English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 402
Total Replies: 232 434
Total Views: 82 430 073
topics: 134
replies: 2 094
views: 47 821
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Om die wa met "corner steadies" te lig of nie?

replies: 65
views: 1334
page 1 of 2
26 Jan 2019 @ 18:53:30 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1572
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Hierdie onderwerp is al hoeveel keer bespreek en die konsensus is:

Jy tel nie jou karavaan met die "corner steadies" op nie.

Jy gaan hom breek/buig/kraak ens.

Die foto is Donderdag 24 Januarie 2019 deur myself by 'n gesiene handelaar geneem. Dit was reeds verkoop en die nuwe eienaar se naam is op 'n klein kennisgewing in die venster geplak.

Nou as die handelaar dit doen, wie dra die risiko vir enige gevolglike skade? Definitief nie die handelaar nie.

Ek was geskok eerder teleurgesteld om dit te sien.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2019 @ 19:15:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

๐Ÿ˜ญ....en dit nog 'n Penta wat geneig is om te kraak. Dis seker ook hulle wiele wat loskom na 100km....na 'n diens

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2019 @ 20:38:49 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 530
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Proffie, ek sou onmiddelik die werkswinkelbestuurder genader het en gevra het of dit hul normale werkswyse is en of hy bewus is van die moontlike gevolge daarvan.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2019 @ 21:23:06 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 863
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Die karavaan is nie perdalks met die 'jockey' opgelig aan die voorkant - en toe is die 'steadies' laat sak nie? Ek doen dit só om my karavaan in sy lengte te 'level'. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 06:19:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 08:26:26 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Die foto is nie duidelik nie. Was daar nie dalk bokkies onder die as nie ?. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 09:01:26 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2734
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

I have an Off-Road Caravan and the steadies are designed to lift the caravan at the back, as a recovery aid. The caravan body is only about 3.5 - 4.0 m in length...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 12:12:18 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1572
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Willie, geen maar geen stut onder die as nie.

Die wa het aan die hoekstutte gehang.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 12:17:33 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1572
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Hi Edge

There is a distinct design difference between the later on-road van suspension and that of an off-road van.

I had a Commander before and its suspension was designed and made to handle rugged terrain. Its rear 'steadies' was able to carry the weight. Road vans with the modular suspension not.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 12:27:25 pm
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Hi manne help my reg asseblief wat is die korrekte manier om n pad woonwa level te kry. Jammer vir die Dom vraag maar ons het vir jare off road wa gesleep en wil nie graag  my Swing knak of buig nie. Byvoorbaat Dank.

GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 12:47:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek probeer eers hom in die breedte level te kry as dit nodig is....met daai geel leveling blocks onder die wiele. Dan met die jockey draai ek hom tot hy level is in lengte. As karavaan level is....dan laat sak ek eers die corner steadies tot elkeen lekker op grond druk. So ek gebruik geensins die steadies om die karavaan help waterpas kry nie (karavaan is reeds waterpas voor steadies uitgedraai word) 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 13:05:51 pm
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years
Dankie ek wardeer jou inset. As die wa level is en die steadies se poteย  raak die grondย  hoeveel moet ek elkeen afdraai of moet hulle net stewig staan?
GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 13:40:18 pm
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 156
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 34 years

I do exactly the same ,once the steadies touch the ground I give each steady 3 to 4 full turns and  rock the caravan to see if it is steady, I leave the movers engaged and release any tension in the handbrake or keep the handbrake pulled up.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 13:44:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Lekker stewig. Jy sal gou voel as jy hom te min gedraai het...karavaan beweeg as jy in en uitklim of rond beweeg in wa. As ek steady afdraai tot op grond, dan ruk ek so bietjie aan karavaan....jy sal gou sien as steady nog meer afgedraai moet word....platform beweeg op oppervlakte. Draai af tot steady oppervlakte nie meer oor grond of gras se oppervlakte beweeg as jy aan hom ruk nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 15:42:36 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 538
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

wat die oog nie sien nie. maak die hart nie seer nie?

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 16:05:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis waar Swanie....as mens n 2de handse karavaan koop weet mens nie deur watter "hammering" hy oral deur is nie....as hy goed lyk voel jy hy is goed opgepas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 16:16:49 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Dis net daar hoekom ek NIE my wa na die handelaars weer wou neem na ek hom nuut gekoop het nie, hul kan hul service boekie maar druk, hulle raak nie weer aan my karavaan nie. Van my expo af kon ek sien die manne is nie spesialiste nie, hulle slaan 'n deur reguit as jy vra om te vervang. Hul gee net enige volgende item eerder as om probleem op te los.

