English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 920
topics: 997
replies: 14 123
views: 3 258 752
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Nuwe Karavaan Modelle

replies: 22
views: 719
15 Jan 2019 @ 06:10:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sien dat die "Caravan and Outdoor Life" tydskrif maak bekend dat verskeie nuwe karavaan vervaardigers hier in SA die mark gaan betree sommige so vroeg as Jan 2019.

Dan is daar bestaande vervaardigers wat hulle karavaan reekse gaan uitbrei en sommige het net 'n verbeteringtjie aangebring op bestaande modelle.

Selfs Swift wat deur Loftus ingevoer word gaan ook ander modelle bring. Dan gaan Conquerer met 'n model of twee van nuwe materiale gebruik maak en Sherpa Tiny lyk my is nie meer "Tiny" nie.

Lyk amper soos 'n ontploffing van die karavaan mark in die jaar van 2019. En ons was bekommerd oor die Industrie as gevolg van Jurgens se manewales.

Die Beeld se Vakansie Skou aan die einde van Feb 2019. Behoort interesant te wees met al die verwikkelinge.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 06:19:01 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Klink goed, alhoewel ek klaar is met karavaan koop weens pensioen.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 07:20:26 am
227rev
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 09 Oct 2013
Experience: 20 years

Ja dit is interesant. Ek werk in die vleis industrie op die oomblik wys die syfers vir ons die ekonomie doen regtig swak, in die sin dat Jan-publiek swaar trek en sente regtig twee maal omdraai. Mens is bly vir sulke ondernemings want dis skep werk, ek wonder net hoe gaan hierdie luuks en duur produkte verkoop word as mense 'n basiese behoefte soos vleis nie meer kan bekostig nie.

Revelation 22:7
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 08:08:47 am
Anonymous

Ja dit is interesant. Ek werk in die vleis industrie op die oomblik wys die syfers vir ons die ekonomie doen regtig swak, in die sin dat Jan-publiek swaar trek en sente regtig twee maal omdraai. Mens is bly vir sulke ondernemings want dis skep werk, ek wonder net hoe gaan hierdie luuks en duur produkte verkoop word as mense 'n basiese behoefte soos vleis nie meer kan bekostig nie.

Gewoonlik is dit nie die mense wat op die basiese moet spaar wat nuwe karavane koop nie. Om eerlik te wees selfs redelike nuwerige 2de handse karavane word ook nog deur die top van die land gekoop.. 

Ek sien die ryker ouens spandeer tog nog, maar ja die gewone gemiddelde man in SA kan nie luukse goed bekostig nie. En wanneer wel, teen 'n lening wat hy moet bloei om te betaal....

Maar gelukkig is daar nog manne in die "hoër stoele" wat vir ons die industrie aan die gang hou en mense wat werklik nog kan spandeer. Hulle is min, maar hulle is daar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 08:40:32 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Sommige van die nuwe karavane lyk baie opwindend en gaan waarskynlik Jorgens, wat groot probleme het, nog meer gee.  Dit lyk asof meeste van die karavane deur klein of familie-ondernemings gebou word, wat gewoonlik die voordeel het dat die kwaliteit baie goed is. Soos Stefan hierbo egter sê, geld is maar skaars so ons sal maar moet sien hoe goed hulle op die mark doen.  Interessant dat 'n hele paar op die boonste prysklas gemik is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 08:45:30 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

Ek sien jurgens se pryse is baie gesak. Kry mense jammer wat gekoop het teen die ou prys maar sien gister nuwe exclusive staan nou op vloer vir R417 000 amper R60000 laer as n jaar terug.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 10:10:24 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Volgens Discovery Campworld in Waterfloof, is Jurgens weer aan die gang en hulle bou hulle karavane op die vorige planne en met verbeterde kwaliteit.  Die Putco-busse is blykbaar ongewild en daar was glo kwaliteit probleme. 

Van die nuwe karavane word al breër - of so lyk dit uit die spesifikasies.   Die breedte maak vir probleme met tru-spieëls en daardie allerbelangrike sigbaarheid na agter.

