English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 949
Total Views: 82 374 419
topics: 779
replies: 12 476
views: 4 978 071
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Nissan Juke

replies: 15
views: 304
29 Jul 2019 @ 09:12:11 am
Valor
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 15 Mar 2019
Experience: 9 years

Goeie dag Almal

Wil net weet of ek 1988 Sprite sprint met `n Nissan Juke kan sleep

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 09:39:47 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 195
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 4 years

More.

Ek het my 87 Caravette 5 met my Nissan Livina gesleep. Die Juke (petrol) en Livina het die selfde engin. 80 kw 150nm.

Ek het daardie tyd by Nissan ook gevra of ek karavaan met Livina kon sleep en hulle het aangedui dat ek sal kan. n klein karavaan gebriek sleep maar ek moet nou nie baie lang steil berge aanvat nie. Ek is in Pretoria so het a paar plekke hier met gemak besoek.

Ek het lank met Livina  gesleep, maar het nou vir my n Toyota Rav diesel aangeskaf. Die naweek gaan ek vir die eerste keer met Rav sleep.

Groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 10:41:43 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Dit gaan nie net oor krag nie. Die gewig  van die trek voertuig vs die gewig van die sleepding is  eintlik die bepalende faktor.

Tarra van die trek voertuig moet gelyk of meer wees as die gelaaide gewig van die wa.

Plus nog n paar ander faktore. Omrede julle alreeds slepers is ,  Dan neem ek aan julle bestuurs lisensies is in orde.... EB of beter.

Eers dan kan julle kyk na die trekvoertuig se vermoëns. Hier is die NM-krag  teenoor r.p.m. n belangrike faktor.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 12:39:49 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14046
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk in die deur waar die Gewigte van die voertuig vertoon word.  Daar kry jy die Gross Vehicle Mass (GVM),  Die Gross Combined Mass (GCM) En die gewigte op voor en agter as.

Die grootste getal wat daar vertoon word as dit nie die letters GVM of GCM by het in is die GCM.  Dit is wat die combinasie mag weeg as jy iets sou sleep.  Trek die tweede grootste getal wat dan die GVM van jou voertuig is, met ander woorde dit wat jou voertuig alleen gelaai mag weeg, van die Grootste een (GCM) af.

Dit los jou met die gewig wat jy agter jou Juke kan sleep.

Voorbeeld

Kom ons se die grootste getal is 5400kg dis dan die GCM (Gross Combined Mass)

Kom ons se die 2de grootste getal is 3900kg dis die GVM (Gross Vehicle Mass)

As jy dit van mekaar aftrek kry jy 1500kg.

Die 1500Kg is die maksimum GVM wat jou karavaan mag weeg volgens die vervaardiger se spesifikasies.

 

Moenie skrik as die aftrekking op iets uitkom soos 350kg nie.  Daar is voertuie soos die Eco Sport wat eintlik nie eers 'n Venter Trailertjie kan sleep nie.

As jy die som gemaak het vat dit Nissan toe en bevestig dit.  Wat jy wel moet onthou dis die som wat 'n weegbrug maak sou hulle 'n Juke aftrek om te weeg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 13:07:21 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Dankie Leon vir die gedetaileerde verklaring. Dis wat ek bedoel het met.

"Plus nog ander faktore".......

Is soos dit is. Sleep om by die wet te bly is nogal kompleks. Eers daarna kom die sleep vermoeëns in gedrang. Beste is om by die WET te bly vir jou eie beswil, want om moedswillig verkeerd te doen is sonde. 

 Dieselvoertuie se sleep vermoeens is beter in sekere omstandighede omrede hulle maximum torque (NM) ontwikkel word by laer omwentelinge.

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 15:32:53 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Ek het voorheen ‘n 1988 Sprite Sport besit, sy ongelaaide gewig volgens sy plaatjie was 690kg - gelaai seker nie meer as 900kg nie. Gewig-gewys behoort die gewig nie ‘n probleem vir die Juke te wees nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 17:55:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het voorheen ‘n 1988 Sprite Sport besit, sy ongelaaide gewig volgens sy plaatjie was 690kg - gelaai seker nie meer as 900kg nie. Gewig-gewys behoort die gewig nie ‘n probleem vir die Juke te wees nie.

Stem saam....gewig geen probleem. Hierdie is 1990 modelle se specs, so hy kan nog ligter wees....miskien het jy nie eers EB lisensie nodig nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 21:05:03 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4237
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie Leon vir die gedetaileerde verklaring. Dis wat ek bedoel het met.

"Plus nog ander faktore".......

