English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 964
Total Replies: 225 196
Total Views: 82 162 233
topics: 10 680
replies: 122 191
views: 38 754 732
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Neus blaas in storte

replies: 63
views: 1016
page 1 of 2
13 Jul 2019 @ 11:36:15 am
Oom Volvo
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 24 Oct 2018
Experience: 3 years

Hi alle medekampers.

Ek is pensionaris van Weskus en toer so van Pensionaris spesiale tariewe karavaan parke tot volgende een. Ons nou al amper 3 jaar op die pad saam vroulief en ons ontmoet die wonderlikste mense en maak baie vriende amper op n daaglikse basis.

Een ding wat ons nie kan verstaan of begryp nie is mans wat hulle neuse blaas in stort terwyl hy stort. Dit is vir ons net nie aanvaarbaar of gesond of higienis aanvaarbaar nie.

Hoekom doen mans dit. Ek dink dit afgryslik vieslik en ongemanierd.

Ek het dit nou al agtergekom by ATKV se perseel drie jaar terug,daarna was ons in Vaalwater se rigting,Gariepdam,Warmbad by Marula Oasis,in die Karoo gekamp en oral gebeur dit.

Sies,hoekom. Help asb as iemand aan ons kan verduidelik hoekom mans dit doen.

Help asb

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 11:56:50 am
Oupa Giep
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 127
Joined: 17 Aug 2012
Experience: 12 years

Stem saam blaas nues in die toilet.

WEES POSITIEF EN DINGE SAL GEBEUR
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 12:37:38 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het al baie gesien n man druk sy een neus gaat toe met sy duim  en blaas die ander gaat skoon wat lyk soos n stof storm voor sy voete. Mense en hul streke ,,,,,,,,😱

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 15:46:54 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 3968
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

SIS  disgusting yell

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 16:07:25 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 837
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

As ek hoor iemand doen dit se ek hardop “ SIES!”

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 17:03:26 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek reken hy wil seker sy neus ook maar skoon was terwyl hy nou besig is? Als spoel dan sekerlik mooi af?

Ek kan jou een ding sê, die stoom maak jou sinusse mooi los.......

Interessante gesprek:

As ons hondjie of van die kinders bietjie sinus probleme het, dan tap ek vuurwarm bad en gooi selfs kookwater in vanaf ketel, laat die badkamer goed stoom en dan klim ek of my vrou in die bad en lê so bietjie in die hitte en dan sit die kids langs ons. Het baie met my 1ste dogtertjie so gemaak toe sy klein was veral in winter..

Kyk sy is gelukkig want sy is by pa of ma, pa en ma is gelukkig hul kan rustig in bad bietjie lê, maar daai neus, kyk hy kom los en al daai nonsens kom dan lekker uit!

AS jy dan die stofsuier vat, dan maak jy daai kind se neus HEEL SKOON en hul kan gemaklik asem haal....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 17:40:56 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1249
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Brommer. ek dink dis seker dan 'n wet & dry stofsuier? LMGA!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 18:33:57 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13378
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is regtig nie 'n goeie gewoonte om jou neus in die stort skoon te maak nie.  Ek het mans dit by 'n wasbak al gesien doen net na hy klaar gesig gewas of geskeer het.

Hulle dink glad nie aan die ou wat die stort of wasbak na die tyd moet gebruik nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 18:35:03 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13378
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis mos waarom papier sakdoeke en toilet papier daar is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 19:28:42 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Swak gewoonte blaas maar die neus na die tyd en as jy nie bang is om self daarin te trap nie dink asb aan die volgende ou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 19:48:55 pm
Anonymous

Een klein dingetjie wat ek nie kan verstaan nie?,???

Baie van bogenoemde terugvoering, was ook weermag offisiere.

Hoekom het julle dit dan op ons afgedwing toe ons rowers was???

Nee wat, die ou wat nie sy neus skoon maak terwyl hy stort nie, was nie in die weermag nie: PUNT.

Dit is al voorheen bespreek hier en daarom neem ek toilet papier saam as ek gaan stort om die "ge-moan en groan" te voorkom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 20:22:13 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2673
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Stem met DK, opleiding leer mens om van die krusties ontslae te raak. Die goed verootsaak dat jy die vel van jou neusgate beskadig, indien jy probeer om dit uit te grou. Met warm water spoel dit net uit.

Veral in droee klimaate, is daar aanpaksels in die neus wat hard raak, en kom nie maklik uit nie. Warm Water raak maaklik daarvan ontslae.

