English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 124
Total Replies: 227 581
Total Views: 82 274 504
topics: 777
replies: 12 445
views: 4 973 455
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

ONKUNDE OF SPOED !!

replies: 35
views: 7472
20 Mar 2015 @ 20:44:42 pm
Jacques24
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 15 Dec 2014
Experience: 8 years

 Hierdie foto op facebook gekry, vanmiddag gebeur op N1.  Wat dink jul is die oorsaak, net baie jammer vir die persoon en gesin , hoop niemand is ernstig beseer nie.

Get your facts first, then you can distort them as you please.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 08:27:33 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ai tog.. is dit n conqueror karavaan of sleepwa? Lyk soos die sleepwa soos n comfort? 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 08:28:55 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2957
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Met sleep trailer = 90% onkunde en 10% spoed.

Mense besef nie dat n trailer net so swaar soos Wa kan wees nie. Ek het my kinders BEVEEL as hulle die trailer sleep, 100km/h niks meer nie. Ek gee nie om of hulle met n Bus sleep nie.

Ek kry baie mense op die N1 Noord Limpopo toe, dan sleep hulle gewoonlik met Pajero, s Fortuners, Prado, s en Landrovers teen 140km/h. Die ergste is dan staan daar n kind 4 tot 5 jaar op die agter sitplek....nie eers vas gemaak nie.!!!!!!!

Is dit dan onkunde? NEE... dis plein STUPID!!!!! En daar is nie pille daarvoor nie.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 08:30:31 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Baie jammer om so iets te sien.. baie kere het ek ook al gesien mense soek skoor op die pad, hulle kom swaai so reg voor jou deur op die pad as jy karavaan sleep, en daai N1 is waar die ongeskikste bestuurders voorkom


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 08:44:52 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years
Ek sou se spoed meeste van die tyd. En ja onkunde kan n groot rol speel
"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 08:58:27 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3619
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

"Onkunde of Spoed".

Dalk nie een van die twee nie.  

Waarom is dit wanneer 'n kar en wa in 'n ongeluk is, dat daar gegis word die bestuurder is te blameer.undecided

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 09:03:26 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years
Dis waar hendrik soms is dit ander vaktore
"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 09:08:47 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Ek stem saam met Hendrik. Sonder feite is dit gevaarlik om te spekuleer. Hierdie kan net soseer die onskuldige slagoffer van 'n ander idioot se optrede wees.

Al wat elkeen kan doen is om self veilig te ry of te sleep. Baie botsings (dit kan nie eintlik ongelukke genoem word nie!) behels gewoonlik iemand wat droogmaak en 'n onskuldige slagoffer aan die ander kant.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 09:26:15 am
Die Lloyds
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 262
Joined: 15 Oct 2010
Experience: 13 years
Dankie Vader vir U beskermende hand! Almal lewe dis die belangrikste.
What Ever It Takes, NEVER GIVE UP!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 09:34:33 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years
Ek dink al wat hier belangrik is dat die hele gesin gespaar en ok is
"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 10:14:36 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Wel as niemand ń fout maak nie kan daar nie ń ongeluk wees nie

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 12:12:18 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Het gister (vrydag) van Mafikeng af terug gery en my spoed was 125km, en wragtig n Isuzu met Sprite Sport kom by my verby op die Rustenburg pad so teen 11h00 asof ek parkering soek, dink toe aan die spoed en dat ons reeds op vorige draad gepraat het oor sleep spoed.
Ry die ou in en wragtig hy sleep teen 145km. Gaan hom verby en merk dat die bestuurder my jare verby is.
Op sy ouderdom het hy seker die ondervinding maar die om hom het geen ondervinding nie.
Wel soos gese, dit kan of spoed of iemand anders wees wat n ongeluk kan laat gebeur.
Het die T-shirt waar n vrou voor my ingedraai het teen my spoed op 80km op n 120km pad en ek ook n Sprite Sport gesleep het. Het maar reguit gehou en haar saam gevat. Voertuig lekker seergekry maar darm nie die wa nie, haar voertuig was in sy moer.
Haar verskoning jammer nie gesien nie.
Spoed speel dus nie elke keer die faktor nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 13:22:55 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Dankie Vader vir U beskermende hand! Almal lewe dis die belangrikste.


