English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 439
Total Replies: 251 857
Total Views: 83 200 489
topics: 11 520
replies: 138 665
views: 39 318 802
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ONNODIGE ITEMS

replies: 18
views: 422
17 Feb 2020 @ 10:13:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Na aanleiding van Geert se onderwerp wat pak jy in die neuskas.  Vra ek nou wat se items kan jy hier lys wat jy in jou karavaan pak wat jy vir die laaste drie kampe nie gebruik het nie.

Dit maak dalk deel uit van daai ingeval ek dit nodig het items

Myne is:

  • 2 x lengtes kreepy krawly pype om grys water direk in 'n blom bedding te lei.  Sou ek die wa so kan parkeer op 'n stand om dit te doen.  Tans gebruik ek nog altyd 'n skottel wat ek leeg maak.
  • 2 x Rally sykante. Het die een kant net eenkeer gebruik.
  • 1 x Karavaan gas bottel.  Het net een keer die stoof gebruik om water te kook tot op hede.  Moet dalk die karavaan gas bottel gebruik vir die Gas braaier.  Dit beteken 1 x gas bottel minder.
  • 12V lig wat gebruik was saam met die  Penta se Add-A-Room.  Ek kan dit eintlik verkoop.
  • Pyp met 'n 12V pompie ingeval die kraan nie bereikbaar is met die tuinslang nie.  Nog net met een geval gebruik.
  • Slinger om hoekstutte af te draai.  Ek gebruik boor met socket en extension.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 10:28:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jammer dit is Bak Oor se onderwerp oor die neuskas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 10:52:02 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Leon. Elke keer as ek terug kom van n kamp dan pak ek my hele karavaan uit. Bedde goed van die bed af alles. Dan maak ek dit skoon soos ek tyd het maar alles word in die garage gepak tot volgende keer.

Wanner ek weer gaan kamp kyk ek vir hoe lank. Ek het gewoontlik n goeie idee hoe my stand lyk wat baie te dank is aan ander forum lede, Google en kaarte van die oord.

Dan Pak ek in net wat ek nodig het en vat die pad. Enigste ding wat ek altyd saam karring is my trollie jack, spaar wiel en toolbox maar dit le agter oppie bakkie

๐ŸŒช๏ธ Worry ends where faith begins ๐ŸŒช๏ธ
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 12:21:11 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Leon,

Toe ek nog gekamp het........net vir ingeval....

2 Ekstra grondseile. Mens weet nooit

Storm straps en Storm net. Sikloon kan Limpopo tref

2 Ekstra gasbottels..vol. Hout kan nat wees, Loadshedding???

Pomp vir opblaas matras, maar......geen opblaas matras!

2 Heaters....in die somer?

Dri Buddy.....vir n naweek???

Sokkerbal TV....hy werk nie.

Visstokke...ek vang nie eers vis nie...weet waar Fishaways is.

Speelgoed vir kleinkinders....hulle gebruik dit nooit. Speel met stokke en klippe.

 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 12:33:42 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon,

Toe ek nog gekamp het........net vir ingeval....

2 Ekstra grondseile. Mens weet nooit

Storm straps en Storm net. Sikloon kan Limpopo tref

2 Ekstra gasbottels..vol. Hout kan nat wees, Loadshedding???

Pomp vir opblaas matras, maar......geen opblaas matras!

2 Heaters....in die somer?

Dri Buddy.....vir n naweek???

Sokkerbal TV....hy werk nie.

Visstokke...ek vang nie eers vis nie...weet waar Fishaways is.

Speelgoed vir kleinkinders....hulle gebruik dit nooit. Speel met stokke en klippe.

 

Hannes ek het so deur jou lys gelees en die verwarmertjie in die somer kan ek ook lys.

Storm net kan ek ook lys maar ek gebruik hom net by die dam.

Dan het ek by die laaste kamp gesien ek het drie vyf meter extensions in die karavaan asook 'n ekstra 25m een op 'n tol.  Dis nou vir ingeval die krag punt ver is.