Die Mukus sit nie vas ,op enige iets nie, want dit spoel doodeenvoudig uit met die stort water. Dit word nie op die stort mure afgevee nie. Dit word met die water uitgespoel.

Indien dit pla, stort met oorpluisies in, want die gewoonte gaan jy nie uit mense kry, wat dit doen nie. Hulle is so geleer en dit werk.

In teendeel, probeer dit self en sien hoe maklik dit werk. Moet net nie jou hande rond swaai om daarvan ontslae te raak, of op die badkamer mure affee nie. Dit spoel maklik uit sonder om op enige plek vas te sit.

Dis skoner as om 'n toilet te gebruik, wat ander voor jou gebruik het...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 21:18:42 pm

Baie dankie vir jou ondersteuning, Edge.

Dit is soms moeilik om vir ander te verduidelik.

Tenminste maak ek skoon agter my gat.

Ek los nie ń stortvloer nat nie en ek sorg nadat ek tande geborsel het en geskeer het, dit wasbakkie is skoner as wat ek hom gekry het.

Verwys na die toilet: Ek het al menigmale ander se K@k skoongemaak voordat ek die toilet wou gebruik.

Gelukkig het ek ń "One Way Valve" en kan nie ń "katgooi" nielaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 05:13:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13058
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

SIS  disgusting yell

Dis mos waarom papier sakdoeke en toilet papier daar is.

👍

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 10:16:35 am
Oom Volvo
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 24 Oct 2018
Experience: 3 years

Dankie vir almal se input op hierdie onderwerp.

Ek was ook in Weermag,Betlehem basies in 1978,Caprivi,Angola  met Ops Askari en ons het nooit ooit neus in storte geblaas nie. Jy is ook mos nie meer in Army nie,mooi groot geword en kan mos ook al weet dit is nie higienies aanvaarbaar nie. 

Ander mense wil ook die storte gebruik,doen dit maar by jou huis maar nie waat ander mense ook die storte gebruik nie. Die "grout" tussen teels is mos "poriees" en jy kan nie waarborg dat alle kieme wel afgespoel is nie.

Nee wat,los dit asb

Sies,onaanvaarbaar.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 10:48:02 am
Bommies
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 25 Feb 2019
Experience: 38 years

Nee wat, jy moet my maar verskoon, ek blaas al daai sinusse skoon, dan spoel dit met skoon seep water weg, dit is skoner as daai krip wat jy gebruik en dit spat so terug op jou lyf, of daai toilet waar mense hul vrot uitwerpels net so los.

As dinge so erg is, dan moet mens mos "gum boots" en 'n "space suit" dra as jy uit jou bed klim wat vrot gepoep is.😂

Elkeen doen maar soos hy goed dink.👍 

Net so bietjie stir

Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 10:56:24 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1024
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Sjoe, wat 'n kamp-onderwerp .....

Maar nee DK, Edge, ek WAS wel in die weermag (Leer Gimnasium 1965) en ons het NOOIT maar ooit sulke dinge geleer en gedoen nie. Bygesê, ons was ook nie "sissies" nie - ons "D" Kompanjie het meer tyd in die veld deurgebring as menige ander, en was ook 2e fikste in die Weermag daardie tyd - Bloemfontein Valskerm Battaljon het ons kisgedraf ....

Dus, ek stem saam dat dit 'n uiterste slegte gewoonte is om jou neus op so 'n manier skoon te maak - sakdoeke, snesies, toiletpapier, gebruik wat jy wil, maar in die stort ... nee man, SIES!

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 12:32:12 pm
Anonymous

Ek was in verskeie basisse in Phalaborwa, so ek reken die opleiding en afdwingery van basisse het wyd verskil.

@Oom Volvo, ek was in Kavango, entjie van 32 bataljon af en was ook betrokke in ops'se, naamlik die grootste - Ops Protea.

Mense kla so oor neus skoonmaak in storte.

Ek wens net sommige ouers wat hulle tieners toestemming gee om te rook, wil hulle die dissipline leer om nie ń "gop": spoeg voor jou te gooi na elke sigaret trek nie.

Ek het al baie gevalle gekry dat die laaities dit reg voor jou karavaan doen.

Duidelik is ek by ń verkeerde forum.

Te veel preutse kampeerders.

Gaan ondersoek eers jou eie verkeerde doene en late, dan veroordeel jy ander.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 13:10:16 pm
Anonymous

My afleiding altyd was en is nogsteeds.

