Ek sien dat VW 'n nuwe opgegradeerde Amarok bekend stel iewers naby Nov 2020. Die V6 enjin is die grootste verandering deur dat die 165Kw vermeerder na 190Kw met 'n enjin boost na 200Kw vir 10sek.
Die torque vermeerder verder met 25Nm na 580Nm teen lae enjin toere van omgewing 1700rpm.
Die brandstof verbruik word gegee as 9.8 l per 100km.
Die Tipper sal darem baie gemaklik 'n groot karavaan sleep.
Waar gaan die tegnologie en kraglewering eindig?
Het hom gesien, met n prys van R 1m.
Ja ja................. dis flippen baie moelas vir 'n tipper.
Amarok is, lyk dit my, besig om die statusposisie in te neem wat Mercedes gehoop het om met hulle Navarra te beklee. Volkswagen doen dit egter reg deur 'n werklike Volkswagen aan te bied. Enige moontlike duurder bakkies van die statusmaatskappye wat dalk mag kom, sal waarskynlik nie veel aanhangers hê nie as gevolg van hoë pryse. Ek is nog altyd 'n bewonderaar van die Amarok maar teen watter prys ookal, steeds nie 'n bakkieman nie, so ek hou die ontwikkelinge maar van die kantlyn af dop. As ek 'n Amarok sou wen, sou ek hom verkoop.
Ek het my dubbelkajuit-dae gehad en sal seker nie gou weer soontoe gaan nie, maar as ek sou moes sou ek n Amarok gekoop het. Dis n great bakkie.
Ongelukkig gaan hy oor twee jaar nie meer daar wees nie. Ford het vir Amarok oorgeneem en is reeds besig om sy aanleg by Silverton te verander om n nuwe Ranger/Amarok te bou. Amarok het n koddige verklaring uitgereik waartydens hulle sê dat hulle nie sonder Ford se ingryping sou kon bestaan nie. Die Amarok gaan van nou af 80% soos n Ranger lyk.
Aggenee! Nou loop hulle dieselfde paadjie as MB. Ek het geen probleem met die Ford bakkies nie, maar wel dat 'n wennerbakkie soos Amarok gaan verdwyn- of sal dit? Ons sal seker mettertyd sien wat van die egte VW bakkie oorbly.
Party wen, ander verloor.
Ek het my dubbelkajuit-dae gehad en sal seker nie gou weer soontoe gaan nie, maar as ek sou moes sou ek n Amarok gekoop het. Dis n great bakkie.
Ongelukkig gaan hy oor twee jaar nie meer daar wees nie. Ford het vir Amarok oorgeneem en is reeds besig om sy aanleg by Silverton te verander om n nuwe Ranger/Amarok te bou. Amarok het n koddige verklaring uitgereik waartydens hulle sê dat hulle nie sonder Ford se ingryping sou kon bestaan nie. Die Amarok gaan van nou af 80% soos n Ranger lyk.
As dit soos die prentjie lyk verkoop ek my vrou vir 'n nuwe tipper.
Wat gaan jy met die res van die geld doen wat oor is.......
Haar terug Koop........
Ek dink nog steeds dat die Amarok is die beste bakkie op die mark. Maar, ek is nie bereid om daardie prys te betaal vir n kar, en nog meer te betaal vir extras net om Sentraal Botswana en Noorde van Namibia te besoek nie. Te veel geld om dit met n kar te doen. Jy sal te bang wees jy krap die verf.
Vir daai prys glo ek nie sy verf kan krap nie........
Ha ha Piet Ford, jy is reg. 'n Man moet maar aanvaar dat die Sentrale Kalahari en Moremi en Savuti vir jou 'n paar krappe gaan besorg. Ons het dit die Kalahari Car wash genoem.
Eish. Een keer in Xai Xai was die enigste manier om te verhoed dat jou kar in die veld-modder beland was om teen 'n bos te gaan stop. Daar was geen manier om ons karre in 'n reguit lyn te hou nie en die voertuie het eenvoudig buite beheer dwars gedraai en gegly tot teen/binne' n bos waar jy maar weer moes spin-spin-spin totdat jy uitgeskuur was.
Weer ... EISH.