Fhilip, het julle enige inligting gekry dat julle bly is almal lewe? Ons is ook maar net nieskierig oor wat so 'n gemors veroorsaak het.
Ons is ook bly as niemand erg beseer is nie. Ongelukkig is sy naweek in sy kanon in...
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 19:00:11 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Dieselfde insident was ook op Rob Byrne se twitter "traffic" webtuiste. Daar is 'n ander foto en dit lyk asof die voertuig se kajuit struktureel heeltemal ongeskonde was. Dit het op die N1 Noord gebeur net voor Sefako Makghato rylaan (Zambesi rylaan). Solank almal vasgegespe was, behoort daar waarskynlik nie beserings te gewees het nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2015 @ 19:48:08 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13742
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek hoop net die mense het nie seergekry nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2015 @ 14:45:31 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1490
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Elke rit bly maar n risiko, gelukkig is die Genade groot.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2015 @ 17:04:43 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years
Ek is daar verby Daar was TMPD voertuie geen Ambulans die Wa het in die heel regterbaan gestaan en die voertuig was op sy wiele in die linker geel streep.

Nie gelyk of iemand seer gekry het nie. gelyk of al die Ruite heel was van die sleep voertuig.
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2015 @ 17:33:41 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Swanie ek het Vrydag ook verby die toneel gekruip was oppad Bosveld Oase dit het my 4en n half ure gevat vanaf Secunda na Bosveld oase. Hoop hulle is ok
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2015 @ 19:31:02 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1592
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Bly altyd hartseer om te sien. Wonder self wat daar gebeur het.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2015 @ 20:08:57 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 720
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Het gister (vrydag) van Mafikeng af terug gery en my spoed was 125km, en wragtig n Isuzu met Sprite Sport kom by my verby op die Rustenburg pad so teen 11h00 asof ek parkering soek, dink toe aan die spoed en dat ons reeds op vorige draad gepraat het oor sleep spoed.
Ry die ou in en wragtig hy sleep teen 145km. Gaan hom verby en merk dat die bestuurder my jare verby is.
Op sy ouderdom het hy seker die ondervinding maar die om hom het geen ondervinding nie.
Wel soos gese, dit kan of spoed of iemand anders wees wat n ongeluk kan laat gebeur.
Het die T-shirt waar n vrou voor my ingedraai het teen my spoed op 80km op n 120km pad en ek ook n Sprite Sport gesleep het. Het maar reguit gehou en haar saam gevat. Voertuig lekker seergekry maar darm nie die wa nie, haar voertuig was in sy moer.
Haar verskoning jammer nie gesien nie.
Spoed speel dus nie elke keer die faktor nie.

Nie geweet 'n Isuzu kan 145km/u eers ry nie....lol. Stem dit is baie onverantwoordelik om daai spoed te sleep.

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2015 @ 11:26:27 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
KB 250 D/D nuut, seker 2014 model.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2015 @ 09:45:08 am
GT
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 21 Jun 2013
Experience: 45 years
Is daar iemand wie vir ons die gewig van die Conqueror Comfort kan gee? Hulle webblad wil nie met my praat nie??
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2015 @ 09:57:33 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Chuck - lyk my daardie D/D staan vir Dom/Donner weer

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2015 @ 10:03:15 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years

Tienie hier is wat ek vi jou kon kry n deel uit Leisure Wheels se article

720kg vind die link hier onder

www.leisurewheels.co.za/gear-2/off-road-trailer-the-conqueror-comfort/

 

"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2015 @ 10:10:15 am
GT
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 21 Jun 2013
Experience: 45 years
Baie dankie Andre, Ek gaan loer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2017 @ 06:50:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13436
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
https://youtu.be/siVH_cr5ZnE

Karavaan ongeluk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2017 @ 07:32:25 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2324
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ongelooflik!  Die reuse karavaan en die kêrel sleep teen meer as 120k/u!  Ongelukkig nie uniek aan die VSA nie.  Ek het hulle al self op die paaie gesien en daar was selfs lede op hierdie Furum wat baie trots was daarop dat hulle vinnig (en veilig!??) sleep!  Ek kan maar net sê "Kyk en leer", maar ek is bevrees dit sal nie gebeur nie.  Sulke mense is geneig om in hulle opinie al die wysheid en bestuursvaardigheid te besit wat ons mindere mense nie het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2017 @ 08:12:14 am
Anonymous