Ag nee dankie!


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 17:25:21 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Manne die is interessant. Vertel my, waar kraak die karavaan. As die chassis so swak is en kan kraak hoe kan jy dan nog n towbar aansit en iets sleep met dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 18:58:58 pm
Anonymous

Die krake begin bo-kant die deur, reg in die middel.

Gewoonlik as ek my steadies sak, voel ek die deur se oopmaak en toemaak.

Indien die deur skuur, weet ek die "jack" is verkeerd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 19:57:44 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

 

Ditto

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 20:02:38 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

 

Ek laat sak stutte met boor.  Sit boor op hoe torque en druk stut vas. Gewoonlik so 3kwart draai. Werk puik vir my.  Wa staandan vas

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 20:13:26 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Sover ek kan onthou het Jurgens ook in handleiding genoem dan steadies is nie vir lig van wa nie of om die vrag te dra nie, net om te stabiliseer..

Ek het ook die krake op BAIE karavane gesien bo die deur.... Ongelukkig is die waens nie gebou daarvoor nie.. Die chassis is ook maar eish eish... Ekt bietjie onder my wa geloer en als deurgekyk met die batterye wat ek moes insit en die chassis is maar nie die sterkte wat mens sou wou he nie.... AS die chassis nie sou vervorm nie, maw nie buig aksies he as jy hom jack met steadies nie, was jou kanse beter...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 20:33:49 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Bak oor ek wou 'n sleepstang vir 'n Palma opsit en Jurgens se fabrieksmense het my gewaarsku dat net die gewig van die sleepstang die onderstel sou laat kraak. Wou nie luister nie en die sleepstang opgesit om ons baie ligte padfietse (resiesfietse) op te vervoer.

Ons toer permanent rond en sleep regtig baie.  Na so 'n jaar was daar wel krake bo die deur maar niks ernstig nie. Hou toe op kompeterend fietsry en gooi die fietse sommer in die bakkie.  Daai sleepstang lyk toe so kaal dat ek die spaarwiel daar vassit. Lekker uit almal se pad.

Paar maande later is daar 'n helse geskuur net buite Mosselbaai - agterent van die karavaan le op die pad.  Met baie groot moeite en los wiele onder die stert Mosselbaai gehaal.  Onderstel is twee keer daar herstel, sonder sukses.

Met korter waens kan dit seker werk, of as jy baie min sleep, maar ek sal beslis nie weer iets agter die wa hang nie.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2019 @ 22:52:48 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1572
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Flip

Baie dankie vir hierdie inligting.

Dit antwoord baie vrae. Ek het ook 'n trekstang op die Penta gesit vir 2 fietse vervoer. Dit teen die raad van die handelaar. Ek moes toe dokument teken dat ek aanvaar my onderstel word nie deur waarborg gedek nie. Die wa was nuut (2017).

Met die ry af Malelane toe met basies 'n leë wa, het hy al geswaai. Met die fietse op so erg dat hy die Discovery met al sy elektroniese trickery rondgegooi het.

Fietse af, trekstang (38kg) afgehaal. Probleem opgelos.

Nou dat ek lees van die krakery met 'n trekstang, is ek baie dankbaar dat ek dit laat afhaal het.

So leer mens .......amper te laat.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 06:11:44 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 770
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

My Palma het ook 'n "kraak" in die middel van die linkerkantse voor venster opgetel. Dit het veral gebeur met die vorige Pentas en Palmas. Myne was 'n 1998 model.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 06:25:49 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8196
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Regte tyd, verkeerde plek. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 06:33:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is 'n baie goeie maatreel om te gebruik. As die deur nie gemaklik toe maak nadat jy die hoekstutte op die grond het nie is die onderstel skeef getrek.

Doen dit maar oor.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 06:35:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sou die foto na die betuurder van die betrokke handelaar toe stuur.

Lys dat ons bekend is met die gebreke bokant die deure en dit is on aanvaarbaar dat 'n wa so hanteer word alvorens hy verkoop word of afgelewer word.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 09:36:52 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1572
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Het gereken om dit te doen.

Sal vandag dit doen.

Sal ook van enige respons hier terugvoer gee.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 10:09:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Weet jy Pottie hy kan dit seker afmaak as iets onbenullig of daadwerklik iets aan die saak doen.  Dis nou maar vir hom om te besluit.

Gelukkig aan jou kant het jy nie die handelaar se naam hier genoem nie dus behoort alles tip top te wees sou die  bestuurder vir ons wou kom kuier.

Een ding is seker mens doen maar alles wat jy kan om jou wa op te pas want hulle kos baie geld.  As 'n handelaar hulle so hanteer hoelank sal dit vat voor die wa sy skete en pyne wys.

