die meer standard huis bedrading. Plugs het 2,5mm  draad.

LED ligte het 0,5mm draad wat van `n LED driver (Langs DB) 12v hardloop.

Die plugs is 220v, die ligte 12v.

Ons het nog nooit `n krag problem gehad waar ons kamp nie.

(oral waar ons bereid is om die wa te sleep was daar krag.)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2020 @ 06:39:27 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Om aan te sluit by Leon se goeie antwoord sal my voorstel wees om die muurproppe se MCB  aan te pas na 16A. Van vandag se ketels gebruik reeds 10A en die 10A kan dus klink as die huis tipe yskas sou aankom. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2020 @ 15:55:04 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek het vir my kindrrs 'n 3B gekoop en reg gemaak.  Ek het 'n 220v DB in gesit en vandaar die plugs gedoen en een breker na 'n goeie transformer gevat en vandaar deur fuses gevat vir al die 12v LED ligte.  Sek het ook die plugs nie net op een breker gesit nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za