English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 482
Total Replies: 234 541
Total Views: 82 528 795
topics: 940
replies: 12 917
views: 3 215 297
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Nuwe Opvou Karavaan Trap

replies: 22
views: 494
28 Sep 2019 @ 13:21:33 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1622
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Sien fotos.

Dit is 'n onlangse invoer deur Ironman en by 4x4 Megaworld Kayalami gekoop.

Baie sterk en stewig. Ek vermoed díe kan baie lank hou. Nie van aluminium nie en gladnie swaar nie. Anti gly en glimstroke op vir nagsien.

Dit gaan vele probleme met trappies oplos. Opvoubaar met baie sterk konstruksie.

Drasakkie.

Weet nie prys nie, het dit as geskenk gekry.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 13:29:36 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6428
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Dit lyk baie mooi Proffie en sterk.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 13:37:45 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1622
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dit lyk baie mooi Proffie en sterk.

Willem,

Dit is. Ek is beindruk met die produk se kwaliteit en konstruksie.

Vir 'n keer is hier 'n ordentlike ding in die mark.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 13:38:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Lyk baie netjies

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 14:06:36 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Lyk baie dienlik.  Met 'n klein wysiging kon hulle dit ook hoogteverstelbaar gemaak het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 15:17:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Sien fotos.

Dit is 'n onlangse invoer deur Ironman en by 4x4 Megaworld Kayalami gekoop.

Baie sterk en stewig. Ek vermoed díe kan baie lank hou. Nie van aluminium nie en gladnie swaar nie. Anti gly en glimstroke op vir nagsien.

Dit gaan vele probleme met trappies oplos. Opvoubaar met baie sterk konstruksie.

Drasakkie.

Weet nie prys nie, het dit as geskenk gekry.

 

Vra die ou by wie jy dit gekry het om vir my te sê wat die prys is dan sal ek vir almal sê.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 18:43:02 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1931
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek hou hiervan Proffie. As ek weer by n 4X4 Megaworld kom gaan ek beslis daarvoor kyk. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 20:53:36 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1622
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Vra die ou by wie jy dit gekry het om vir my te sê wat die prys is dan sal ek vir almal sê.

 

 

Jin

Was my skoonseun. Ek gaan hom in die gesig vat as ek prys vra.

So, nee, ek gaan nie vir jou kan sê nie!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 21:00:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Vra die ou by wie jy dit gekry het om vir my te sê wat die prys is dan sal ek vir almal sê.

 

 

Hulle het n online winkel.....kan daar loer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 11:12:33 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 120
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Die trap kos R 550 direk by Iron man 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 11:18:47 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 120
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 17:12:25 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1622
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Die trap kos R 550 direk by Iron man 

 

Ek het 'n gawe skoonseun!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 06:37:15 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek het 'n gawe skoonseun!

Want hy "like" jou dogter....kiss

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 06:43:10 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het 'n gawe skoonseun!

Is dit u kinders wat daai kamp kombuise verkoop? ....of is ek nou deurmekaar met iemand anders?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 07:00:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is 'n baie netjies trappie daai.

Lyk regtig stewig.  Die glim strook en teen gly strook is verseker 'n ekstra plus.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 00:09:20 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1622
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Is dit u kinders wat daai kamp kombuise verkoop? ....of is ek nou deurmekaar met iemand anders?

Geert

Ja, die Bazilbox. Hulle het 'n paar gebou en geskou. Dit het nie verkoop soos verwag nie.

Skoonseun het gou gesien die storie gaan nie werk nie en die produksie gestop, al die masjiene en aluminiumplate verkoop. Sit nog met van die toerusting soos Snappy chef induksiestowe, ketels en potte. Gaan die hele kaboedel op veiling verkoop, soortgelyk aan 'Container wars' program.

Het die hele besigheid gestop einde November 2018, voor hulle te veel verloor. Was effe duur ervaring gewees.

Ander besigheid begin wat nou al 3 'takke' het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 05:58:33 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert

Ja, die Bazilbox. Hulle het 'n paar gebou en geskou. Dit het nie verkoop soos verwag nie.