Sal graag wil hoor wat is sy antwoord.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 13:46:19 pm
RichardJ
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 200
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 51 years

Further to the discussions re cracking due to levelling stays, towbars and or spare wheels, what experiences or recommendations does anybody have in regards advisability of mounting airconditioners on the back?

My interest relates to Exclusives.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 13:53:10 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

I have not heard of an Exclusive caravan that showed indications of cracks above the door.  This could be because of the fact that the solid roof compared to a popup roof assists with supporting the whole structure.

I have owned two Penta Caravans. One a 1994 model the other a 2000 model. I towed with both of them a boat behind the caravan and not with either of them did I experience cracks above the door.

Thus I am not saying that the extra weight such as aircon or spare wheel is not contabuting to the crack problem but is merly pointing to the fact that I towed boats behind my caravans and did not have problems.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 14:37:10 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 649
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Niemand noem die grond-ramps waarop jy ry indien die grond van kant-tot-kant skuins loop nie.

Ek het twee van daai en het dit wel al gebruik. Ek ry dan met my movers my 'vaan op teen die "ramp" totdat die bubble wys dat die 'vaan van links na regs gelyk staan.

Dan jack ek die neuswiel op of af totdat die 'vaan oor die lengte gelyk staan. En DAN eers laat sak ek die hoekstutte totdat hulle net-net stewig staan.

Ek dink dit bly nogal 'n ope vraag oor wanneer die hoekstutte presies alle gewig van die wiele afhaal, en wanneer die wiele steeds n deel van die gewig dra. 

Ek lees (onthou ek is nog nuut hier) met kommer oor die kraak bokant die deur. Wat is julle ouens se ervaring/opinie/aanbeveling oor die Jurgens Fleetline?

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 14:54:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit wat jy doen met die wiel ramps is wat meeste by ongelyke grond doen. Dit werk puik en keer so dat die hoek stutte gebruik word om die wa te lig.

Raakende die kraak by die deur hoef jy jouself net te bekommer as jy nie sulke maatreels tref soos wat jy tans doen nie.  Ja die Fleetline kry ook die kraak maar as jy die ramps gebruik en die gewig van die wa op die wiele hou en nie op die hoekstutte nie behoort jy nie krake te kry nie.

Ek het gemaak en gewerk soos jy met twee Pentas van 1997 af tot 2011. Beide karavane verkoop sonder sulke krake.

Doen wat jy doen en pas die wa op soos jy tans maak dan gaan hy jou baie lank hou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 20:04:43 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ekt altyd 'n baksteen of 2 gaan soek en kom toe agter movers kan nie eers 'n paving steen opklim nie. Toe kry ek ook daai ramps van Thule in 'n stel en het dit 2x gebruik desember 2018


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2019 @ 22:46:08 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek is dankbaar ek het die inligting gekry. Het eenkeer my wa so opgetel om bearings te check. Nou hoe gemaak nou, die wiele een een op Jack?. Selfs dit sal ook dan die karavaan skeef trek. Kommerwekkende ontwerp, bou en vakmanskap. Sal dit wraggies nie van n Jurgens verwag het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 06:21:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jy kan jou bekommernis so bietjie gerusgestel. As jy die wa aan eenkant onder die As, oplig met 'n domkrag dan is dit dieselfde hy staan op sy wiel en kan jy aan die wa se laers werk.

Die groot ding is maar om nie die wa op te lig enige plek as die onderstel naby aan die as nie. Ek het dit vele kere al gedoen en doen dit steeds met die "12V jack" as ek byvoorbeeld by 'n dam staan om die wa waterpas te kry waar die grond gewoonlik baie skuins af loop water se kant toe.

Weens die dubbel wiele kan ek nie een wiel trap in sit nie. So nou gebruik ek maar die "Jack"

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 11:40:09 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Die krake kom voor by waens waar die deur aan die voorkant sit en waar die "inklim-trap" onder die onderkant uitsteek. M.a.w. daar is nie genoegsame support nie. 

In die geval waar die wa opgejack is en die stutte net tydelik afgedraai is vir veiligheid kan ek nie sien dat die die chassis in gevaar is om mee te gee nie.

