Ek het 2 CB radio's te koop - is daar iewers 'n maatjie vir 'n praatjie! Ek wil nie goed apart verkoop nie, so die twee radio's, lugdraad verleng draad, lugdraad (kort die stukkie bo-aan) - als op die foto (sonder my bedsprei en potjie kamferrom) is ingesluit in die prys!
Ek weet die twee radio's werk beslis, maar jy sal moet belê in minstens een (dalk twee) lugdrade. Die een wat ek het is destyds deur inbrekers in my huis gebruik in die kluis oopbreek-proses - kan jy dit glo! Ek vermoed as mens die boonste gedeelte van die draad vervang, hy weer 100% sal wees - hy het 'n magnetiese voetstuk.
MY PRYS IS R450.00 vir die hele keboedel.
so lyk hierdie goed:
Let Wel - Ek lewer nie af nie en ek bly in Centurion
Nico Pietersen
nico dot pietersen at mtnloaded dot co dot za (Als aanmekaar natuurlik)