Soos Bak Oor sê, Mens kan baie goed by die huis los want jy weet 98% van die kamp kere reeds vooraf hoe dit daar by jou kamp plek lyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 12:47:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons het altyd nog ons voltent saam gery na elke kamp, maar ons het hom net Desembers gebruik vir lang verlof.....laas maand uit die wa gehaal....bly nou tuis....pale is nog in wa. Ek ry nog elke keer my hele 16kg tentpenne saam, maar gebruik alles net in Desembers.....naweke gebruik ons basies net 4x vir die awning. Te veel extensions saam. Dri buddy ook onder bed.....gebruik net Desembers. Extra buite ligte....word so nou en dan gebruik. Microwave pla my nog altyd.....het hom sedert 2015 net 2x gebruik, maar sou ook daai 2x sonder dit kon klaarkom. Waterbottel, wasbak en gasstoof reeds uit die wa verwyder. Silver seil gaan ookmaar saam ingeval onder n boom staan wat baie mors. Het 3x potte in wa, maar gebruik eintlik nooit meer as een nie. Gas bottel bly ook tuis....sal hom weer saam neem in die winter....vir die gas heater

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 13:57:53 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2229
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Leon, het jy iewers vir Elmarie raakgeloop? ๐Ÿ˜‚๐Ÿ˜‚

Sy kla elke keer dat ek onnodige goed saamry. Gelukkig nie tente nie maar sommer allerhande goetetjies wat glo plek neem en dan kan sy nie vir haar goed plek kry nie.  ๐Ÿ˜‚

Ons het kratte kampgoed met baie goed as al die kinders en kleinkinders saam kamp. Anders as dit net ons twee is net die nodige goed wat ons gebruik. 

Behalwe natuurlik my gereedskap hulle gaan altyd saam met ingeval. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 14:27:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Geert ek het net na ek die Classique gekoop het my karavaan se tent uitrusting in twee gedeel.  Dit wat ek vir die hoof tent gebruik en dit wat ek vir die Rally gebruik.  Dit sluit penne toue en pale, alles in. Ek het selfs so ver gegaan om vir die Classique se rally 'n skirt addisioneel te koop. Om so doende niks van die hoof tent saam met die rally te gebruik nie.

Sedert dien lê die hoof tent op die rak in die  Garage en hy word net gelaai as ek hom op 'n trip gaan gebruik.  Skielik was daar 'n magdom plek in die karavaan vir verskeie items veral in die neus kas.

So met die tyd kom ons meer agter van wat kan bly en wat gaan saam.

Leon, het jy iewers vir Elmarie raakgeloop? ๐Ÿ˜‚๐Ÿ˜‚

Sy kla elke keer dat ek onnodige goed saamry. Gelukkig nie tente nie maar sommer allerhande goetetjies wat glo plek neem en dan kan sy nie vir haar goed plek kry nie.  ๐Ÿ˜‚

Ons het kratte kampgoed met baie goed as al die kinders en kleinkinders saam kamp. Anders as dit net ons twee is net die nodige goed wat ons gebruik. 

Behalwe natuurlik my gereedskap hulle gaan altyd saam met ingeval. 

Lyk my eerder Elmarie en Lindy is kop in eenmus en hulle ken mekaar van iewers af.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 14:31:14 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het 'n gespottery oor my vrou se "just in case" sak. Sy dra 'n saak sam met 'n klomp goed in wat sy miskien mag nodig kry. Ek sal nie alles opnoem nie, maar net genoeg om my punt te maak.

"n Beursie, ingeval sy geld benodig.

'n Kredietkaart, ingeval sy iets wil koop.

'n Victotinox knipmes met 'n skêr en wat nog alles ingeval sy wil wat nog alles.

'n Naelfyl, ingeval sy wil naels fyl.

'n Spieeltjie, ingeval sy na haarself wil kyk.

Tissues, ingeval sy haar neus wil blaas.

'n Selfoon ingeval sy wil bel of gebel word of whatsups kry of wil stuur.

Wel, so kan ek aangaan.

My karavaan neuskas dien soort van dieselfde funksie. DW 40, Pliobond, Pratleys, gereedskap, spaar sekerings, duct tape, 'n plat materiaal oprol tuinslang, buite ligte, 'n byl, 'n boogsaag, 'n torque wrench, 'n battery boor, blitz, gasstofie top, diffuser, opvou braai, rooster en staal borsel, en nou is ons omtrent halfpad.

Ek ry dit saam, want vroeër of later gaan geskiedenis homself herhaal, en gaan ek iets daarin nodig kry, en baie vies wees vir myself omdat dit by die huis lê.

Terloops, my neuskas inhoud word nie by die huis uitgepak of gebruik nie. Dit is net vir kampeer "ingevalle".

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 17:01:46 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ons wa staan by stoorplek, wat dit moeilik maak om die regpak ding te doen. Ek bring hom vir dag huis toe om te pak en uit te pak. Ons was nou vir paar dae by Drakensville en het met die oppak n klomp onnodige goed uitgehaal. Dit is nodig om so af en toe al die “ ou en ongebruikte” goed uit te haal. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 08:16:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het 'n gespottery oor my vrou se "just in case" sak. Sy dra 'n saak sam met 'n klomp goed in wat sy miskien mag nodig kry. Ek sal nie alles opnoem nie, maar net genoeg om my punt te maak.

