Ons wil vroeg volgende saar net na die skoolvakansie Suidkus toe vir so vyf dae. Ek oorweeg of Oasis in Uvongo ( Flip en TIlla 6 sterre) of Port-O-Call in Trafalgar (F en T 5). Was enige van julle onlangs daar. Watter een be veel julle aan, of is daar ‘n beter opsie. My vereistes is mooi staanplek, mooi skoon ablusies, sekuriteit, redelik naby die see (wil bietjie lyn nat maak) , beskud teen wind, en ‘n swembad.
Ek was nog nie by Oase nie, so kan nie sê watter een is beter nie, maar Port o Call by Trafalgar het die pragtigste kilometers wit strande. As jy wil lyn natmaak vanaf die strand, sou ek dink Trafalgar gaan beter opsie wees....ook baie stiller. Kamp is op die strand agter n duin...baie skaduwee staanplekke.
Baie mooi geleë
Jy kan ook TO Strand sterk oorweeg.
Hy voldoen aan al jou vereistes.
Probeer ook gerus iLanga karavaan park , Banana Beach ,so 10 km van Port Shepstone
Ideaal vir hengel en sal aan jou vereistes voldoen