Hierdie is slegs my bydrae  tot die onderwerp en ek stry nie met julle oor dit nie.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 12:29:02 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ek sou reken dat as n wa sou kraak met slegs in die stilstaande possisie, dan is daar n groot skroef los.. want nie almal kraak nie en almal is blootgestel aan swak paaie waar slaggate aan die orde van die dag is, en in beweging is die kanse vir kraak deur n hobbel of slaggat baie groot.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 12:44:47 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Die krake maak nou sin vir my. Die gat wat uit gesny is waar in die deur pas verswak  die linker sy paneel omdat daar min vleis (paneel) bokant die deur is en nou praat ek van waens met pop up dakke. Ek glo dat karavane met soliede dakke nie die probleem het. Daarom waens soos die exvlusive met soliede kant en dak konstruksie nie probleem sal gee. As iemand met n vaste dak ook probleme met krake al gehad het sal ek graag wil weet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 12:49:35 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek glo nog steeds as jou steadies rollers onder aan het in plek van plat plaatjie sal dit ook help om minder stress op die konstruksie te sit as jy die ws op tel. selfs help ook as jy oor pad hobbels ry en jou steadied sleep op die grond

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 13:03:59 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 343
Joined: 28 Feb 2018

Them cracks is the same in airoplane, crack above windows and doors called metal fatigue, first notices on Comet airoplanes, that break up in air, mostly due to square windows and doors, thus all windows and doors on airplains oval design these days , may be time the caravan industrie follow a winning structural design concept 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 13:27:41 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

My Elegance het gekraak. Want die afstand tussrn die " haak-bal " en die aste is te groot. 

Nadat die supports op die chassis ge.installeer is deur Loftus was dit reg. Hulle het ook die kraak suksesvol herstel.  Ek het verstaan dat al die Elegances hierdie modifikasie moes ondergaan.  Maar hier was dit ook n geval van n deur aan die voorkant met geen support aan die onderkant.

Daar is seker die gevalle waar n spesifieke wa swakker is as die volgende een.

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 15:12:47 pm
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 81
Joined: 20 Feb 2017

Die Caravette 6 (1995) doen dit ongelukkig ook, een van die vorige eienaars van myne het dit ook nie reg gedoen nie, dit het 'n uitstulping bo regs van die deur veroorsaak.  Het vir myself so 'n step-up gemaak en ek maak seker ek doen die "leveling" reg soos hierbo beskryf en die uitstulping het tot dusver nie vererger en die haarfyn krakie nog nie groter geword nie. Of dalk is dit omdat ons nie baie by kamp kan uitkom nie winkcry

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 15:51:15 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek sal ook graag modifikasies aan my chassis wou maak om die ding sterker te maak, maar dit als = gewig issues...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 17:18:05 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1572
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek het inisiele terugvoer vanaf die handelaar gekry. Hy het ook die foto versoek en belowe om die saak te ondersoek en na my toe terug te kom met watookal.

Ek het hom genoem dat ek dit op hierdie forum geplaas het sonder om die besigheid se naam te noem. So ook met sy terugvoer.

Kan iemand dalk help?

Hoe kopieer en plak (copy & paste) ek vanuit 'n e-pos na 'n draad op die forum?

Ek kry "gecopy"  maar die forumdraad laat my nie toe om te plak nie. Ek werk op android tablet.

Wil graag die handelaar terugvoer copy & paste.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 19:31:51 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2020
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dit is nie net lang waens met deur aan voorkant wat kraak nie. Het Sprite Scout gehad wat 'n klein wa is met deur agter en hy het ook kraak gehad. 

Geruik ook lankal die "deur toets " nadat ek geleer het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2019 @ 22:19:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek weet nie van tablet nie.....op gewone rekenaar het Danie SLK my geleer om "Ctrl" en "v" gelyktydig in te hou

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 06:00:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Maklikste is om sy terugvoer te "save" as 'n foto of jpeg file en dit dan hier as a foto te plaas.

Gaan dalk moeilik wees vir ons om te lees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 09:03:27 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Oky. Ons moet dus aanvaar dat daar swak samestellings in sommige waens se konstruksie is.

As ek reg onthou is die "supports" beskikbaar by jurgens handelaars. 

Dis sulke brackets  wat vasbout op die  " lengte - beams"  

As jou wa se chassis vandieselfde  afmetings is as die groot waens,  dan sal dit werk.

Ek dink nie die gewig kan n groot verskil maak nie. Dis eintlik groterige stukke hoekysters wat die lengte support om nie te "buig "   nie.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 09:09:58 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Wou nog sê....   die swak paaie wat se ry gerief hobbelrig is, en slaggate is perdalks die grootste sondaar om die lengte beams n "whip-aksie"  te laat ondergaan en die swak konstruksie rondom die deure kan dit nie hanteer nie. Ou jurgense van die sewentiger jare kon dit hanteer.  ๐Ÿ˜Ž

Dalk die tipe staal waarvan die beams gemaak word ook n faktor.   

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2