Is soos dit is. Sleep om by die wet te bly is nogal kompleks. Eers daarna kom die sleep vermoeëns in gedrang. Beste is om by die WET te bly vir jou eie beswil, want om moedswillig verkeerd te doen is sonde. 

 Dieselvoertuie se sleep vermoeens is beter in sekere omstandighede omrede hulle maximum torque (NM) ontwikkel word by laer omwentelinge.

 

En dan laastens kyk ons na wat die vervaardiger aanbeveel. Ek hoop hierdie specs is verkeerd want die 2009 RAV4 mag hiervolgens net 500kg sleep.

Soos Leon reeds genoem het is daar sterk voertuie maar dalk is die montering v d sleepstang nie geskik om werklik te sleep nie. So is daar ook beperkings op sleep met sekere CVT ratkaste.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 21:14:42 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4237
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hier volg gegewens vir die Juke. Hier is die presiese model balangrik. Die 1.6D is 1250kg. Die 1.6 ACENTA+ CVT net 750kg, die 1.6 DIG-T TEKNA 4X4 CVT ook net 750kg, 1.6 DIG-T MIDNIGHT EDITION 850kg, 1.6 ACENTA petrol handrat 850kg.

Hierdie is vir die 2012 en 2013 en het nie inligting vir nuwer modelle nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2019 @ 07:27:21 am
Valor
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 15 Mar 2019
Experience: 9 years

Dankie aan almal se inset, ek dink wat ek gaan doen is om n ouer model Sprite scout aan te skaf. Want as hy gelaai is weeg hy maar net 610kg

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2019 @ 07:39:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie aan almal se inset, ek dink wat ek gaan doen is om n ouer model Sprite scout aan te skaf. Want as hy gelaai is weeg hy maar net 610kg

 

Het jy al iets soos die Skipper oorweeg?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2019 @ 09:52:17 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 195
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 4 years

En dan laastens kyk ons na wat die vervaardiger aanbeveel. Ek hoop hierdie specs is verkeerd want die 2009 RAV4 mag hiervolgens net 500kg sleep.

Soos Leon reeds genoem het is daar sterk voertuie maar dalk is die montering v d sleepstang nie geskik om werklik te sleep nie. So is daar ook beperkings op sleep met sekere CVT ratkaste.

 

Dankie.

Ek het die 2015 model gekoop en sy sleep kapasiteit is 2000kg. Glo hy sal my wa lekker kan sleep.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2019 @ 11:48:03 am
Anonymous

Dankie aan almal se inset, ek dink wat ek gaan doen is om n ouer model Sprite scout aan te skaf. Want as hy gelaai is weeg hy maar net 610kg

 

Ek wil niemand verkeerd bewys nie, maar my opinie is, is dat die Juke die Sprite Sprint met gemak sal sleep.

My vorige karavaan, 'n Caravette 4, 1981 model het die nuwe eienaar hom by my huis kom haal met 'n Juke en sy terugvoering was dat hy hom met gemak sleep.

Ek vermoed dat die gewig tussen die C4 en Sprint dieselfde behoort te wees, indien nie dalk effens ligter nie.

Ek het die Caravette 4 met 'n 1.6i Polo Playa gesleep sonder moeite. My swaer het hom al redelik baie gesleep met 'n Citi Golf ROX, 1.4i.

Hy het so bietjie gesukkel teen steiltes, maar op gelyk pad het hy geen probleem ondervind nie.

Op die einde is dit seker maar elkeen se gevoel waarmee hy gerus voel.

Die besluit is jou besluit, maar my opinie is dat die Juke nie 'n probleem sal ondervind met die Sprint nie.

Sterkte met die besluit.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2019 @ 12:38:05 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4237
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek dink dis nie altyd vir ons om te bepaal met watse gemak iets gesleep kan word as die vervaardiger bv se jy mag net 500kg sleep nie. Wat gebeur as jy in 'n ongeluk is en jy sleep 'n 1200kg wa en hulle ondersoek dit en dit kom aan die lug?

Weet die vervaardiger nie dalk beter dat daar nie sterk monteringspunte is om bv die swaarder gewig te sleep?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2019 @ 12:39:28 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4237
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie.

Ek het die 2015 model gekoop en sy sleep kapasiteit is 2000kg. Glo hy sal my wa lekker kan sleep.

 

 

Jaco jy hy het baie genoem woema om maklik selfs swaarder woonwaens te kan sleep.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2019 @ 16:21:18 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14046
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het iemand nou al gekyk wat is die Juke se GCM en GVM.

Dit sal mos dan vir ons se wat hy kan en mag sleep. Maklik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required