"n Beursie, ingeval sy geld benodig.

'n Kredietkaart, ingeval sy iets wil koop.

'n Victotinox knipmes met 'n skêr en wat nog alles ingeval sy wil wat nog alles.

'n Naelfyl, ingeval sy wil naels fyl.

'n Spieeltjie, ingeval sy na haarself wil kyk.

Tissues, ingeval sy haar neus wil blaas.

'n Selfoon ingeval sy wil bel of gebel word of whatsups kry of wil stuur.

Wel, so kan ek aangaan.

My karavaan neuskas dien soort van dieselfde funksie. DW 40, Pliobond, Pratleys, gereedskap, spaar sekerings, duct tape, 'n plat materiaal oprol tuinslang, buite ligte, 'n byl, 'n boogsaag, 'n torque wrench, 'n battery boor, blitz, gasstofie top, diffuser, opvou braai, rooster en staal borsel, en nou is ons omtrent halfpad.

Ek ry dit saam, want vroeër of later gaan geskiedenis homself herhaal, en gaan ek iets daarin nodig kry, en baie vies wees vir myself omdat dit by die huis lê.

Terloops, my neuskas inhoud word nie by die huis uitgepak of gebruik nie. Dit is net vir kampeer "ingevalle".

Ek het ook so paar stukke gereedskap.  Dit is nie eers in die neuskas of "Boot" van die wa nie.  Ek het nog so klein kassie binne die wa ook waar die dinge is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 11:57:52 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Toe ons die beplanning vir ons 30 maande toer doen was dit 'n moelike besluit wat om te los en vat. Ek het destyds vir my 'n excel program geskryf wat die gewigs verspreiding oor die kombinasie bereken het na alles geweeg en hul posisie bepaal was.

Sodoende kon en al die tente neem om voorsiening te maak vir kort en lank staan. Heelwat gereedskap ook saamgeneem. Ek kan nie aan iets dink wat ek nie weer sal inpak vir so 'n toer nie.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 12:03:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hendrick op so lang toer sorteer 'n mens jouself vinnig uit ten opsigte van wat gaan saam en wat bly.  Dis seker maar hoekom jy staan by dit wat jy gepak het.

Die res van ons wat enkel naweke kamp en dalk eenkeer 'n jaar langer die wa gebruik moet maar so met die tyd leer.

Ons beurt sal kom om daai lang kampe deur te werk..................laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 12:08:31 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Leon, ek dink dis moeiliker om vir die lang toer te beplan. Wat jy los moet jy vir lank sonder bly en tweedens die gewigs beperking van die kombinasie.

Of het ek iets gemis en gaan die draad net oor wat jy los met kort kampe?

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 20:14:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Vat saam net die nodigste.

As die weer sleg is vir n naweek gaan die sykante saam. 

Lank staan is 7 Dae en meer die vol tent saam.

Tans is daar meer kamp goed in die explorer se garage van die classique as binne die classique.

Tot die warm blaas heater lê op die rak.

Nodige penne, toue en pale.

Dan wat saam ry en dit nog net nou in Desember nodig gekry het na al die jare,......

Adendorff skêr battery jack.

Pomp en band herstel.

Nood toerusting, glim baadjie en sleep tou....end.

Koop naby of by die kamp my hout.

Net die Girl pak die kaste vol klere vir n naweek wat nog nie aan my drie stelle wil byt nie.

 

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 06:55:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die drie stelle klere is 'n plan Jin.

As ek my sin kry loop ek in my swembroek rond en swem net gereeld om hom skoon te hou.

Klink so al vir my of ons vuil varkies is............................. laughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2020 @ 17:09:57 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 806
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

vang nou eers op maar baie interesant

 

Ek het lankal begin minder saam ry as dit vir 3 kampe nie gebruik was nie bly dit tuis

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2020 @ 14:46:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

My tentpen sak alleen was oor die 16kg.....en gebruik dit net Desembers tydens lang verlof. Ek het nou dit uitgehaal en net 4x penne ingelaai vir die 2x awnings

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2020 @ 10:51:50 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Die drie stelle klere is 'n plan Jin.

As ek my sin kry loop ek in my swembroek rond en swem net gereeld om hom skoon te hou.

Klink so al vir my of ons vuil varkies is............................. laughinglaughing

 

OF gewese - Infanterie Samajore.laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za