Die een Engelse karavaan het glad nie goed gevaar in Engeland nie en is van die mark af maar nou hier te koop.   Hoop die plaaslike manne het hul huiswerk gedoen.

En die eSwatini (Swaziland) mense is stil

groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 10:25:24 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1487
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

I would NOT like to tow a van in England!

We are very spoilt with most of our roads, even the secondary ones are wider and very often in better condition than the English country roads.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 11:18:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja dit is interesant. Ek werk in die vleis industrie op die oomblik wys die syfers vir ons die ekonomie doen regtig swak, in die sin dat Jan-publiek swaar trek en sente regtig twee maal omdraai. Mens is bly vir sulke ondernemings want dis skep werk, ek wonder net hoe gaan hierdie luuks en duur produkte verkoop word as mense 'n basiese behoefte soos vleis nie meer kan bekostig nie.

Dis waar wat jy sê Stefan.  Om by die nuwe modele se pryse uit te kom moet mens seker maar iets he om te verkoop om darem helfte van die pryse op te maak. 

Of die ekonomie swak is of nie. Ek hoop die nuwe goete is te siene by die skou anders gaan die jaar maar weer 'n saai uitstallings wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 16:28:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015

Ek hoop ook daar is meer karavane as laasjaar. Ek dink laasjaar was die plek baie leeg aangesien Jurgens nie groot uitstalling gehad het nie....ek dink hulle het net hul Gypsey Lite, Teardrop en Penta daar gehad. Ek wil graag sien hoe lyk die Quantum Connect binne...hoop hulle is daar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 07:58:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons sal maar sien. Waar ons dalk gedink het die Jurgens fabriek storie is tot nadeel van die Karavaan industrie kan dit die teen oorgestelde effek he.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 15:30:34 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink ons is lankal verby die punt waar karavane begin n ryk man speletjie word. Die finansiële uitleg op n wa, sy assuransie, onderhoud, kamp en sleep tariewe jaarliks is ver verby die koste om n chalet n paar keer n jaar in n oord te boek. Ek is jammer vir enige maatskappy wat sy rieme styf loop. Maar by gesê ek is regtig nie tevrede met die vakmanskap en "kwaliteit" afwerking op my Jurgens. Ek pas my wa soos n baba op maar heeltyd kom goed los, is skeef en hou my aan die werk. Hopelik sal die oplewing in nuwe karavane die manne verplig om beter kwaliteit waens te bou, beter diens lewering te bied.

Dit is wat sal werk vir enige maatskappy om voor te bly en suksesvol te wees. Hoe se hulle, variety is the spice of life.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2019 @ 21:02:08 pm

Uhm, volgens sekere lede hier is dit hoe goedkoper hoe beter, nie hoe beter kwaliteit nie. Maar dit daar gelaat.

Ekt ook dieselfde Fleetline, moet sê ek was ook nie baie tevrede aan die begin nie. DInge het gepla, ergste van alles was yskas. Die het nou sommer klaar gees gegee en maak nou nie meer koud nie. So hoera ek kan nou ander yskas insit wat werk. Dit was my grootste pyn..

Toe ek my kragstelsel begin insit het, het ek op plekke afgekom waar ek dinge moes vasmaak ens. 

Ek dink ook nie die kwaliteit issues is beperk net tot Jurgens nie, inteendeel ek weet so. Ek werk aan baie karavane, en ek moet nou bieg oor my fleetline voel ek nou amper beter.. Want mens, jy kry nogsteeds probleme op van die beste waens en swak vakmanskap op baie dinge, veral elektries... Eish.... Die dinge wat ek sien deesdae vir R500k - R600k karavane................. Nuwe goed, die grand of the grand en die waaroor almal so bohaai maak.. Pappie, neewat. Maak maar jou goedjies reg en vas, ek is klaar spandeer aan duur waens. Hoe groter en "luukser" hoe meer risiko vir probleme.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 06:33:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink ons is lankal verby die punt waar karavane begin n ryk man speletjie word. Die finansiële uitleg op n wa, sy assuransie, onderhoud, kamp en sleep tariewe jaarliks is ver verby die koste om n chalet n paar keer n jaar in n oord te boek. Ek is jammer vir enige maatskappy wat sy rieme styf loop. Maar by gesê ek is regtig nie tevrede met die vakmanskap en "kwaliteit" afwerking op my Jurgens. Ek pas my wa soos n baba op maar heeltyd kom goed los, is skeef en hou my aan die werk. Hopelik sal die oplewing in nuwe karavane die manne verplig om beter kwaliteit waens te bou, beter diens lewering te bied.