Ongelooflik!  Die reuse karavaan en die kêrel sleep teen meer as 120k/u!  Ongelukkig nie uniek aan die VSA nie.  Ek het hulle al self op die paaie gesien en daar was selfs lede op hierdie Furum wat baie trots was daarop dat hulle vinnig (en veilig!??) sleep!  Ek kan maar net sê "Kyk en leer", maar ek is bevrees dit sal nie gebeur nie.  Sulke mense is geneig om in hulle opinie al die wysheid en bestuursvaardigheid te besit wat ons mindere mense nie het nie.

Stem met jou van forum lede wat ook skuldig daaraan is.

My vrou en ek het een Sondag van Nkwe afgekom na 'n dag se besoek by hulle en terloops het 'n forum lid wat nou baie lanklaas op die forum was verby my gesleep gekom ongeag om op te merk dat dit ek is.

My ex Golfie wat ek gehad het se speedometer se naald het naderhand hier net, net onder die 150 km/h lesing geraak, maar het toe die bes gegee omrede ek nie kaans gesien het vir 'n boete nie en maar spoed verminder.

Ongelukkig het die lid se voertuig en karavaan net al hoe meer kleiner voor my geraak tot hy naderhand nie meer in sig was nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2017 @ 14:23:28 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

As dit dieselfde video is as wat op facebook rondhardloop is dit nie noodwendig spoed gewees nie, die trok was maar iets soos 63mph of rofweg 100kmh.. die kar het nie juis so vinnig verbygekom nie maar ja, ek stem dis n reuse wa en dis 10 teen 1 dieselfde rukwinde vanaf trok wat ek destyds gehad het met die expo.. net by trok verby en jy swaai.. deesdae  as ek verby gaan is dit redelik ver verby trok.... 

 

Maar ek dink weereens word die arme bestuurder beskuldig vir nalatigheid maar niemand se iets oor n massive trok wat 100kmh en meer gery het voor die voorval nie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2017 @ 16:17:02 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2324
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die voertuig met die karavaan het teen minstens 20k/u verby die trok gery, met ander woorde teen minstens 120k/u.  Dit opsigself is myns insiens roekeloos.  Dan het hy waarskynlik nie die kennis hoe om 'n swaaiende karavaan onder beheer te kry nie. Die Skandenawiërs het nie verniet 'n 80k/u spoedbekerking op gesleepte karavane nie, want 'n karavaan is 'n uiters lomp voertuig.  Alles gaan goed so lank dit goed gaan, maar kom daar 'n probleem, dan is die gort gaar.  'n Meganiese perd met sleepwa is baie meer stabiel as 'n voertuig met karavaan en ek dink ons stem almal saam hy behoort nie meer as 80k/u te ry nie.  Watter logika kan daar dan wees dat 'n lang karavaan, wat net wiele in die middel het, vinniger behoort te ry?  NATUURLIK is die gek van 'n bestuurder verantwoordelik! 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 04:24:55 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years
As ek weer na die opskrif kyk ..... Spoed is "ONKUNDE".
DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 19:57:39 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ja n ou moet wakker wees terwyl jy sleep
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 00:21:49 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13436
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Mens weet nou nie of hy n stabilizer gebruik het nie...maar wonder hoe sou die verskil gelyk het met/sonder?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 07:35:51 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2324
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek dink die ou het begin korrigeer toe die wa begin swaai het en daardeur die situasie vererger het.   Die enigste manier om swaai te keer, is om net eenvoudig die stuur stil te hou, dan hou die swaai op.  As jy probeer korrigeer, vererger jy dit.  Die probleem is dat as die wa swaai, voel dit soortgelyk aan 'n voertuig wat gly op los sand en die instink wat jy opgebou het, noop jou om te korrigeer.  Ongelukkig werk dit nie dieselfde met 'n swaaiende karavaan nie, en jy vererger inderdaad die situasie.  As hy iets soos 'n trapesium gehad het, glo ek dit sou help. As hy een van die wrywingstipes gehad het, so dit geen verskil gemaak het nie.  Hulle gee bloot 'n valse gevoel van veiligheid.  Ek weet daar is baie lede wat met my stelling gaan verskil, maar ek het dit prakties getoets en ek weet waarvan ek praat.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 09:04:32 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het prakties getoets dat my stabiliseerder n massiewe verskil maak op dieselfde pad op dieselfde dag en ek weet waarvan ek praat as ek se hy werk en maak n massiewe verskil..

