English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 770
Total Views: 83 246 737
topics: 11 573
replies: 139 201
views: 39 341 661
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Nog nie heeltemal oortuig nie.

replies: 10
views: 5490
06 Sep 2004
Anonymous
Ek lees deur die forums en geniet dit baie. Party ouens laat dit so lekker klink, en hulle weet seker waarvan hulle praat. But on de adder hand Darren, klink dit vir my asof van die ouens meer pyne en probleme het as wat hulle dit geniet. Is karavaan en kamp nie maar vir die ou wat met sy hande kan werk en meganies aangelÍ is nie. Ek as† tegnologies 'advance'de penpusher hou nie van sukkel nie.

Ek sien daar is mense wat hulle 2de handse karavane adverteer as "splinternuut" en "nog net 2 x gebruik" ens ens. Hoe gaan ek weet ek gaan nie my geld mors en vinnig g*tvol raak nie. My vakansie voertuig is 'n 2001 2.6i Microbus. Ons is sover net 3. Wat koop ek? Tweedehands of nuut. Goedkoop en upgrade later? Wat van al die bybehore? (Nog 'n karavaan se prys.)

Partykeer klink dit makliker en veiliger en skoner in 'n chalet en jy hoef nie nog 'n vakansie te neem om van die karavaan een te herstel nie.(Klink na 'n klomp werk) Weet julle hoe lank kan ek in 'n chalet vakansie hou met R100 000 en R 100 per nag, of gaan dit nie oor die geld nie. Hoe sÍ my slim tjom - Jy sal 100 redes kry hoekom jy een moet koop en 100 redes hoekom jy nie een moet koop nie. Dalk het ek maar net 'n bietjie oortuiging nodig.
Groete
Etienne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2004
Anonymous
Dankie Willie, Prof en Elu.

Jis julle ouens maak dit vir my moeilik.Julle bydraes het omtrent die besluit gemaak. Amper

Ek moet van een ding verskil, van almal wat bygedra het. 'n Karavaan is 'n las, of kom ons gebruik die engelse woord 'depresiating asset', en definitief nie 'n belegging nie. 'n Belegging groei in waarde, en 'n karavaan nie. Maw is dit eintlik 'n las.

Nou vra ek die volgende. Hoekom wil jy 100% kapitaal delg teen 'n bate wat se waarde met 10% p.j verminder, en dan nog rente betaal op die kapitaal. So, ek betaal rente en kapitaal af op R100 000 en die produk is net R 80 000.00 werd, en verminder nog met 10% per jaar.

Nou die volgende. Is dit nie beter om 'n karavaan te huur vir jou 6-8 naweke per jaar nie. Ek kan dan kies hoe luuks, hoe groot en al die doodads ens. Dan het ek nie bate wat waarde verloor en aanhou verloor as ek hom nie gebruik nie. Dan het ek altyd die nuutste en mees op datum produk. Breek ma iets liggaamliks, en ons kan nie weggaan nie, bly die paaiement en versekering ens in my sak. Ek hoef niks te onderhou nie en niks reg te maak nie.

12 maande se versekering en lisensie en onderhoud plus die kapitaal wat ek verloor op depresiasie sal maklik 6-8 naweke per jaar dek.

Best of both worlds. (Of dink ek nie logies nie)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2004
Prof
Moon Member
14% Profile Strength
Posts: 821
Joined: 14 Jul 2003
Etienne. Moenie dat iemand jou 'n rat voor die oŽ draai nie. Kampering is 'n duur storie! Hoe nou?

Die meeste mense wat ek ken, geniet dit so ten volle dat hulle nie genoeg daarvan kan kry nie. Hulle kuier dus meermale met hulle tente/woonwaens as diegene wat in 'n chalet vakansie hou. Op die ou-einde kos dit dalk meer in rand en sent, maar die lafenis vir die siel om in die bos uit te kom, of om saam met familie en vriende te kuier is die moeite werd.

Ja, daar is natuurlik duisende mense wat nie van kampering hou nie en nooit anders oortuig sal word nie. Elke langnaweek is oorde vol kampeerders. Die paar wat in 'n chalet bly, sit en wonder nou wat is nou so lekker om in 'n tent of 'n woonwa te kampeer.