Skoonseun het gou gesien die storie gaan nie werk nie en die produksie gestop, al die masjiene en aluminiumplate verkoop. Sit nog met van die toerusting soos Snappy chef induksiestowe, ketels en potte. Gaan die hele kaboedel op veiling verkoop, soortgelyk aan 'Container wars' program.

Het die hele besigheid gestop einde November 2018, voor hulle te veel verloor. Was effe duur ervaring gewees.

Ander besigheid begin wat nou al 3 'takke' het.

Ai....darem bly dit gaan goed met hul nuwe besigheid. Ja, mark is soms moeilik voorspelbaar....soms dink mens iets is n treffer, dan is belangstelling heelwat minder as verwag en ander kere weer anders om...dink dis net n ekstra en dan is dit skielik hoog in aanvraag. Ek sê altyd mens gaan nooit weet nie, tot mens dit self probeer het nie. Ek het altyd gedink ek sal n goeie inkomste maak uit n gadget winkel. Jare daaroor gedroom en gedink dit gaan groot sukses wees. Ek het toe paar jaar terug winkel begin, my vrou laat bedank by die werk om winkel te beman. Verkope het nooit werklik vlam gevat nie....meeste van die maande nie oorhoofse kostes gedek nie. Vrye tyd was ook daarmee heen.....moes naweke en Desembers werk, want dis die tye wat die winkel gedra het. Was op die ou einde n groot verligting toe huurkontrak verstryk het.....gevoel of ek uit tronk vrygelaat was! Maar was nooit spyt ons het dit probeer nie.....ek het my droom probeer, maar was nie lewensvatbaar nie en om n winkel te besit is nie so rooskleurige lewe nie. Die enigste besige tyd wat die winkel ervaar het was toe ons n "closing down sale" gehad het....was n malhuis

Ek het n paar jaar terug ook van daai aluminium tafels gemaak wat mens aan die kant van karavaan haak....ook intussen gestop en sit nog steeds met heelwat materiaal...plate, tubing, aussies, connect-it brackets ensovoorts....darem geen duur masjienerie gehad nie.

Hulle moet eintlik daai Snappy chef produkte probeer privaat verkoop op kamp fb blaaie.....hulle behoort beter geld te kry en behoort vinnig te verkoop aangesien dit n baie gesogte produk is. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 13:48:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink die groot ding van eie besigheid is jou eie tyd wat daarmee heen is.  Eers as dit gevestig is met bestuurders en dies meer kan jy effe tyd vir jouself vat.

Maar net effe tyd.  Want 'n bestuurder betuur nie 'n plek soos wat dit sy eie is nie. Daai "commitment" is nie daar nie.

Ek het my eie karavaan trap gemaak uit aluminium sq-tubing en "connect-it" fittings.  Wou als toe maak met checkered plate en gebruik vir 'n plek waar die tent penne toue en hammer gestoor word.

Dubbel doel en altyd byderhand.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 14:48:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nice idee om trap n stoorhouer te maak 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 19:06:16 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek se nog heeltyd die trap moet n toolbox ook wees. Handig om insulation tape, hammer, tang, torch, etc in te sit.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 21:02:08 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dis n heel spiekeriese trap! 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 22:04:20 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1622
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek se nog heeltyd die trap moet n toolbox ook wees. Handig om insulation tape, hammer, tang, torch, etc in te sit.

Hierdie idee maak die meeste sin.

My toolbox is onder my agtersitplek van my sleepvoertuig en die stel moersleutels onder die bak se vloer (lekker wegsteekplek). Moet altyd gaan uithaal en bêre.

As dit deel van die trappie is met basiese gereedskap, is dit heeltyd byderhand.

As my motor gelaai is en iets loop skeef wat gereedskap gebruik vereis, dan moet ek eers die Landy aflaai om by als te kom. Ook met pap wiel.

Gelukkig nog net 1 maal nodig gewees die laaste 10 jaar van Discovery ry.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 11:23:10 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek hou nogal van die trap wat mens onder die deur uitskuif of "inprop" onder die deur. Is altyd basies dieselfde afstand vanaf volgende trap van karavaan.. Maar ja elkeen het sy idee en begeertes


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required