Die persoon wat sy neus blaas en skoonmaak agter ń toe toilet deur, grou eers diamante dan blaas hy.

Dit is baie meer on-higehenies omrede daar diamante dalk vassteek onder ń nael of 2.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 13:35:49 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Daai laaitie moet voor my tent so spoeg, ek sal hom wys... ;-) hehe..

Ek dink nie die storte is elkgeval so skoon nie, ek dink daars erger dinge as bietjie snot uitwas in die stort.............

Maar dit daar gelaat, soos ek gesê het die stoom maak als mooi los en dan is die geleentheid seker nou maar daar terwyl jy besig is om al jou ander vuilighede ook maar af te was.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 18:31:08 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek wil nie my mening oor hierdie onderwerp lewer nie omdat dit omstrede sal bly om verstaanbare redes. Ek wonder maar net so in my stilligheid wat van die manne en maninne wat ook maar die ou piepie daar op die stortvloer los. En die wat in die stort inklim nog met daardie "taai" tussen die tone net nadat hulle kamp opgeslaan het. Ek is stout ne.

Net in ligter luim.........wie onthou nog hoe daar vertel was hoe meesterlik ou Pres Paul Kruger n pruimpie kon "spoeg" tot in daardie spoegbakkie wat in die hoek gestaan het. Ja die oumense het glo so n bakkie gehad.

En dan........hoeveel rioolvuil loop nie daagliks daar in die Vaalrivier af nie. Waar beland dit uiteindelik? Kan daardie water wat daarna gedrink word so gesuiwer word dat daardie rioolvuil totaal verwyder is? Vergelyk dit maar met neusblaas in n lopende stort. Ek keur dit hoegenaamd nie goed nie,ek wonder maar net of dit so n aard sonde is as ons dit met die ander gewoontes en vergrype vergelyk. 

Please dont shoot the messenger. Ek gooi maar net die kat in die duiwehok om reaksie uit te lok.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 18:42:39 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Manne is ek nou vandag deur n baie moelike dag. Mammie is vanoggend hier weg dorp toe en kom kort voor son onder terug met volgens haar n verrassing vir my. Toe ek die geel back pack oopmaak is dit volgens haar die nuutste toevoeging tot my stort sakkie wat daarin was. n Bottel domestos n micro fibre lappie en skrop borsel. Toe ek dieper krap kom ek af op n paar lemmietjie groen Lizard plakkies. Die plakkies is duidelik gemerk Stort op die Linker een en Plakkies op die regter een en die back pack  is weer gemerk Onder Opdrag . So asseblief tog as julle op n kamp plek rond om stort tyd iemand met lemmetjie groen gemerkte Stort Plakkies en n geel gemerkte Back Pack gewaar groet asb vriendelik maar moet geen kommetaar lewer nie.😂😂

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 18:52:31 pm
Anonymous

Klink na ń baie handige sakkie.

Is daar dalk ń kondoom in wat jy oor jou neus kan trek om dit skoon te blaas in die storttongue-out???

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 18:53:13 pm
Adele1
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 98
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

My man het jare gelede 'n voet vrat gekry agv storte wat nie higinies is nie.  Trek aan jou plakkies en gebruik jou back pack.  Slim  vroutjie.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 18:59:34 pm
Adele1
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 98
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

My man het jare gelede 'n voet vrat gekry agv storte wat nie higinies is nie.  Trek aan jou plakkies en gebruik jou back pack.  Slim  vroutjie.  

Leerskool betaal nooit  ooit weer sonder plakkies gaan stort nie want dit het baie lank gevat om van daardie voet vrat ontslae te raak

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 19:32:57 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13378
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Een klein dingetjie wat ek nie kan verstaan nie?,???

Baie van bogenoemde terugvoering, was ook weermag offisiere.

Hoekom het julle dit dan op ons afgedwing toe ons rowers was???

Nee wat, die ou wat nie sy neus skoon maak terwyl hy stort nie, was nie in die weermag nie: PUNT.

Dit is al voorheen bespreek hier en daarom neem ek toilet papier saam as ek gaan stort om die "ge-moan en groan" te voorkom.

Dennis ek was 'n instrukteur in die weermag vir 25 jaar.  Van jong korporaal tot tot AO1.  Ek weet nie van enige instruksie of handleiding tydens basies  (Want dis waar so iets geleer sou word) wat bestaan dat jy jou neus in die stort moet uitblaas nie.

As ek een van my korporaals gevang het dat hy dit vir iemand leer het hy daai peloton se stort vloere vir 'n week geskrop.  Nadat hulle hul neuse daar uitgeblaas het.