Ek is lid van 'n klub en ek en my familie gebruik die klubnaweke sommer as familie-saamtrekke - my pa en vyf van die ses kinders het elkeen 'n woonwa. Ons kuier lekkerder in en om die woonwaens as by mekaar se huise. Kampering bou bande. Ons ontmoet mekaar gewoonlik by 'n Ultra City, eet 'n ontbyt of 'n middagete of so en dan ry ons saam tot by die oord - veiliger. By ons aankoms by die oord help ons mekaar uitpak en tent-opslaan, knak 'n bier of 'n shandy of 'n wyntjie of 'n sprite zero, haal die biltong uit, trek 'n braairooster saam en vergeet van al die suurknolle by die werk.

Twee lede van die klub waaraan ek behoort het onlangs hulle 100ste kampnaweek bygewoon (hulle het in 1991 begin kampeer - ons het uitgewerk dat hulle oor die jare seker tussen R50 000 en R75 000 spandeer het aan kampering (kos, petrol, kampkoste ens. uitgesluit voertuig en woonwa). Hulle meen dit was die moeite werd - hulle voel "ryker" wat hulle was geseŽnd met vriendskappe, ervarings, hartseer (het hulle voertuig gerol na een kamp) en vreugdes.

Ek moet saamstem dat dit moeilik is om op die regte voertuig en woonwa te besluit. Kyk uit vir iemand wat 'n woonwa privaat wil verkoop. So iemand is dalk nie tevrede met die inruil wat 'n handelaar aanbied nie. Dis 'n bonus om 'n woonwa oor te koop by iemand wat 'n klompie ekstras by het - rally tent, multi-room, ens. En ja. 'n Woonwa is nie so 'n swak belegging as ander voertuie nie. Vyf-jaar oue woonwaens word by baie handelaars geprys teen wat hulle nuut gekos het.† † † † † † †
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2004
Anonymous
Hi Etienne
Accomodation is far more affordable and available than a chalet. With a caravan you are mobile and if you don't like a specific camp/site you can always move on. When my son was born we were very reluctant to go camping as it was a pain to cart all the equipment that goes with a new child, so we used to book into chalets. We now go to the same places with our new van and it costs us a third of the price. Chalets are lonely huts and a caravan becomes a place of a social get together. You not only meet new people but occasionally you bump into them on your travels again.
The caravan is an investment and you will find yourself taking more holidays a year than one that costs you an arm and a leg that is soon forgotten. If you service your caravan regularly you will not have the problems that some people have, the same applies to your motor vehicle if it is neglected then you also experience problems.
I would take the advice of the previous correspondent and rent a van.(You will enjoy the experience).Remember it is not how fast you can get to your destination but the memories of the holidays that you enjoyed.
Kind Regards
Rob
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2004
Anonymous
Hi Ettiene,
Ek kan jou verseker as die kamp-gogga jou eers gebyt het, sal jy nie eers dink daar aan om 'n chalet te boek nie. Ek is ook 'n penpusher van beroep (Rekenmeester) en hou ook nie van sukkel nie. Dit vat my en die vrou nie eers 'n uur nie dan is die tent op en die goedjies staan waar vroulief dit wil hÍ, en ek staan al met 'n lekker koue drinkding in die hand. Tweedens sukkel ons kampers nie want sien ons help mekaar waar ons kan, en as ons nou eers plakkers gaan kry wat jou gaan eien met hierdie forum sal daar beslis gehelp word. Vriende help mos mekaar of hoe?

My Swing was ook drie maande oud toe ek hom wou verkoop en die nuwe Penta wou aanskaf, gelukkig het die vrou my onder ander insig gebring. Jy weet mos partykeer kry jy mos maar 'n branderige gevoel waar jy nie moet nie. Ek sien in die Motor Beeld daar is 'n klomp voertuie wat te koop is met lae kilo's, dink nie die ouens is g*tvol gery nie of hoe? Indien jy dit kan bekostig sal ek regtig aanbeveel dat jy nuut koop, dan is jy verseker jy is nie opgesaal met 'n ander persoon se probleme nie, en jou wa is onder waarborg. Ek het my Swing nuut gekoop en ek kamp nou al 'n jaar met haar en die enigste "toebehore" wat ek gekoop het is kampstoele (nou teen 'n special by Game R79.00) Die res soos potte en panne kan jy maar eers die oues in die kombuis vat.