 

Et die expo en mazda6 destyds dieselfde gehad by n trok verby ek wa begin swaai, hy skuif daai kar letterlik heen en weer oor 3 bane en bande skree agter by karavaan as hy amper 90grade met kar vorm..

 

Waar ek saanstem is dat jy jan ne met stuurwiel korrigeer nie. Al wat in my kop vasgesteek het daai dag was op stuurwiel reguit te hou ongeag wat kar doen... ek het letterlik my wa se dak due laaste shot gesien in my spieel soos hy wou oor rol maar op n manier het kar nog momentum in vorentoe reguit lyn gegad en ho  teruggeruk, ek het tydebs swaai nie probeer versnel of rem nie maar due versneller begin los dat ek wel spied verminder aangesien ek n rol verwag het dat ons eerder op n laer spoed rol sou dit gebeur of ander voertuie tref... gelukkig het net die wa fisiese skade opgedoen daai dag.. ek het my stabiliseerder op gehad en ek glo tog dit het tot n mate die situasie gekeer om nie erger te wees as wat dit was nie.. ek was letterlik in n swaai waar die karavaan seker 10 keer of meer heen en weer geswaai het en die kar voel of hy na elke rigting wou omkeer... en jy sien wa swaai amper 90grade met jou kar en hop op sy bande en swaai met n versnelling weer in ander rigting.. 

 

Na n hele ondersoek kon die swaai aan baie faktore toegeken word maar grootste is daai wind van trok plus die sywaartse wind by kroonstad, dan een band wat blykbaar heeltyd gespring het agv n bubble op band?? 

Selfs solo is ek n rustige bestuurder maar daar is tye wat jy by n trok moet verby.. en jy neem elke keer n kans, ois die kans wat jy maar vat om bloot in n kar te klim, en jy gaan om verby trok te kom.. help ook nie jy gaan 5minute vat om erby te steek nie...

Selfs al gaan trok in geel strepe sal ek maar liewers baie ver regs verby steek.. daai dag soring jou ogies maar oop en is jy dankbaar vir alles wat wel reg geloop het dat jy self sonder beserings of erger skade kon aangaan


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 09:27:47 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2324
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Brommer, Ek dink ons stem saam oor hoe om so 'n situasie te beredder.  Ek weet nie watter tipe stabiliseerder jy gehad het nie, maar as dit van die wrywingstipes was, is ek oortuig dit het niks gehelp nie.  Ek het self 'n Tando saammet my eerste karavaan gekoop maar dit afgehaal en nooit weer gebruik nie na ek begin verstaan het dat dit niks tot die karavaan se stabiliteit kan bydra nie.  Dit is na ek in 'n situasie beland het soos jy beskryf.  Ek het daarna op 'n stil pad gaan oefen tot ek verstaan het hoe om die situasie te hanteer. Al wat die Tando kan doen is om die sleepvoertuig se agterkant effens te lig.  Ek hoop jou en my ondervinding help dalk iemand vorentoe om kop te hou en die stuur stil te hou en so 'n ernstige situasie te bestuur eerder as om nog 'n statistiek te word. 

Ek kan nie die logika van sommige mense verstaan wat glo jy moet uit so 'n situasie versnel nie!  Dit is 'n belaglike idee wat iemand teoreties uitgedink het en niks met die werklikheid te doen het nie.  Wie wil nou eerder rol teen 'n hoë as 'n lae spoed, soos jy tereg opmerk?  Ek glo ook nie die teorie dat jy hard moet rem in so 'n situasie nie.  Jy kry selfs duur apparaat wat jy in die wa kan inbou om dit te bewerkstellig.   As sulke apparaat selektief een wiel op 'n slag kan rem soos voertuie se stabiliteitstelsels doen, kan dit werk, maar die apparaat rem bloot beide karavaanwiele. My Kuga rem glo outomaties as die wa begin swaai. Dis myns insiens sommer twak. Haal net jou voet van die petrol af en hou die stuurwiel stil.  Dit werk onmiddelik.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required