Hallo forum lede
Ons is nuut in die kamp ding en geniet dit baie
Kamp met n 1979 Gypsey 2 en baie lekker
Was die laaste 3-weke by Almega en Monateng
Hoop om lekker saam te gesêls op die forum
Groete
H
Hier is n paar fotos van ons wa
Welkom Heinrich. Mooi wa daai. Vertrou ons gaan nog lekker gesels
Pragtig, pragtig.
Welkom hier op die forum.
Welkom. Mooi opgepaste wa. Hoe is Monateng...die moeite werd?
Henk welkom, die wa lyk nog spoggerig vir sy ouderdom
Welkom Heinrich
Ek hoop jy gaan lekker saam gesels. Geluk met jou karavaan, hy lyk pragtig.
Definitief die moeite werd
Ons het n Luxery staanplek gehad
Die badkamer is netjies maar die stort is in die bad
Die kombuis is heeltemal "overkill" in my opinie
Yskas/Vrieskas, Oond met hob, Skottelgoed wasser, ketel, toaster -
Die restaurant en kaffee by die Lodge is heel billik geprys
Sal ek weer gaan - JA sommer volgende naweek
Welkom op die groep. En die wa is baie mooi. Lekker saam gesels
Welkom op die groep en mooi wa ek kan sien jy gaan nog lekker kamp. Wie weet miskien kamp ons mekaar nog raak.
Hiert maar dis 'n pragtige Old lady waarmee julle kamp. Baie bly jy het by ons aangesluit. 'n Groot welkom. Hoop om lekker saam te kuier hier op die forum.
Welkom. Hou van jou wa. Het jare terug n Gypsey 4 gehad met dieselfde groen lyne.
Welkom en gesels saam jou wa nog baie mooi
Welkom, welkom, wa nog mooi en bly julle hou van die kamp ding maar onthou daar is geen rehabilitasie sentrum vir hierdie verslawing nie - gelukkig ook nie nodig nie ,geniet dit net.
Welkom op die Forum . Nog `n Pragtige wa.....Bring terug goeie herhinneringe want ons(my ouers) het in die vroee 70`s soortgelyke wa gehad . Ons het die witte met die blou streep gehad .
Lekker kamp maters !!
Baie welkom Heinrich. Hoop jy gaan lekker saam met ons gesels.
Definitief die moeite werd
Ons het n Luxery staanplek gehad
Die badkamer is netjies maar die stort is in die bad
Die kombuis is heeltemal "overkill" in my opinie
Yskas/Vrieskas, Oond met hob, Skottelgoed wasser, ketel, toaster -
Die restaurant en kaffee by die Lodge is heel billik geprys
Sal ek weer gaan - JA sommer volgende naweek
Wat is daar alles om te doen by die oord?
Ek bly nou al vir meer as 20jaar in Pretoria en was nog nooit by Monateng gewees nie. Dit is mos net buite PTA naby die Roodeplaat dam.
Sal 'n plan maak om daar uit te kom.
https://www.monateng.co.za/
Ek bly nou al vir meer as 20jaar in Pretoria en was nog nooit by Monateng gewees nie. Dit is mos net buite PTA naby die Roodeplaat dam.
Sal 'n plan maak om daar uit te kom.
Dieselfde hierdie kant. Hierdie is een van die naaste oorde aan my huis, maar was nog nooit daar nie...seker n half uur se ry?
Maak 'n booking Geert. Dan gaan kamp ons.
Ek wil nou eers n draai gaan maak by Basslake....dreig al lankal om soontoe te gaan....selfde rigting. Ek wonder of Monateng lekkerder is in somer of winter?
Het hulle nog hul supertube? Ek sien nie hul tariewe op website nie....weet iemand? Anders epos ek hulle....
Het hulle nog hul supertube? Ek sien nie hul tariewe op website nie....weet iemand? Anders epos ek hulle....
Luxury Stand = R680 vir 6x mense
Die opsigter het well vir ons Saterdag gesê jy kan vra vir p/persoon as jy minder mense is
Ja die SuperTube is nog daar, dus ek vandag nog styf is
R2 p/rit of R50 vir die hele dag

Dankie Heinrich. Ja...my swaer het sy hele oog oopgeslaan op daai supertube....dis hoekom ek weet daars een
Definitief die moeite werd
Ons het n Luxery staanplek gehad
Die badkamer is netjies maar die stort is in die bad
Die kombuis is heeltemal "overkill" in my opinie
Yskas/Vrieskas, Oond met hob, Skottelgoed wasser, ketel, toaster -
Die restaurant en kaffee by die Lodge is heel billik geprys
Sal ek weer gaan - JA sommer volgende naweek
Ek het nou foto's gesien van luukse staanplekke. Sien wat jy bedoel met "overkill" Die fotos lyk of hulle by hul huis staan en braai...ingeboude braaiers en groot buitegeboue. Ek dink ek sal liewer hul gewone staanplekke verkies....luuks is seker lekker vir mense met tente wat nie altyd al die geriewe van kombuis saam het nie. Ek het eers gedink dis chalets.....🤔
Welkom Heinricht, daai is 'n baie mooi wa vir sy jr getal. Ek glo jul gaan die wa geniet. Ek het 'n 1982 model en ja ek het bietjie verander en met yskas wat ek vervang met elektrie en stoof uit gehaal het. Daar was heelwat herstel werk gedoen en ja nou is dit my seun se wa.
Ek het nou oor gegaan en Sprite Sprint gekoop en ek geniet die wa terdee met die gemak wat dit my bied.
Nogmaals welkom op die forum.
Welkom Spicydave!