Ek dink die slim manne van die forum gaan vir jou bewys dat om met 'n karavaan te gaan kamp werk jou beslis baie goedkoper uit as om 'n chalet te boek. Onthou net die R100 000 waarvan jy praat is seker maar in die begin vir jou 'n las, maar namate jy die wa afbetaal word dit beslis 'n bate wat jy later kan verkoop en kontant in jou sak gaan druk. Jou chalet vakansies se geld is water onder die brug en jy gaan nie eers R10 van daai geld ooit weer sien nie.

Oe jong jy sal dat die tannies van die kamp jou met 'n besem rondjaag. Ek kan jou belowe dat om met 'n karavaan te kamp wel skoon is, met die nuwe soort grondseil wat jy nou standaard saam met 'n wa kry val al die stofgedeeltes deur die seil en hoef jy nie uurliks uit te vee nie. Ek belowe jou as ek my karavaan met terugkoms van 'n vakansie in die motorhuis stoot, brand ek onmiddelik weer om haar te haak en verder te gaan vakansie hou, jy raak eenvoudig nie moeg daarvoor nie. Vra maar vir Wilie, dis sy "boring job" om dit weekliks te doen.†

As jy 'n natuur mens is en hou daarvan om saam met die natuur wakker te word met 'n koffietjie en beskuit en te sien hoe die sonnetjie sy kop uitsteek kan ek jou aanbeveel om maar daai wa te gaan koop, jy maak nie 'n fout nie

Mooi bly en sterkte met jou besluit.
Chris

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2004
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 614
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years
Mense, ons hoef nie vir arme Etienne aan te val nie, ons is reeds oortuig van ons saak, maar ek glo dis seker vir hom 'n groot finansiŽle besluit, nie eens in ag genome die 'mind shift' van konvensionele chalet verblyf na woonwa toe!!
Ek glo hy het al die opsies en opinies gehoor en nou moet hy self besluit. Dis nie maklik om uit jou eie 'comfort zone' na 'n veel beter 'camper zone' te beweeg nie, maar ek glo dis 'n eenrigting skuif. Ek versoek net dat hy ons inlig van sy besluit en ek glo hy kan ons vertel van sy eerste kamp met hulle nuwe (2e handse) wa??
Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2004
Bryan
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 75
Joined: 01 Jan 2007
Don't know if this has already been addressed but my No.1 factor for camping is COST,COST,COST.
I could never afford to go away as often as we do as a family is we never had the van. Initial cost of a van is not cheap but a good 25th hand van is not that expensive and once bought and paid for(finance)you are looking at one of the most relaxing, enjoyable holidays anyone could wish for.
Okay I will admit I am not to shabby at fixing things but if you buy new and have the money, you can let a dealer do all the maintaince, servicing for you. No need to be a handyman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2004
Piet
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 412
Joined: 01 Jan 2007
Ettiene, dit lyk nie vir my of jy regtig sal aard in 'n karavaan nie.† Ons caravanners is nie vol nonsies mense nie.† As jy belangstel, kom ek maak jou 'n offer, kom Port Elizabeth toe vir 'n vakansie en ek sal jou my karavaan leen vir 'n week (gratis vry en verniet) en ek sal nog vir jou die tent ook opslaan.† As jy dan besluit dit is lekker soos ek weet jy sal, kan jy dit langer gebruik maar dan gaan jy betaal dat jy bars!† (ek verhuur nie gewoonlik my karavaan nie dit is slegs 'n vergunning)† As dit jou nie oortuig nie, gaan bly maar in 'n onpersoonlike chalet iewers tussen die ouens wat nie weet wat lekker is nie.† My nommer is 082 967 4133 Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2004
Tina
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 126
Joined: 17 Apr 2007
Hi Ettiene, tot dusver is al die terugvoer so lyk dit my, van die manne. Ek wil net graag iets van my kant as vrou in die kamp situasie byvoeg sover dit my aanbetref, dit sekerlik die beste manier van vakansiehou is. Sedert ons eerste vakansie in 1994 kon ek nog elke keer na 'n vakasie eerlik erken dat ek heerlik uitgerus het. Iets wat ek nooit voorheen kon se na 'n chalet vakansie. Chalets is werk, karavane is heerlike ontspanning.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2004
NicoBo
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 220
Joined: 04 Jul 2007
Hi
My 10c werd, as jy 'n wa wil koop, maak so. Jy sal miskien probleme ondervind op die pad vorentoe, maar nie noodwendig nie. Ons leer almal uit ons (of ander - danksy die forum) se foute. Maar so het 'n mens maar probleme in charlets en hotelle ook, asook met jou motor sonder om 'n wa te sleep.
Ek kan net sÍ dat ek nie my wa vir enige ander metode van vakansie sal ruil nie.
O ja, ek het my ou Jurgens vir R 12000 gekoop, dit is 'n 1984 en kan dit nou al verkoop vir R 14500. Ek stem die nuwe waens verloor waarde in die begin maar as jy koop om te kamp en nie te spekuleer nie dink ek dit is 'n belegging.
In die eerste jaar na ek my wa gekoop het, het ek al meer as die koopprys gespaar op verblyf.
Groete en lekker kamp as jy die groot besluit gemaak het
Nico
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2004
Anonymous
Hi Etienne