So jammer ek verskil van jou hier.  Enigste plek as ek nou reg onthou waar neusblaas aangspreek word is in die handboek "Die Offisier as Heer" en dan handel dit nie oor die neus blaas nie maar die gebruik van 'n sak doek.

Ek kan dalk verkeerd wees met die handboek se naam.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 20:22:36 pm

Gelukkig, Ongelukkig was ek ook in rang posisie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 20:55:19 pm
Oom Volvo
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 24 Oct 2018
Experience: 3 years

Dankie Jupiter.

Ek dink dit is maar n escape om weermag die skuld te gee vir swak maniere.

Jammer ek is kras,maar eerlik. So n gedragspatroon in n stort kan net nie aanvaar of goedgekeur word nie.

Ek kla nie maklik nie en is n cool happy go lucky tipe persoon,maar dit is vir my n groot probleem en ook al in die karavaankamp lewe wat my skok.

Ons kamp huidiglik in Hartenbos en hierna oppad Knysna area toe vir 3 maande en daarna in rigting van Gansbaai. Ons afgetree en kamp deur onse mooi land en glad nie haastig terug oppad huistoe nie

Hoop julle almal kamp lekker,slaap veilig en God bless.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 21:44:49 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1409
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ben (Oom Volvo)

Ek stem saam met jou. Die meeste van ons wat nou op pensioen is was in die weermag. As díe 'common' swak manier in die weermag geleer was, sou die meerderheid dit mos doen. En dit is nie die meerderheidsgebruik nie.

Daar stem ek ook met Leon, nêrens in opleidinmateriaal was daar van neus skoonmaak op díe manier nie.

Ek is van opinie dat dit uiters swak maniere is. Gebruik toiletpapier of sneespapier om jou neus te blaas en spoel dit weg in die toilet. Dan pla dit niemand nie.

Om sulke onaanvaarbare gedrag te regverdig deur watter argumente ookal, dui vir my op afwesigheid van kennis oor goeie maniere, wat eintlik op 'common sense' gebaseer is.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 22:10:01 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Net n onsensitiewe ongemanierde onopgevoede driedradige viervoetige slapsnarige breinlose snert blaas sy snot uit in n publieke stort. Siesa!

You'll never never know if you never never go
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 22:51:57 pm
Willie PTA
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 25 Jun 2019
Experience: 13 years

Nou wat van aan tafel of in die sitkamer waar ander mense teenwoordig is.

Dalk ook om 'n vuurtjie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 07:42:20 am
Anonymous

Baie dankie.

Duidelik is die boodskappe ontvang en geen verdere kommentaar meer nie.

Ek hou by my standpunt en sal daarby bly, of jy daarvan hou of nie.

@Dansan, ''put your money where you mouth is or have an apple a day''.

(Ek beskou jou uitlating redelik beledigend)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 08:17:45 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek stem ook gladnie saam met die hele uitblaas storie nie. Ek hoop net die  "culprits"  maak  die stort daarna mooi skoon. 

Ek was dit ook nie in die weermag geleer nie en het ook nie dit vir my troepe nie. Ek het wel net my gewone diesnplig gedoen en daarna die nodige kampe soos bepaal. Nie soos Leon wat 25 jaar staandemag was nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 08:45:01 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7350
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie vir almal se input op hierdie onderwerp.

Ek was ook in Weermag,Betlehem basies in 1978,Caprivi,Angola  met Ops Askari en ons het nooit ooit neus in storte geblaas nie. Jy is ook mos nie meer in Army nie,mooi groot geword en kan mos ook al weet dit is nie higienies aanvaarbaar nie. 

Ander mense wil ook die storte gebruik,doen dit maar by jou huis maar nie waat ander mense ook die storte gebruik nie. Die "grout" tussen teels is mos "poriees" en jy kan nie waarborg dat alle kieme wel afgespoel is nie.

Nee wat,los dit asb

Sies,onaanvaarbaar.

Moet nie die Army die skuld gee vir jou swak gedrag  30 of 40  later nie. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 09:17:06 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

@chuck Norris, ek stem.

ek kan nie onthou dat die SAW dit vir ons geleer het nie. maar hoe dit ookal sy, dis swak maniere en plain common. gebruik jou sakdoek nadat jy gestort het.