Dit is wat sal werk vir enige maatskappy om voor te bly en suksesvol te wees. Hoe se hulle, variety is the spice of life.

Dit is waar wat jy sê maar op die ou einde het jy darem nog jou wa se koste wat jy terug kry die dag as jy hom nie meer gebruik nie.  Soos jy jou wa oppas behoort jy meer vir hom te kry as jou aanvanklike aankoop prys.

Dan is dit maar net die kom ons noem dit "running costs" wat 'n uitgawe is en hoe meer jy kamp hoe meer is dit die moeite werd. Met chalets en hotelle kry jy op die einde niks terug nie.

Al my karavane was in 'n beter kondisie met verkoop tyd as die dag toe ek hulle gekoop het.  Dit is seker maar te wydte aan die massa produksie in die fabriek en vak manne wat nie regtig vakmanne is nie.

Maar as jy jou hand op hom hou bly dit 'n puik wa en sy waarde vermeerder soos wat die handelaars die nuwe waens se pryse op stoot.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 10:44:13 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Leon. Baie waar wat jy sê. Ek hou ook my karavaan so standaard as wat ek kan. Net n aircon is by gesit. Ek het nou November n offer van R15000 meer gekry as wat ek nuut vir hom betaal het.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2019 @ 10:55:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon. Baie waar wat jy sê. Ek hou ook my karavaan so standaard as wat ek kan. Net n aircon is by gesit. Ek het nou November n offer van R15000 meer gekry as wat ek nuut vir hom betaal het.

Dis mos dan duidelik 'n belegging. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 06:47:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hierdie lyk na n heel netjiese karavaan....sal hom graag van binne wil sien....te koop by Echolink in Boksburg 

https://www.caravanparks.com/212.For-sale-2020-Panther-Onca-Other-Makes-Caravans-Gauteng-Boksburg.htm?&classSecID=92&classCatID=98&itemID=29668#classified_item

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 21:39:15 pm
Anonymous

Ja dit is interesant. Ek werk in die vleis industrie op die oomblik wys die syfers vir ons die ekonomie doen regtig swak, in die sin dat Jan-publiek swaar trek en sente regtig twee maal omdraai. Mens is bly vir sulke ondernemings want dis skep werk, ek wonder net hoe gaan hierdie luuks en duur produkte verkoop word as mense 'n basiese behoefte soos vleis nie meer kan bekostig nie.

Dis nie Jan-publiek wat karavane nuut koop nie, dis die rykes van die land en hulle trek nie swaar soos die algemene publiek nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 16:16:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis n chinese produk....net vir interesantheid

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 16:18:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis n chinese produk....net vir interesantheid

Is maar baie swaar vir sy grootte...1620kg leeg. Het selfs badkamer in

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2020 @ 12:10:57 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis maar 'n lelike ou dingetjie en die gewig!  Ek dink nie so-iets sal hier populêr wees nie.  Sou die Sjinese kampeer?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 20:54:02 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Baie lelike maantuigies in mark op oomblik maar ek dink dis waarheen dit beweeg sulke ronde gogga mobielietjies is tans oorsee baie gewild.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2020 @ 20:41:25 pm
Izak
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 221
Joined: 16 Sep 2014
Experience: 10 years

Ja ek het nou net 'n nuwe een aan geskaf. Dit is een wat ook herbou en verbeter het. Ja dit is net 'n slaaplek en kombuis agter ingebou met wat jy nog by wil he. Daar is drie tiepes waarvan een 'n pad karavaan is en twee wat 4x4 is. Elk een het eie bybehore en kan bygevoeg word na eie kuese.

Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za