Vir daai geld koop ek liewer 3x Rangers of 2x hiluxes wat dieselfde job doen
Nice bakkie maar R900000 plus vir hom vir my te veel geld en ja baie ouens sal hom koop vir my te duur
Ha ha Piet Ford, jy is reg. 'n Man moet maar aanvaar dat die Sentrale Kalahari en Moremi en Savuti vir jou 'n paar krappe gaan besorg. Ons het dit die Kalahari Car wash genoem.
Eish. Een keer in Xai Xai was die enigste manier om te verhoed dat jou kar in die veld-modder beland was om teen 'n bos te gaan stop. Daar was geen manier om ons karre in 'n reguit lyn te hou nie en die voertuie het eenvoudig buite beheer dwars gedraai en gegly tot teen/binne' n bos waar jy maar weer moes spin-spin-spin totdat jy uitgeskuur was.
Weer ... EISH.
Dit is hoekom ek my 2016 Jeep Grand Cherokee maar ingeruil het op die ranger. Baie lekker kar en kon n karavaan met n smile sleep. Maar, moes die heel naweek met color match polish krappe uit polish toe ons terug gekom het van n week in die bos.
Ha ha Piet Ford, jy is reg. 'n Man moet maar aanvaar dat die Sentrale Kalahari en Moremi en Savuti vir jou 'n paar krappe gaan besorg. Ons het dit die Kalahari Car wash genoem.
Eish. Een keer in Xai Xai was die enigste manier om te verhoed dat jou kar in die veld-modder beland was om teen 'n bos te gaan stop. Daar was geen manier om ons karre in 'n reguit lyn te hou nie en die voertuie het eenvoudig buite beheer dwars gedraai en gegly tot teen/binne' n bos waar jy maar weer moes spin-spin-spin totdat jy uitgeskuur was.
Weer ... EISH.
Daardie foto's laat my so lus voel vir Botswana.
Deel asseblief die link van die aankondiging dat Ford die Amarok oorneem.
Ek het gehoor van die saam deel van enjins of so iets maar nie geweet van die oorneem nie.
Hier in die Kruger is daar meer Fortuners as mense.
Wil net uitwys vir die wat belangstel, die Amarok het nie "low-range" / transfercase" nie wat beteken hy is nie n regte 4x4 nie, hy is eintlik net n "soft-roader" wat beteken hy is meer kar as 4x4.
https://www.parkers.co.uk/vans-pickups/news/2020/Volkswagen-amarok-discontinued/
Johan, daar is verskeie artikels oor die Amarok wat nie meer gemaak gaan word nie.
https://www.parkers.co.uk/vans-pickups/news/2020/Volkswagen-amarok-discontinued/
Johan, daar is verskeie artikels oor die Amarok wat nie meer gemaak gaan word nie.
Die artikel meld dat hy in Europa gestop word. Weet nie van hier nie. En meld ook van die Amarok en Ford storie vir 2022.
Sal maar sien as ons daai tyd nog hier rond is.
Ek kan nog nie besluit hoe ek voel oor die samewerking tussen Ford en Volkswagen nie. Ek dink beide bou goeie voertuie. Ek het 'n 2.1 Kombi vir ongeveer 30 jaar gery en ek het die Kuga gekoop omdat ek geglo het dis 'n goeie voertuig, en die klein VW SUV is ook 'n goeie alternatief, maar ek is nie so seker dat ek van die idee van 'n samestelling van die twee sal hou nie. Die tyd sal wel leer. As dit net om die bakkies gaan, raak dit my nie direk nie want ek sal nie 'n bakkie koop nie- dis net meer sentimenteel.
As n ou innie giskiedesis terug gaan hou so samesmelt gewoontlik nie lank nie
Interesant jy noem dit. Ons het een keer by Marloth park gebly, by Krok. brug ingegaan en die sirkel gery by Malelane uit. My vrou het op daardie pad gese "dis n rekord, ek het vir die laaste half uur nie n Fortuner gesien nie".
As jy goed is......is jy goed.
Waar staan julle nou Paul.
Jip, hier is hy, Leon. So VW vervang al sy Amarocs behalwe sy V6 diesel. Maar eish, daai prys van amper een miljoen is darem straf!