Jy sal baie voor en nadele kry oor kampering. Ek wil dalk net vir jou ons verhaal vertel:

Eerstens, ek was gekant daarteen om 'n karavaan te sleep om baie redes. Van hulle was dat toe ek 'n kind was my ouers altyd die karavaan tot oorlopens toe vol gepak het. Ek het altyd gejaag om by my bestemming te kom ens.

Ons het begin deur te gaan kampeer met 'n dome tent. Die eerste sessie het alles in die voertuig gepas. Ons het op die grond geslaap. Daarna wou vroulief 'n groter tent he, die het ek gekoop asook 'n sleepwa om alles in te pas. Die tent is gebruik vir 'n 10 dae vakansie, maar vroulief het niks gehou dat daar nie 'n ingeboude grondseil was nie. Ons het toe 'n ander tent gekoop vir ons twee en die dome vir die kinders gebruik. Baie lekker vakansies met die tente gehad, maar desember laas jaar was ons so 12 dae weg en dit was net te veel vir die lyf om op die grond te slaap ens. Ma wou toe 'n karavaan koop maar ek se nee ons moet 'n offroad speelwa koop. DIe kos toe in die omgewing van R 50,000. Na lank se wik en weeg koop ons toe 'n karavaan. Tweedehands.

Ons eerste vakansie (April 2004) en met al my bedenkinge is weg. Hier is my ondervinding van die karavaan:

Ons gaan Kruger Park toe en soos gewoonlik wil ek net ry en daar kom, maar oppad in die middel van die nag breek die sleep voertuig (Landrover Discovery) net buite Belfast. Kry 'n insleep diens na Belfast. Hulle kan niks in die nag doen nie. Ons almal is binne in die karavaan en slaap daar tot die oggend. Voordeel dat ek nie verblyf moes soek of in die kar moes slaap nie.

Die voertuig is reggemaak en ons druk deur na Malelane toe. Maak dit maar ons sal net vir een nag staan. Gelukkig is alles in die karavan gepak en alles het 'n plek. Ons kan staan, vuurmaak, eet en slaap sonder om die sleepwa te karring om iets te vind in die bokse of om 'n tent op te slaan. Die kinders wil wel in hulle dome slaap en dit van maar 10 minute en hy staan. Na ete het ons 'n heerlike nagrus gehad en die volgende oggend was on verfris en reg om die vakansie te geniet.

Ons het op Satara en Letaba gestaan en ek moet jou se dit was een van die beste vakansies nog.

Na al die ondervindings het ek myself die volgende voorgeneem.

1. Die vakansie begin die huis as ons vertrek.
2. Ek probeer om nie meer deur die nag te ry nie want die huis gaan mos saam en ons kan by een van die baie oorde op die pad oornag.
3. Vat net wat nodig is. Dit wat nie gebruik word nie bly by die huis.
4. Geniet die vakansie ten volle. Ja dit is duurder om die karavaan af te betaal en al die ander dinge, maar dit is nie waaroor dit gaan vir ons nie. Dit gaan om die gesin se bande te versterk, mekaar weer te leer ken en naby die natuur te wees.
5. Die laaste punt maar ek dit is net so belangrik. Ons vakansie stop nie as die karavaan gepak word vir huistoe nie. As die pad lank is sal ek oorslaap en indien nie geniet dit. Stop langs die pad en vat dit rustig. Jy is nog met vakansie.

Ons sal nog so nou en dan dalk in 'n charlet tuis gaan maar dit sal die minimum wees.

Hoop jy word deel van ons, maar onthou net dit is nie jou besluit alleen nie. Die eerste mense wat gelukkig daar oor moet wees jy en jou ander helfte en daarna ook die kinders. Jy kan nie kamp op iemand af dwing nie.

Groete

Petrus
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za