@oom volvo, jy is 100% reg. dis vir my ook walglik.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 09:25:36 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek wil nie my mening oor hierdie onderwerp lewer nie omdat dit omstrede sal bly om verstaanbare redes. Ek wonder maar net so in my stilligheid wat van die manne en maninne wat ook maar die ou piepie daar op die stortvloer los. En die wat in die stort inklim nog met daardie "taai" tussen die tone net nadat hulle kamp opgeslaan het. Ek is stout ne.

Net in ligter luim.........wie onthou nog hoe daar vertel was hoe meesterlik ou Pres Paul Kruger n pruimpie kon "spoeg" tot in daardie spoegbakkie wat in die hoek gestaan het. Ja die oumense het glo so n bakkie gehad.

En dan........hoeveel rioolvuil loop nie daagliks daar in die Vaalrivier af nie. Waar beland dit uiteindelik? Kan daardie water wat daarna gedrink word so gesuiwer word dat daardie rioolvuil totaal verwyder is? Vergelyk dit maar met neusblaas in n lopende stort. Ek keur dit hoegenaamd nie goed nie,ek wonder maar net of dit so n aard sonde is as ons dit met die ander gewoontes en vergrype vergelyk. 

Please dont shoot the messenger. Ek gooi maar net die kat in die duiwehok om reaksie uit te lok.

Was basies wat ek bedoel het...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 10:18:49 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1249
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Duidelik dat hier twee skole is, ene wat glo dis aanvaarbaar om neus uit te blaas in die stort, en die ander groep wat dit walglik vind....ek weet waar ek hoort, en terloops nee die SAW waar ek was (Leër Gim/1 Sein Heidelberg) het nie vir hulle troepe geleer dis OK om jou neus in die storte uit te blaas nie.... Wat my aanbetref doen wat jy wil in jou eie stort maar om hemels naam as jy die kamp ablusie se stort gebruik dink asb ook aan ander.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 10:32:47 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 656
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Van die detail hier maak my money-mouth

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 10:36:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13058
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Was by 10Lugafweer in Youngsfield gewees....ook nie hierdie vieslike gewoontes daar geleer nie. 

Op die ou einde kom dit af op respek vir jou mede kampeerder. Ek dink buitendien nie die ou wat sy neus leegmaak in die stort gaan sorg dat alles mooi weggespoel het en stort skoon is vir die ou na hom nie. Hy het immers met sy neusblaas aksie reeds gewys hy worry nie oor sy mede kampeerder nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 11:27:50 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek wil nie my mening oor hierdie onderwerp lewer nie omdat dit omstrede sal bly om verstaanbare redes. Ek wonder maar net so in my stilligheid wat van die manne en maninne wat ook maar die ou piepie daar op die stortvloer los. En die wat in die stort inklim nog met daardie "taai" tussen die tone net nadat hulle kamp opgeslaan het. Ek is stout ne.

Net in ligter luim.........wie onthou nog hoe daar vertel was hoe meesterlik ou Pres Paul Kruger n pruimpie kon "spoeg" tot in daardie spoegbakkie wat in die hoek gestaan het. Ja die oumense het glo so n bakkie gehad.

En dan........hoeveel rioolvuil loop nie daagliks daar in die Vaalrivier af nie. Waar beland dit uiteindelik? Kan daardie water wat daarna gedrink word so gesuiwer word dat daardie rioolvuil totaal verwyder is? Vergelyk dit maar met neusblaas in n lopende stort. Ek keur dit hoegenaamd nie goed nie,ek wonder maar net of dit so n aard sonde is as ons dit met die ander gewoontes en vergrype vergelyk. 

Please dont shoot the messenger. Ek gooi maar net die kat in die duiwehok om reaksie uit te lok.

Mooi Piet.

Soms moet ons die waarheid in die oë staar en nie in die teorie verval nie. 

Ek glo nie n ou sal sy neus in die stort uitspoel en dit nie wegspoel nie.   Die uitsondering ja. 

Kampers loop kaalvoet, trap daar waar n vorige ou sy neus op die grond geblaas het, gespoeg het, die alewige saamkamp brakkie gepie het. Alles onhiegienies. En is dit nou aanvaarbaar. 

Kom kom manne. Ek beskou hierdie draad slegs as n baie lekker gesels.  LOL.   Ons gaan nie stry oor dit en kwaad vir niks nie. Spoel die stort skoon,  hy moet mos eers n rukkie loop totdat die water die regte temperatuur is aleer jy inklim. 

Mens was jou gesig onder die roos van die stort en die ... moontlike... snotties is lankal by die drein af. 

