Greetings Andries,
Effective ,Great Idea, .............. everyone should have one for van and one for car in their toolbox.
Thanks and go in safety
Goeie plan dankie.
Sien vir die eerste keer dat daar nommers 4 en 5 op die wieldrom is.
Waarvoor sal dit wees?
Goeie plan Andries, dankie.
Dis nou regtig briljant- eenvoudig maar doeltreffend! Dis een van daardie 'hoekom-het-ek-nooit-daaraan-gedinnk-nie oplossings.
Skitterende idee!! Dankie. Nou net so 'n bout kry.
Die dames moet dit leer.
Sp leer ons dankie vir deel
Dankie Andries.
Slim idee.
Gaan veral help met sleepvoertuig wat se wiele groter en swaarder is en moeiliker hanteer.
Audi en Volkswagen maak gebruik van hierdie metode vir die laaste 20+ jaar al. Werk baie goed. Interessant genoeg is my Audi s'n van aluminium, maar in die Touareg is dit harde plastiek.
Dis nog een van die aspekte van motors wat hulle gerus maar kan standardiseer. Myns insiens is studs waarop moere pas beter as wielboute (waar die bostaande idee van toepassing is). 'n Ander ding wat my irriteer is die flikkerligte wat in sommige motors links en in ander regs sit. Ek het gedink dis 'n Euopese teenoor 'n Oosterse ding, maar my Kuga se flikkers sit aan een kant en my skoonseuns'n, wat nagenoeg netsou oud as myne is, aan die ander kant. Die Franse het ook vroeër allerhande snaaksighede gehad soos dat jy die deure sluit deur die kloppie uit te trek in plaas van in te druk, deur die silinders van agter na voor in plaas van voor na agter te tel, met stuurwiel ratte, eerste weg van jou in plaas van na jou soos ander motors, te plaas. Gelukkig het hulle darem meestal gekonformeer.
Ek praat van redelik lank gelede so meeste lede sal nie hiervan weet nie.
I remember some of those irritating changes.
There was also that story of the little petrol pump hose picture on the fuel gauge that showed which side of the vehicle the filler cap is on.
(The Cruiser is incorrect by the way!)