Liefde groete.😂😎

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 13:55:48 pm
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Was by 10Lugafweer in Youngsfield gewees....ook nie hierdie vieslike gewoontes daar geleer nie. 

Op die ou einde kom dit af op respek vir jou mede kampeerder. Ek dink buitendien nie die ou wat sy neus leegmaak in die stort gaan sorg dat alles mooi weggespoel het en stort skoon is vir die ou na hom nie. Hy het immers met sy neusblaas aksie reeds gewys hy worry nie oor sy mede kampeerder nie. 

Ek wil nie die artikel "hijack". Geert watter jaar was jy in Youngsfield.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 14:37:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13058
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek wil nie die artikel "hijack". Geert watter jaar was jy in Youngsfield.

1989=1990. Lugafweer het daarna geskuif....dink Kimberley toe?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 17:45:38 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Dennis ek dink nie in my diensplig jare was dit enigsins nodig dat daar n geskrewe reel was om jou neus in die stort te blaas nie want die korporaal het ons so gejaag dat jou neus vanself in die stort geloop het soos al die "brains" losgekom het . Dit was dalk die rede hoekom hulle daardie blou vloeistof in die storte gehad het. Terloops daardie blou goed werk nou eers 100%. Die ou goed was baie beter as vandag se gemors. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 06:30:39 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

1989=1990. Lugafweer het daarna geskuif....dink Kimberley toe?

Dankie, so hele paar jaar na my.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 13:51:50 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2924
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Kyk ek het nie al die posts gelees nie.

Neus blaas is soos n poep!

Jy kan doen wat jy wil maar jy kan dit nie keer nie.

Ek blaas nie my neus by die huis in die stort nie ook nie by kampterrein nie, want .......

Die drukking bo veroorsaak n geweldige drukking onder.

Almal weet...waar daar n drukking is.......gaan iets poep!!!😂😂😂😂

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 13:53:45 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2924
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Het ek gese poep?????

Sorry Admin, ek het bedoel POP!!!🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 21:09:07 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dit bly SIES! Beledigend of nie. As jy jou neus se snos uit kan blaas in n stort waar n ander mens na jou moet staan is dit dieselfde as om daar te staan en pee. Sal enige mens daarvan hou? Nee wat. 

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 21:09:11 pm

17 Jul 2019 @ 09:40:14 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Hierdie gesprek oor army gewoontes het my lank terug laat dink.   Ek was as sein off ingedeel by SAI.  As jy vir dae lank saam met tenk en pantser geintregreed gewerk het sonder om te bad het die manne tou staan langs die ratel om hulle verstopte neuse skoon te spoel.  As ons maar net toegang tot 'n 100Bar wap gehad het was dinge baie makliker.  Jy het jou neus soos 'n oopgesnyde lemoen oopgevou sodat die water al die sand kan uitspoel.   In jou mond was daar genoeg sand wat 'n Bothaville plaasboer sou bly maak.

Dansan---Jy gaan op jou rug val oor die hoeveelheid mans en  vroue wat in storte pee.  Almal is net te skaam om dit te erken want niemand sien of hoor dit nie.   Dis amper soos vrouens wat nie poep nie. Die reuk is daar sonder die klank.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
17 Jul 2019 @ 21:48:36 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Zack jy sal maak dat ons lag. Jou bogger. Ek moet bieg dat ek ook nie juis onskuldig is oor die pee-ding nie. Ha ha.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2019 @ 22:50:44 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Mens kan nie die army se reels en optredes vergelyk met die sivi lewe buite. Buite tree ons so beskaaf en bedagsaam as moontlik op.

Army tyd in die bos het jy n lekker mikstok gesoek en dit was jou toilet. Baie keer was papier nie daar en jy moes n ander plan maak. So ook as jy jou neus blaas.

Daar was tye wat jy drink water in n ovambo watergat geskep het vir koffie en jou tande borsel terwyl die ovambos entjie van jou hulself reinig in dieselfde water.

So wat ook al jou ma en jou gillende oom in die weermag jou probeer leer het werk altyd nie so lekker. Ek sien vandag nog manne wat vergeet jy mag nie eet en bid met n hoed op jou kop. 

As jy n 2 weke lank in ops gebied is met dieselfde klere, bloed wat jou browns aan jou bene vas plak soos die perd jou skuur, honger en dors worry jy nie oor die tipe goed. Jy wil net basis toe, nog beter huus toe. So as n iemand die reels so bietjie buig kan dit dalk nog ontrekking simptome wees. ,,,,,🙄

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2